Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Foo Fighters – All my Life

“All my Life” is die eerste single van die Foo Fighters se album One by One af. Toe die Foo Fighters oorspronklik die album One by One record het, het hulle vir vier maande aan die recording van die album gewerk en toe hulle klaar is het hulle besef dat hulle glad nie van die album hou nie. Die band het baie onder mekaar baklei in daardie tyd. Na hulle alles uitgepraat het is hulle na Dave Grohl se home studio om die album oor te record.

Hulle het die album oor record in 10 dae en was baie gelukkiger met die resultate. One by One is by ver een van die Foo Fighters se beste albums. Dit is ook die eerste Foo Fighters album wat ek gekoop het. In die “rockumentary” van die Foo Fighters, Back and Forth praat die band baie oor hoe amper hulle opgebreek het tydens die eerste probeerslag met One by One.

Die Foo Fighters bly een van die beste rock bands in die wêreld. As jy nie dink die Foo Fighters is een van die beste rock bands nie of as jy nog nie die DVD Foo Fighters Live at Wembley Stadium, stel ek voor jy kry jou kloue op dit so gou as moontlik. Dit is awesome om die Foo Fighters te sien speel vir 85000 fans. Tans is die Foo Fighters bietjie op ‘n hiatus. Een van die dae sal hulle terug wees, tot dan kyk maar na die great video van “All my Life”.

You may also like...

1 Response

  1. June 23, 2014

    […] Al wat jy tans op die site sien is die image hier onder en dan hoor jy die opening riff vir "All My Life" op repeat. Ek is fokken bly, Foo Fighters South Africa is iets waarvoor ons almal al vir jare wag. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *