Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Dagga gebruik wetgewing verander binnekort in Suid-Afrika

Persoonlike dagga gebruik is so paar ure gelede die onderwerp van beslissing gewees in die Wes-Kaap se hooggeregshof. Die beslissing het bepaal dat volwassenes dagga kan besit, groei en gebruik in die privaatheid van hul huis of eiendom.

Dagga Legalized in South Africa

Is dagga wettig in Suid-Afrika?

Dit is die bittersoetse dag wat Suid-Afrika gehad het in, miskien ooit. Jacob Zuma is besig om die Rand te laat lyk soos Jacob se eie IK, en tog vier miljoene mense vandag saam die positiewe stap wat Suid-Afrika geneem het teenoor dagga.

Die grootste oorwinning hier is natuurlik dat mense wat die plant gebruik, besit of groei nie meer toegesluit sal word daarvoor nie. Net daar, raak ons ontslae van een van die afskuwelikste dinge wat die mensdom al aan hulself gedoen het. Om iemand in die trok te gooi vir iets soos dagga, dit is wat eintlik krimineel moet wees.

Dan is daar ook die mediese voordele. Veral omdat enige persoon met ‘n tuin nou die mediese voordele van dagga sal kan benut, eerder as net die van ons wat mediesefonds kan bekostig. En natuurlik is daar ook die feit dat hierdie ‘n groot stap kan wees in die rigting van die ekonomiese humpstoot wat Suid-Afrika nou meer nodig het as ooit van te vore. Dit nou alles vir ‘n plant wat letterlik groei soos bossies.

Die hof het bepaal dat wetgewing raakend die persoonlike gebruik van dagga hersien en verander moet word oor 24 maande. Dus mag jy nou nie net dagga by jou huis hê nie, jy mag ook maak daarmee wat jy wil. Eet, drink, rook, vape, in kussingslope in maak, solank jy dit by jou huis doen.

Moet steeds nie daarmee betrap word in die publiek nie

As jy afgetrek word en jy het dagga in jou kar gaan jy steeds besig wees om die wet te oortree. Die belangrike ding om te onthou hier, is dat die wetgewing nog verander moet word. Alhoewel jy dit nou by jou huis kan gebruik en hê, mag jy dit nie in die parkie oorkant die straat gaan rook nie, jou gemors.

As jy meer wil lees oor die implikasies, gaan loer gerus op Fields of Green for All se website waar hulle dit beter verduidelik as wat ek ooit sal kan.

Gebruik verantwoordelik. Welkom in die grootmenswêreld Suid-Afrika.

Nou is die tyd om jou eie Tokin’ White Guy T-hemp, net beskikbaar by die gevaaalik Merch shop.

 

You may also like...

2 Responses

  1. April 3, 2017

    […] Vrydag het dinge in SA verander vir dagga-gebruikers. Onthou net jy kan steeds gearresteer word vir dagga (selfs in jou eie huis) en dan gaan jy moontlik ‘n tydjie in die tjoekie moet spandeer voor jou saak hopelik uitgegooi word gebasseer op Vrydag se beslissing. Selfs net ‘n uur in die tjoekie is te veel, soos wees maar versigtig et jou dagga. […]

  2. July 11, 2017

    […] Dagga-olie is nie wettig in Suid-Afrika nie. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *