Tappit Techno Treffers: RUN-DMC vs. Jason Nevins – It’s Like That
laas week een of ander tyd praat ek en ‘n vriend oor die eerste CD wat ons self gekoop het. Bon Jovi Cross Road vir my gewees en vir hom die single van RUN-DMC vs. Jason Nevins se “It’s Like That”. Die perfecte comeback song vir die Tappit Techno Treffers. Ja ons almal het ‘n CD wat ons nie so trots is op nie. Gelukkig bly die ‘n classic, en toe ek dit weer luister het ek myself sommer gevang saam rap hier en daar want ek ken die woorde nog. Ek was in die omgewing van standerd 4 of 5 toe ding song huge was. En ek hou nou nog daarvan, net soos ek nou nog hou van Bon Jovi se Cross Road so elke nou en dan.
Dankie vir die van julle wat gevra het vir die Tappit Techno Treffers en dan sommer voorstelle gemaak het vir ‘n Tappit Techno Treffer ook. Ek sal probeer om van nou af weer elke Dinsdag die Tappit Techno Treffer te doen. Los ‘n comment en laat weet wat is die eerste CD wat jy met jou eie geld gekoop het.
Roxette – CRASH! BOOM! BANG!
Maak nie saak wie of wat jy is nie, jy ken die tune en woorde! Erken dit maar!!
Ha! Dink die song was nog op Bump 2 gefeature. So gepraat van eerste CDs – dink daai was myne. Nou DAAR’s vir jou ‘n eindelose bron van TTTs…
@Russiese Wolscooter: Jis daai was ook vir jou ‘n lekker CD gewees. Ek sal bietjie die tracklist vir Bump 2 gaan soek en kyk watse ander goud is daar waarvan ek vergeet het.