Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

The Smashing Pumpkins – Oceania review

The Smashing Pumpkins se nuwe album, Oceania, is uit. Ek het deur middel van iTunes my hande op die album gekry. Direk nadat ek die album gekoop het was ek nie te bly oor my besluit nie. Ek het toe nog nie na die nuwe album geluister nie, maar die laaste paar Smashing Pumpkins albums was nie vir my great nie. Ek het altyd maar teruggeval op The Smashing Pumpkins se greatest hits as ek my Pumpkins fix wou kry.

Ek is bly om te sê dat sommer van die eerste song af is dit duidelik dat hierdie weer ‘n album is deur The Smashing Pumpkins as ‘n band. Al is dit nie die oorspronklike lede nie. Nie ‘n spul songs wat deur Billy Corgan geskryf en record is en dan die The Smashing Pumpkins label gekry het nie. Die guitar-klanke is vuil, die bass hou ‘n steady line en die tromme is so solid soos ooit. The Smashing Pumpkins is terug en ek is bly.

“Quasar” is die opening track op Oceania en dit is die perfekte begin vir die album. Die slow start tot die track is great en as jy die guitars en tromme hoor weet jy dit is the Smashing Pumpkins, voor Billy Corgan se great vocals deurkom “God right on! Krishna right on! Ma right on! Yod He Vau He Om, Let’s ride on! Right on! Let’s ride on!” Dit vat my dadelik terug na die eerste keer wat ek die Pumpkins gehoor het.

Die transition van “Quasar” na “Panopticon” is perfek. Dit is lekker om weer die harder Smashing Pumpkins te hoor, maar daar is wel ‘n paar stadiger songs ook op Oceania. “One Diamond, One Heart” begin met ‘n keyboard riff wat my baie laat dink aan The Who. Corgan is bekend vir sy unieke stem en ek is bly om te sê dat sy vocals op die album glad nie teleurstel nie.

Corgan verwys na Oceania as “an album within an album” (soos Inception met musiek) oor dit deel uitmaak van die groter projek Teargarden by Kaleidyscope waaraan hulle nou al werk vanaf Desember 2009. Teargarden by Kaleidyscope is die epic 44 track album wat track vir track for free op die internet beskikbaar gestel sou word.

All in all is Oceania a great album om jou geld op te spandeer as jy ‘n fan is van The Smashing Pumpkins. Dit is lekker om weer ‘n band formaat te hoor na al die op en af waardeur die groep is. Al kan somminge van die tracks op die album bietjie over-produced klink, is dit nie genoeg om die overall effek wat die album op mens het te verminder nie.

So paar tracks wat vir my uitstaan is “Quasar”, “Pale Horse”, “The Chimera” en “Inkless”. Maar dis definitief nie die enigste goeie tracks op die album nie. Ek het so gevoel hoe meer ek na die album luister hoe meer gaan ek diamante vind, en ek gaan nog baie in die komende maande na hierdie album luister.

You may also like...

1 Response

  1. May 16, 2013

    […] hier bo het fokol te doen met The Smashing Pumpkins of hulle song 'Bullet with Butterfly Wings'. Tog bly dit 'n awesome song en vir een of ander rede […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *