Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Lianie May maak jou letterlik naar met “Pretoria”

Moet nooit sê ek doen niks vir julle nie. Ek kon nou op die bank gelê het en my wonde lek na ‘n Maandag. Fok weet as ek nie so sucker was vir punishment nie, is dit wat ek sou gedoen het. Maar nee, kom ons kyk eerder ‘n Lianie May video – dit is nie asof ek iets beter het om te doen nie. Ek het beter goed om te doen, maar die “Pretoria” song se lirieke was so kak, ek kon myself nie keer nie.

Lianie May doen haar ding vir die breinlose gehoor

Lianie May doen haar ding vir die breinlose gehoor

Let mooi op dat die video in wit en swart geskiet is. Dit het gebeur vir een van twee redes. Die eerste rede sou wees omdat Lianie se record label dieselfde pad stap as alle ander labels wat hierdie soort musiek in ons kele probeer afdruk: bankrotskap. Daarom kon hulle net swart en wit film bekostig. Of, rede twee (en hierdie is baie meer likely): Dit is om ‘n gevoel van nostalgie in jou uit te bring. Ongelukkig laat die wit en swart gepaard met die kak kamerawerk my net heeltydf voel asof ek kleurblind is en vassit op ‘n rollercoaster wat heeltyd om die Uniegebou en die Voortrekker Monument tol.

Ek het nie regtig geluister na die eerste deel van die song nie. Ek was besig om te kots omdat ek op ‘n rollercoaster was. Maar toe ruk die stupidity van die song se lirieke my kop uit die toilet uit: “Pretoria, jy was nog altyd daar.” Nee, Pretoria is nie nog altyd daar nie. So cool soos dit sou gewees het, het Baby-J se Pa nie op die sesde dag Pretoria ook gemaak nie. Pretoria is eers in 1855 gestig.

“Jy lê in my kluis.” Wag, wat? Hoe groot is jou kluis? En as jou kluis so groot is dat dit jy die hele Pretoria daarin kan kry, hoekom het jy nog nie jouself, jou musiek en die hele Afriforum-gemors sommer daar binne gehuisves nie? Asseblief. Sluit julle almal daar binne toe en gooi die sleutel weg. Pretoria sal awesome wees sonder julle.

“Ek vergeet nooit jou naam.” Kyk, die lirieke is ‘n duidelike aanduiding dat jy nie die skerpste mes in die laai is nie Lianie, maar daar is oral in Pretoria borde met die naam Pretoria op. So om die naam te onthou is nou nie iets wat ek sal voorstel jy sit op jou CV nie.

Ons is nou nog net net verby die 60 sekonde merk en ek voel reeds hoe my IK begin daal. Dit wil vir my voorkom dat die muse van die song die feit was dat die Pretoria-metropolitan nou Tshwane-metropolitan is. Ai, verandering is darem maar erg jong. Jis, nou die dag het Facebook heeltemal verander hoe hulle Android app werk, en ek was vreeslik omgeherrie. Toe besef ek dat dit is hoe alles werk, dinge verander, en goddank daarvoor, anders het ons almal nou nog in grotte gebly.

“En ek weet dat die land moet bestaan, almal saam. Maar dit maak soveel mense seer…” Lianie, jou musiek maak my ore seer. Nie almal se ore nie, maar my ore, en die meerderheid mense se ore. Beteken dit nou jy moet ophou musiek maak? Ek is seker Andries Pretorius en die ander Voorstrekkers het ook baie pyn ervaar oppad hier na ons valley, maar dit het hulle nie gestop nie. Basies is jy net besig om ‘n doos te wees, want die sogenaamde “seer” wat jy voel klink vir my baie soos ‘n ego ding meer as fisisie pyn.

Wel gedaan Lianie. As die doel van julle video was om ons naar te maak en Andries Pretorius te laat omdraai in sy graf, dan is dit mission accomplished. As jou doel was om goeie musiek te maak met ‘n cool video, um, wel, aanhouer wen.

You may also like...

4 Responses

  1. Danielle says:

    Wat sad is, is dat sy ‘n vuur stook. Maak nie saak hoe mense voel oor die naam verandering nie (persoonlik, hou ek nogal van “Pretoria”, maar whatever) sy try kapitaliseer op “die seer” waaroor sy so neel. As jou ma so bloei, my fok, gaan help die tannie! Maar sy sing maar eder in ‘n klip muur vas…

    Sy verdien nie rerig die views wat die post vir haar gaan generate nie.

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Danielle: Jip, hoe laag wil jy nou daal?

  3. grobbies says:

    Dis nou dieselfde meisie wat sing van ‘n plek waar die son nooit gaan set…

    Nietemin, nostalgie verkoop beter as seks. Vra maar vir Steve.

  1. June 12, 2014

    […] Hofmeyr, Sunette Bridges en Afriforum almal in gemeen? Hulle almal is propaganda nuts wat vrees en haat gebruik om geld te maak. In […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *