Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Korn – Never Never die nuwe single

Korn het ‘n nuwe album, Head is terug in die band en hulle het ‘n nuwe single om ons ‘n voorsmakie te gee van die nuwe album The Paradigm Shift. Die nuwe album is beskikbaar vanaf 30 September. Die vraag is nou net seker of jy die nwue album gaan wil koop of nie, gaan dit weer Korn wees soos wat ons van hulle gehou het?

Korn The Paradigm Shift

Ek hou van “Never Never”. Ek hoop maar dat die wederkoms (see what I did there) van Brian Head Welch ook sal sorg dat die ou Korn sound ook terug kom. Fokket die Korn (Nou beskikbaar vir net R40 vanaf kalahari.com hier) album is darem befok gewees. Daar is so vreemde electro klank aan “Never Never” en dit klink nie kak nie, dit laat my net effens worry. Wat dink jy van die nuwe Korn single en hoe dink jy gaan  klink? Laat weet my in die comments.

You may also like...

6 Responses

  1. Cobus says:

    Dit gaan ‘n tydjie vat om gewoond te raak hieraan. Ek is nie heeltemal oortuig nie, ek verkies persoonlik die harder Korn songs.

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Cobus: Ek moet erken die een het gegroei op my, hoe meer ek daarna luister hoe meer hou ek daarvan. Maar ek soek nogsteeds die Korn van die Korn album af terug.

  3. Wesley says:

    @Cobu & Ruan: Ek stem 100 persent saam.Dis nie sleg nie,maar hul eerste album sal altyd die Korn wees wat se klank ek ken.Voel net vanaf hul 5de album het hul te retro gegaan en te elektronies.Daardie donker “riffs” is net nie meer daar nie.Briljant sal hul altyd bly.

  4. Andre says:

    Stem saam Cobus, dis net te rustig. Korn ‘Korn’ sal defnitief die beste bly en ek het van Path of Totality gehou maar hierdie nuwe kite gaan nie vlieg nie.

  5. D says:

    dit klink soos die bastard child van korn en miley cyrus…
    Ek hou nie hier van nie. *trek my neus op en loop met my wit skoene uit die gesprek uit*

  1. August 19, 2013

    […] het nie want daar was baie goed en ek kan nie alles onthou nie. Ek kan wel onthou dat ons oor Korn se nuwe single gepraat het. Die Soutie kak my altyd uit as ek op die podcast begin dankie sê vir julle […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *