Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Nuwe Slipknot – The Negative One

Edit: Ons het die song op Youtube ontdek, weet nie hoe lank dit beskikbaar gaan wees nie, maar jy kan daarna luister hier onder ook. Ek stel wel voor jy gaan maar a Slipknt se website en sign-up daar as jy ‘n regte Slipknot fan is.

Onthou jy hoe jy gevoel het toe jy die eerste keer ‘n Slipknot song gehoor het? Ek het daardie gevoel vanoggend weer gehad toe ek Slipknot se nuwe song “The Negative One” gehoor het. Dit vat my terug na “You can’t see California without Marlon Brando’s eyes!” die lirieke en daardie percussion wat my nie wou los nie.

Slipknot The Negative One

Slipknot het gisteraand “The Negative One” bekendgestel, en jy kan dit nou op slipknot1.com gaan luister. Die is die eerste snit wat ons hoor van Slipknot se nuwe album af wat ons later die jaar kry. Dit is ‘n belangrike album vir die band want die is die eerste album wat hulle sonder Paul Gray en Joey Jordison record. Die twee was baie belanrike lede vir die band, maar “The Negative One” stel nie teleur nie.

Dit voel vir my meer soos Slipknot se eerste paar albums, Slipknot en Iowa. Maar is tog dele wat my laat dink aan die meer melodic stylings van Vol. 3 The Subliminal Verses en All Hope is Gone. Almal uitstekende albums. Daar is vir my bietjie meer electronics in die nuwe song, maar dit is nie sleg nie. 5 Augustus kry ons die video vir “The Negative One”, so hou maar dan gevaaalik.com dop vir jou first look van die video. As jy ‘n Slipknot fan is stel ek vor jy gaan nou na hulle site en luister daarna.

You may also like...

1 Response

  1. August 6, 2014

    […] world goes up in flames." Net van die kragtige lirieke wat jy sal kry in Slipknot se nuwe song "The Negative One". Die video vir "The Negative One" het gister aand net na 18:00 op die internet verskyn. PETA, […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *