Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Vanfokingtasties – Acoustic

As ‘n groot liefhebber van rock en ook plaaslike musiek, het ek besluit om myself te bederf met die nuwe Vanfokingtasties CD. Vanfokingtasties kan jy beskryf as ‘n supergroep of liewer ‘n super brand. Die brand vind sy oorsprong deur die samestelling van vier plaaslike groepe naamlik aKing, Van Coke Kartel, Die Heuwels Fantasties en Fokofpolisiekar se name. Thanks Captain Obvious! As jy reeds bekend is met die hele geskiedenis agter Supra Familias se nuwe projek, is ek baie jammer dat ek jou tyd so gemors het. Kom ek vertel julle eerder wat ek van die musiek op die CD dink…

My gevoelens is baie gemeng, so as jy die goeie wil hoor moet jy bereid wees om na die kak ook te luister. Die CD is ‘n akoestiese weergawe van die verskeie bands se gunsteling songs met nuwe songs van elke afsonderlike groep. Die Heuwels Fantasties stel my weereens die meeste teleur en ek kan nie sien dat ek weer vir my een van hulle CD’s sal koop nie. Na hul eerste album was die band net nog nooit weer vir my dieselfde nie, die mees opwindendste bydra wat hul lewer is die feit dat Hunter Kennedy die verse sing op “Tyd”. Iets is nie vir my lekker by die band nie en ek vind glad nie meer aanklank by hul musiek nie. aKing is hulself met ‘n toonstelling van iets tussen nie te kak nie maar ook nie great nie, baie gemiddeld.

Jy vra jouself nou seker “wat is goed op hierdie album?”. Wel…die ou legendes het definitief bewys hoekom hulle twee van Suid Afrika se gunsteling groepe is. Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel is verseker die uitblinkers op hierdie compilation. Old school rock ‘n roll red weer die dag en ook die eiers van die res van die mense wat hulself deel van die Supra Familia ag. Die dag wat Francois ophou sing is die dag wat ek ophou musiek luister. Die van julle wat daarvan hou om te grens oor fokkol moet eerder nie “dagdronk” luister nie. Ek twyfel ook of die song baie radio play gaan kry, behalwe as hulle dit drasties gaan edit. Fokof se verwerking van “Klipgooi Glashuis” is een van die wenners op die CD, en ‘n song wat ek herhaaldelik sal luister. Van Coke Kartel stel ook selde teleur, wat weereens bewys dat hulle huidiglik die ysters in ons plaaslike rock departement is.

Hier is ‘n track listing van die songs op die CD:

1. Dead End Ave (Over a Long Distance) – aKING
2. In en Uit – Die Heuwels Fantasties
3. Dagdronk – Fokofpolisiekar
4. Nare Kaskenades – Die Heuwels Fantasties
5. In the Twilight – aKING
6. Buitenkant II – Van Coke Kartel
7. Voor Ons Stof Word – Van Coke Kartel
8. Facebrick Constellations – aKING
9. Klipgooi Glashuis – Fokofpolisiekar
10. Almal is Bang – Van Coke Kartel
11. Vasbeslote Korporasie deel I – Fokofpolisiekar
12. Tyd – Die Heuwels Fantasties

Die beste drie songs volgens my is:

-Klipgooi Glashuis
-Buitenkant II
-Almal is Bang

Die kakste song is Die Heuwels Fantasties se “In en Uit”. Ek kon dit nog nie regkry om die song deur te luister nie.

Gaan koop die album en support ons plaaslike bands. Dit is seker nou nie die volgende rewolusie in Afrikaanse rock musiek nie, maar dis darem beter as van die musiek op verskeie van ons radiostasies. Gee vir ons jou mening van die nuwe stukkie kuns in die comments bar!

You may also like...

5 Responses

  1. sy girl says:

    ek dink jy praat die grootste twak onder die son! al 4 die bands is great en “tyd” is n awesome song maar glo nie jy sal weet nie want jou musiek gevoel is maar kak

  2. Stix says:

    Hier is my take op die Vanfokingtasties groep. Heuwels het hul siele verkoop aan die Huisgenoot. aKing het een goeie album gehad, die eerste album. “Dagdronk” is kak want dit is ‘n Heuwels Fantasties song waarin Francois van Coke die vocals doen.

    Van Coke Kartel tot die einde kom!

  3. dawg says:

    Ek moet se ek vind die album baie goed…as iemand wat ook bietjie musiek maak en iets van musiek weet dink ek die album in geheel is heel cool…ek besef almal is geregtig op hhul opinie . My mening is dat Rock ‘n Roll nog sterk loop terwyl die karre nog daar is..baie goed..

  4. dehan says:

    neewat.. ongelukking stem ek heeltemal saam met wat hier staan. ek is ‘n fan van al hierdie bands en was nogal teleuergestel toe ek die album gekoop en luister het.
    die hele “akoestise” ding is fine maar ek soek darem bietjie vleis op my been.. die songs is nie ewe skielik mooier omdat julle dit unplugged speel nie, sorry boys.

    ek voel dat hierdie bands hulle fans misbruik het om geld te maak met hierdie album, want hulle weet daar is baie mense wat dit sal koop omdat fokofpolisiekar se naam daarop staan… al is dit kak. ek moet se “dagdronk” is in my opinie fpk se swakste song ooit. ma dis ook ma net wat ek dink.

  1. May 31, 2012

    […] – Making Of The Album Na Posduif se review van die Vanfokkingtasties album is dit duidelik dat baie mense van die album hou. Persoonlik like die Van Coke Kartel, […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *