Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Tool – Parabola

Tool is volgens my een van die beste bands wat daar is. Dit vat ‘n rukkie om into hulle musiek te raak, maar dít is altyd wanneer jy die beste musiek ontdek. As jy ‘n song hoor en jy dink dit is awesome van die eerste keer wat jy dit hoor, dan sal ek geld daarop sit dat die song vir jou baie vinnig afgesaag gaan word.

“Parabola” is een van Tool se meer bekende songs. “Bekend” is ‘n relatiewe term hier, want as jy Tool nie ken nie sal jy tien teen een nie hierdie song ken nie. Die musiekvideo vir die song is ook een wat jy sal onthou as jy dit eers gesien het. “Parabola” is soos ‘n acid of ‘n psilocybin mushroom trip wat deur Terence McKenna beskryf word. Dit is asof die trip regtig sleg is en vreemd begin, waarna dit, soos dit aangaan, al hoe beter raak, tot jy vrede maak met die trip en dan net terugsit en die ride geniet.

Maynard James Keenan (leadvocalist van Tool) is ook bekend vir sy werk saam met sy ander band A Perfect Circle. A Perfect Circle is nog ‘n band wat jy moet leer ken as jy hulle nog nie ken nie. Tool het ook ‘n baie kenmerkende guitarklank en hulle drummer Danny Carey is een van die beste drummers wat daar is. Dit is moeilik om Tool te beskryf, maar een quote wat hulle eintlik nogal goed beskryf, is hierdie een:

Due to Tool’s incorporation of visual arts and relatively long and complex releases, the band is generally described as a style-transcending act and part of progressive rock and art rock.

Meeste van Tool se musiekvideos is artistically speaking great. Adam Jones (die guitarist) het special effects gedoen op Jurassic Park, Ghostbusters 2, Terminator 2 en ‘n paar ander goed ook. Dus sal jy verstaan dat hy aan die music video’s vir Tool se songs gewerk het ook. As jy nog nooit Tool geluister het nie, maar na die kyk van die video hieronder besluit jy wil, kry vir jou Ænemia, Lateralus of 10,000 Days. Jy kan nie verkeerd gaan met Tool nie.

You may also like...

1 Response

  1. October 11, 2012

    […] Tool is bekend vir hulle vreemde music video's en die video vir "Ænema" is defnitief een van daardie vreemde video's. Die beste manier om die vidoe's te beskryf is "rook dagga, eet shrooms, vat Ayahuasca, gooi aliens in die mix, fokus op jou chakra's en maak 'n music video". […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *