Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Tappit Techno Treffers: No Mercy – Where Do You Go

No Mercy Okay, hier is die scenario: Jy is super dronk. So dronk dat jy dink niks kan jou coolness impugn nie – maak nie saak wat jy doen nie. Jy is so cool, jy kan op huilende babas kots (terwyl hulle monde oop is) en mense sal nog steeds dink jy is cool. In fact, die babas waarop jy gekots het se ouers sal jou daarna vra vir jou handtekening en jou kots in bababottels begin versamel ten einde dit cryogenically te laat vries. But I digress. Anyway, dink aan daardie gevoel, en kyk dan hierdie week se Tappit Techno Treffer.

Iewers in die negentigerjare – tussen die laagtepunte van Whigfield en Aqua – het die Hispanic American danspopgroep No Mercy die radiogolwe oorheers met hulle cover van “Where Do You Go”. Hierdie liedjie was destyds so moer populêr dat niemand dit tot op hede eers gewaag het om aan die Hispaanse danssensasies uit te wys dat hulle die vraagteken agter die liedjie se titel vergeet het nie. En, ten spyte daarvan dat hierdie ouens dink hulle is moer cool, is hulle eintlik net lekker tappit.

You may also like...

2 Responses

  1. pisgesig says:

    Hulle sit nou skatryk en sip cocktails iewers op ‘n eiland – glo nie hulle gee om hoe tappit hulle desteyds gelyk het nie 😉

  1. November 28, 2013

    […] is ook nie seker of hy 'n vraag stel of 'n stelling maak nie (soos ook die geval is met No Mercy se "Where Do You Go"), want daar is nie 'n vraagteken na "What is Love" […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *