Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Lamb of God oppad SA toe in 2013

Gister kry ek ‘n tweet van @kleinattie af wat lees as volg: “@gevaaalikdotcom whistleblower: chris adler tune in ‘n mexico 2012 interview rondom 3:30 dat hul volgende jaar in RSA gig!” Goeie fok! Tog weet ons almal die rumor mill gaan binnekort uitmekaar moer van al die rumors wat ek al gehoor het oor bands wat Suid-Afrika toe kom.

Lamb of God Live in South Africa

Ek vra toe maar vir Kleinattie om sy tweet te staaf met ‘n link na die video. En kan jy nou meer hy het deliver. Hier onder is ‘n video interview met Chris Adler (drummer van Lamb of God en moontlik een van die beste drummers in die wêreld) van April 2012. By die 3:30 minuut merk sê Chris die volgende:

We just talked about it on the van ride over here; We have a show booked now in South Africa.

Dit is ongelukkig al wat Chris sê daaroor. Kom ons hou maar duim vas dat hy nie besig was om dit op te maak nie. Maar ek sou sê daar is ‘n goeie kans dat ons volgende jaar vir Lamb of God in Suid-Afrika gaan sien. Die vraag is net by watter festival? RAMfest? As dit RAMfest was sou hulle dit sekerlik al announce het. Oppikoppi? Gaan Oppikoppi volgende jaar bietjie hulle metal messe behoorlik skerp maak en weg kom van die emo-metal smaak van Bullet for my Valtenine.*

Maak nie saak waar of wanneer dit gaan wees nie, ek sal dit gaan kyk. Vriende moet maar vergeet en vergewe as ek ‘n troue mis, so kies julle datums goed. Selfde tel vir ‘n begrafnis of enige ander goed wat ek weer sal kan doen voor ek aan beweeg na die volgende dimension.

Dankie @kleinattie vir die een. Dit is hoekom gevaaalik.com se lesers befok is. Check die video hier onder.

*Ek sê daardie 100% net oor ek dink dat Bullet for my Valentine se lirieke bietjie emo is en dit sit my af van hulle musiek. Kalmeer jou gesig, dit is fine as jy hulle like. Ek dink nie jy is ‘n doos nie, dit is nie asof jy Justin Bieber luister nie.

You may also like...

3 Responses

  1. Mnr Zelski says:

    Fokken Awesome!! 😀

  1. December 28, 2012

    […] Die opwindenste ding wat ons die week gepost het is die video van Chris Adler wat sê dat Lamb of God gebook is vir 'n show in Suid-Afrika. Die SA Blog Awards public vote phase sluit vandag, so hierdie sal […]

  2. July 17, 2013

    […] sal sien. Ek weet nie van julle nie maar ek gaan heel voor in die mosh-pit wees vir die een. Lamb of God South Africa rumors loop al 'n rukkie rond, so die is 'n […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *