Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Tappit Techno Treffers: Whigfield – Sexy Eyes

Sexy EyesTen spyte daarvan dat die wêreld soms maak asof die hele fokken Europa ‘n moerse classy plek is waar almal van môre tot aand net Bordeaux en Espressos suip terwyl hulle opera kyk, is groot dele van die Wêreldannale van Tappit deur die einste Espresso-suipers bygedra.

Neem as voorbeeld die Deense Eurodanssensasie, Whigfield. Julle sal haar onthou as die popster wie se treffer “Sexy Eyes” tussen 1996 en 1997 deur almal se tape-speler-radio-duos in sy moer in gespeel is. Natuurlik is Whigfield net ‘n verhoognaam. Vir haar Ma is sy sommer Sannie. (I kid you not.) Anyway, hier is Sannie se “Sexy Eyes” – hierdie week se Tappit Techno Treffer. Ons belowe dit sal net vir vandag in jou kop draai. Wees op die uitkyk vir die verrassende bonus waar daar dansers met low-cut toppies verskyn. Dit is glad nie wat mens sou verwag nie.

You may also like...

2 Responses

  1. Russiese Wolscooter says:

    Jisssss, het jy daai cleavage gesien?!? Masekinners…

  1. October 31, 2013

    […] van irriterende musiek was. Die vorige twee weke se Tappit Techo Treffers was groot in die 90's. Whigfield het ge-represent vir Europa, terwyl No Mercy street cred gebou het vir die Amerikas. Met vandag se […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *