Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

E-Toll is ‘n klomp bol

Jis, kyk die mooi, skoon Afrikaans wat ek gebruik in die titel. Fokken opgevoed!

Op die stadium van die race kan jy nie jou kop in enige rigting draai sonder om iets te sien oor die verdomde E-Toll sisteem nie. Dit is in elke koerant; Beeld “Die Afrikaans People Magazine”, The Pretoria News “The Better Than Beeld but Still Kak” en selfs The Daily Sun (sê wat jy wil van die Daily Sun, darem is hulle eerlik oor die feit dat hulle ‘n koerant vol stront is). Dit is oral op die internet en die TV. Jy kry E-Mail daaroor en jy sien dit op Facebook en Twitter.

Die E-Toll sisteem en die feit dat dit jou elke maand gaan geld kos is kak. Dit suig. Daar is geen ander manier om dit te sê nie. Ek het nog nie met een mens gepraat wat saamstem met die E-Toll sisteem nie. Die grootste rede hoekom ek nie saamstem daarmee nie, is omdat ek weet hoe korrup Suid-Afrika tans is en dat daardie geld nie gaan gebruik word waarvoor dit veronderstel is om gebruik te word nie. Ek hoor daar is ‘n nuwe order vir C63 AMG Mercs uit vanaf die Uniegebou gister, na die Merc fabriek in Oos-London.

e-tolls

Dit het so erg geraak dat ek dit vir myself in ‘n game verander het. As iemand kla oor die E-Toll of brag oor hoe hy nie gaan betaal nie, dan vra ek altyd: “So wat sal jou oplossing wees? Hoe sal ons betaal vir die nuwe paaie wat jy so lekker ry?”

In meeste gevalle is daar dan so 30 sekondes stilte. Ek dink meeste mense dink ek is besig om ‘n grap te maak. “Hy kan tog sekerlik nie besig wees om van my te verwag om my standpunt te staaf met redes nie? Hy kan tog nie van my verwag om vir myself te dink nie?”

Meeste mense braak dan een of ander ding wat hulle by ‘n vriend gehoor het, of hulle kots iets wat van Carte Blache af. “Ons betaal klaar belasting vir die onderhoud van die paaie.” Dit is waar, maar nou is daar meer paaie om voor te betaal. Your move.

Stilte.

Uit die sekerlik 20 plus mense met wie ek al die game gespeel het, het ek seker twee oorspronklike antwoorde gekry.

Die E-Toll is hier om te bly

Feit van die saak bly dat die nuwe paaie klaar gebou is. Iemand gaan moet betaal daarvoor. Die regering gaan sure as shit nie daarvoor betaal nie. Onthou die C63’s. Ek haat dit om die nuus aan julle te breek, maar ons gaan betaal vir die een ook. Of dit nou via E-Toll is en of hulle ons klap op tax, betaal gaan jy betaal. My pa sê altyd: “Jy kan seker wees van twee dinge in jou lewe; dat jy gaan belasting betaal en dat jy gaan vrek.”

In die woorde van Rage Against the Machine: “Freedom. Yeah right”

Dan sien ek Tannie Helle Zille tweet oor hoe haar party dit nooit sou toegelaat het nie. Dink hulle daar staan “Dom Poes” op ons almal se voorkoppe? Sulke blatante leuens. Dit is iets belangrik om oor bekommerd te wees: Vir wie gaan jy stem? Want dit lyk vir my of hulle almal vol kak is.

“So Stix jou smartass, wat is die oplossing dan? Aangesien jy so slim is.” My oplossing is eenvouding: Bid vir die tsunamis, die super volcano’s en die asteroids.

Helem Zille Tweet E-Tolls

Is daar enige van julle wat die snert glo?

Illustration deur Danielle Roe. Jy kan haar op Instagram vind as ella_roo en Twitter vind as @danielle_roe. Sy doen awesome werk.

You may also like...

24 Responses

  1. Steve says:

    Het die 20 mense na wie jy verwys matriek? Wel lyk my jy omsingel jouself met dom konte en dit gee jou ‘n valse sin van intelligensie. Jy praat so van “your move” of dit ‘n vreeslike komplekse debat is. Dit is redelik wel bekend dat die fuel levy nog altyd die world accepted manier is om te betaal vir die tipe infrastruktuur veranderings.

    En selfs sou hulle besluit om belasting te gebruik vir die verandering en nie etoll nie is jou argument van “hulle bou meer paaie” stupid en irrelevant. Al ooit gehoor van iets genaamd populasie groei? Meer mense = meer paaie = meer belasting = ewewig. Aap.

  2. Willie says:

    Hier is my voorstel. Dit gaan nie die hele probleem oplos nie, maar dit is ‘n begin.
    Wat van as gedeelte van die kostes gedek word deur maatskappye wat langs die snelweg op die reuse billboards adverteer?
    Ek meen, hulle trek voordeel uit die groot hoeveelhede verkeer op die paaie, en betaal nie ‘n sent om te help om die pad waarlangs hulle adverteer te onderhou nie. As mens daaraan dink is ons die dom poese wat eintlik betaal om na hulle advertensies te kyk, nie waar nie?
    Verder behoort petrolstasies wat langs die snelweë geleë is ook ‘n bydra te maak. Ek meen, die snelweg voer hulle elke dag met duisende motors, en tog betaal hulle niks om te help om die snelweg te onderhou nie?
    Nou natuurlik gaan die ekstra uitgawes eventueel deursyfer na die man op die straat toe, maar teen daardie tyd gaan dit al afgewater wees en oor ‘n groter groep mense versprei word.

    Of so iets.

  3. Ruan Stix Fourie says:

    @Steve: Wat jy sê oor populasie groei en dit wat lei tot meer belasting is waar, in die perfekte eerste wêreld land. In Suid-Afrika betaal die meerdeheid van die bevolking nie belasting nie. Het jy matriek? Seker nie, jy kom baie aanvallend en kwaad vir iets voor.

  4. gurt says:

    interessante ding gelees so wyle terug. in ‘n heel on tropiese land in Europa (duitsland, Switzerland of so iets) is daar nie persoonlike belasting nie. belasting word verhaal uit verbruiksgoedere.
    die goedere is dan op ‘n glyskaal wat belasting aanbetref. “essensial” goedere soos brood en melk het byvoorbeeld min/geen tax en hoe meer die item ‘n luxury is, hoe meer tax het dit.
    op daai manier betaal ALMAL tax…..

  5. Hennie says:

    Ons weet anyway dis die wit populasie wat die hele land bank roll, was nog altyd. Stem saam met Steve.

  6. Ruan Stix Fourie says:

    @Hennie, of sal ek sê die wit Julius Malema: Ja, net soos Julius Malema sal sekere van julle altyd ‘n manier vind om rassisties te wees. Die hartseer ding van die ras kaart is dat dit hartseer en pateties is as enige persoon van enige kleur dit speel. Dit is iets wat bloot gebruik het omdat jy nie slim genoeg is om ‘n argument op enige ander manier te fight nie.

  7. Hennie says:

    Shame wonder wanneer gaan die wit liberale eendag wakker skrik, o en ek is ‘n rassis.

  8. Ruan Stix Fourie says:

    @Hennie: Die “wit liberale” sê jy? Ek neem aan dat ek dan nou ook onder die “wit liberale” val. Net oor jy met trots erken dat jy ‘n rassis is, maak dit nie ‘n goeie ding nie. In fact, Hitler het dit ook gedoen.

  9. steve says:

    Ek het actually ‘n honneurs graad chopper. Jy sien anders as jy praat ek nie uit my hol uit nie. Lees bietjie hier so tussen deur die draad trek en kak praat : http://www.southafrica.info/news/business/27466.htm

    Hou op slim probeer wees,los dit vir ons post graduate manne en doen dit waarmee jy goed is,snorvis pics compile!

  10. Ruan Stix Fourie says:

    @Steve: Snaaks hoe in al die wysheid wat jy opgebou deur ‘n honneurs graad te kry jou nie geleer het dat ‘n honneurs graad jou nie intelligent maak nie. “Hou op slim probeer wees,los dit vir ons post graduate manne…” aaaaaahahahahahahahahahahahaha!

  11. steve says:

    Sjoe,lank gedink aan daai response jou intellektuele dwerg! Jou patetiese diversion cover egter nie die feit op dat jy die argument verloor het nie. Verder beteken ‘n honneurs graad ‘n persoon het ten minste ‘n basies mate van begrip,iets wat ‘n simpleton soos jy duidelik te kort kom.

  12. Ruan Stix Fourie says:

    @Steve: Jis maar hierdie simpleton het jou darem vreeslik opgewerk. As ek die argument verloor het, hoekom stry jy nog met my? Jou honneurs graad beteken dieselfde vir my as wat dit beteken dat Jacob Zuma Suid-Afrika se president is: Dit is dalk hoe dit is, maar dit beteken steeds fokol. Lekker dag verder ou beer.

  13. Wynand says:

    Die eerste keer toe ek die artikel gelees het, was dit vir my heel opvallend hoe heeltemal flawed jou argument is “Stix”. Ek stem saam met Steve se punte en vind dit nogal fokken kinderagtig hoe jy nou hammer op sy honneurs graad. Jou artikel se “feite en opinies” is so bietjie in sy moer in.

    “Die paaie is gebou. Iemand gaan daarvoor moet betaal???” Is jy ernstig?
    1. Ondersteun jy die feit dat die fokken meerderheid van die geld wat in gevorder word deur die E-tolls na n Belgiese company toe gaan vir “admin fooie”.
    2.Dat ons al reeds met die huidige fuel levies meer as genoeg in vorder vir die kostes tot op hede + toekomstige opgradering van infrastruktuur.
    3. Die paaie het meer as dubbel gekos as wat hulle ge-budget het agv korrupsie.

    Dit is my 2 cent. En ek is net n dom poesie wat my malle moer af betaal aan TAX, VAT, Fokken duur Petrol, UIF, etc etc etc.

    SO Fok E-toll en fok enige slapgat wat dit ondersteun of passief toe kyk en toelaat dat ons deur die ore genaai word.

  14. Eckard says:

    Hierdie is so’n infantiele argument dat ek verstom staan dat iemand die moeite doen om dit op ‘n blog te post en voel hy/sy moet dit met ander mense deel. Die enigste “dom poes” hier is die persoon wat die artikel geskryf het.

  15. Ruan Stix Fourie says:

    @Wynand: Jesus ou, miskien moet jy ‘n tree terug vat en wat ek geskryf het weer lees.

    Eerstens maak ek dit duidelik dat ek nie saamstem met die E-Toll system of hoe dit gedoen of geimplimenteer is nie. Dan om jou nommertjies te beantwoord (Ek noem dit nommers want dit begin as ‘n vraag, maar dan is daar nie ‘n vraagteken nie): 1) Nee, ek ondersteun dit nie. Ek verstaan nie hoe jy reken ek doen nie, want ek noem dit nêrens eers in my stuk nie. 2) As is verbrande hout my bra. Ek het ook daardie video gesien op Youtube en wat hulle daar sê kan waar wees (ek het nie regtig gaan navorsing doen oor die feite wat hulle in die video noem nie). Maar dit is nie hoe dit gedoen is nie? Dit is hoekom ek sê ek stem nie saam met hoe die saak geimplimenteer is nie. 3) No shit Sherlock. Het ek gesê dit het nie? Het ek gesê dat ons nie ‘n korrupsie probleem het in SA nie?

    Ek verstaan die frustrasie hier. Alles word duurder. Alles kos meer. Alles kry meer tax. Maar ons word nie meer betaal nie. Wat ek eintlik wou bereik met die stukkie is om uit te wys dat niemand meer vir hulself dink nie. Maar julle kies om eerder ‘n kant te kies en te maak of ons vir verskillende spanne skree by ‘n rugby game. Ja, ek is die dom poes.

  16. Ruan Stix Fourie says:

    @Wynand: En ek hammer op Steve se honneurs graad oor die feit dat hy een het in geen manier verwant is aan sy intelegensie nie. Die feit dat hy dink ‘n honneurs bewys dat hy “slim” is, bewys net die teenoorgestelde.

  17. Wynand says:

    OK, Jesus, ek het n groot tree terug gevat en jou kak artikel weer gelees:

    Ek verwys na die volgende stukkies in jou artikel:

    “So wat sal jou oplossing wees? Hoe sal ons betaal vir die nuwe paaie wat jy so lekker ry?”

    “Feit van die saak bly dat die nuwe paaie klaar gebou is. Iemand gaan moet betaal daarvoor.”

    “Ons betaal klaar belasting vir die onderhoud van die paaie.” “Dit is waar, maar nou is daar meer paaie om voor te betaal.” – Regtig???

    Jy vra wat die oplossing is? Maklik – moenie fokken betaal nie. Hoekom? Want ons betaal klaar vir dit. Ek verwys weer na my “nommertjies”, soos jy dit noem. My “nommertjies” illustreer net n paar van die frustrasies vir die gewone TAX betalende donkies soos ek, asook hoe fucked up jou argument is, JESUUUUUSSSSS. <- Ek doen dit om meer klem op my argument te sit… ek sien dit werk om my punt te beklemtoon (dankie).

    Dan verwys ek na die volgende: "(Ek noem dit nommers want dit begin as ‘n vraag, maar dan is daar nie ‘n vraagteken nie)" Jy dwaal alweer van die argument af (soos met die Steve knaap). My punktasie foutjies pla my fokkol en jy maak net jou argumente ongeldig deur jou sarkastiese, fokken "witty" antwoortjies (al dink jy, jy is fokken vlym skerp).
    As ek so kyk na van die punktuasie, spel-foute en oor die algemeen fucked up sinskonstruksie wat soms op jou artikels verskyn, laat dit veel te wense. Ek is egter ook nie die bra wat op n publieke platform skryf / blog / kak spoeg nie.

    Cheers dude.
    🙂

    PS. Rook dalk n ou twakkie sodat jy kan chill…
    Ek dink dit is nogal kinderagtig om op FB n post te maak waar jy die Steve dude aanval met die duidelike hoop dat jou "fanboys en girls" sal saamspan teen hom. Lame.

  18. Ruan Stix Fourie says:

    @Wynand: “Ek is egter ook nie die bra wat op n publieke platform skryf / blog / kak spoeg nie.” Nou wat presies dink jy is dit wat jy doen met jou comment?

    Weereens (ek herhaal myself heeltemal te veel) ek is nie hier om jou te maak saam stem met my nie. Ek probeer om jou te kry om vir jouself te dink. Maar jy is duidelik nog nie instaat om dit te doen nie. “Feit van die saak bly dat die nuwe paaie klaar gebou is. Iemand gaan moet betaal daarvoor.” Ek sê daardie nie vir love en charity nie ou beer. Dit is ‘n feit. Die paaie is gebou en iemand gaan daarvoor moet betaal. Dit is hoe basiese handel werk.

    As for my “sarkasme”. Dit is nie sarkasme nie, ek patronize.

    verb: patronize
    1.
    treat with an apparent kindness which betrays a feeling of superiority.

    Maar ek doen dit met ‘n ironiese tong in die kies omdat jy duidelik dink jy het meer ‘n begrip van alles as wat ek het.

    Jou “Moet eenvoudig nie betaal nie” oplossing laat my baie dink aan workers unions in Suid-Afrika wat dink om belaglike stakings te hou is die manier om goed gedoen te kry. Baie CUSATO van jou. En as for jy wat dink ek is kinderagtig: All out of fucks to give. Veral oor wat jy van my dink.

    Ek moet wel sê ek waardeer dat jy onder jou regte naam skryf.

  19. Steve says:

    @Wynand : Ek neem aan sy fan boys is stil,aangesien hulle heel waarskeinlik die 20 of so dom konte is waarna hy verwys in hierdie artikel(for lack of a better word).

    @Stix aka dom kont prins van pretoria : Kan ons asb aanbeweeg met die graad. Jy is duidelik insecure oor die feit dat jy skaars opgevoed is, en heel waarskeinlik te fokken onnosel is om tersiêr opgevoed te word. Die bottom line is dat die artikel ‘n totale mors van tyd was, en dat dit tyd is dat jy besef hoe ‘n groot aap jy is. Kyk dit is fine om dom te wees,jou ma het dalk gesuip met jou geboorte en dit is glad nie jou skuld nie. Die probleem is egter die FEIT dat jy nie BESEF jy is ‘n dom kont nie. Dit is fokken irreterend,en daarom sal jy vind dat mense jou gereeld aanvat oor die kak wat jy skryf. Aanvaar jou inner idiot,en jy sal infinitely meer tolerable wees.

    Oor en uit. O ja,post weer bietjie snor man.

  20. Willem says:

    Laat ek net eerstens sê dat ek glad nie belangstel in die persoonlike aanvalle soos hierbo nie. Afgesien van die moddergooi kak, stem ek saam met van die feitlike punte wat Steve en Wynand maak en dat jou argumente, Stix, ‘n paar gate het.

    “…maar nou is daar meer paaie om voor te betaal. Your move.” – Dit is ‘n vreeslike swak argument. Soos die ander latte genoem het, word die alternatiewe befondsingsmoontlikehede alreeds aangepas om die toenemende infrastruktuur te onderhou. Behalwe daarvoor, is hierdie geen argument vir _spesifiek_ E-tolls nie. Die eerste ding om dalk duidelik te maak, is dat die fight teen e-Tolls nie ‘n fight teen die GFIP is nie. Ten minste nie volgens my nie.

    Ek verneem dat jy gereeld sê of impliseer dat mense nie vir hulself dink nie… en ek stem saam. Maar om die bogenoemde video te kyk en/of nuus te lees om te hoor watse kak die politici praat (fok, maar dis baie kak!), en die feite daarin in jou eie argument te gebruik, beteken nie dat jy nie vir jouself dink nie. Dis tog nie menslik moontlik om elke kwessie self na te vors van eerste beginsels af nie; ons almal het beter goed om te doen (soos om vir die nuwe C63’s te betaal).

    “Uit die sekerlik 20 plus mense met wie ek al die game gespeel het, het ek seker twee oorspronklike antwoorde gekry.” – ‘n Suksesvolle argument het niks met oorspronklikheid te doen nie. Dis of logies samehangend, of dis nie.

    “Feit van die saak bly dat die nuwe paaie klaar gebou is. Iemand gaan moet betaal daarvoor.” – Ja, daar is geen manier om dit nie. Uit my eie oogpunt, het ons doerie tyd geweet dat die paaie getol gaan word, al het ek aangeneem dit binne redelike terme sal wees. Nou dat die ding so opgefok is dat dit meer as dubbel die verwagte price tag het, en hulle die dam onder die eend se gat uitgeruk het in terme van tolgelde, gooi almal (verstaanbaar) hul toys uit die kot uit. Dus dink ek ons sou, as die tolgelde bekostigbaar (redelik) was, maar gebuk het sonder om te veel te bitch daaroor.

    Die wonderlike ding wat ons nou sien is dat die meeste dele van die Gautengse samelewing vir ‘n slag saamstaan op ‘n kwessie. (Hoe weird is dit om vir ‘n slag saam met Cosatu te stem!?) Ons sê nie dat die regering nou maar die geld êrens anders self moet uitkak nie. Ons sê nie dat ons nie bereid is om die koste van die GFIP te dra nie. Ons sê die *manier* wat hulle voorstel (e-Tolls) – en hardpoesiglik verdedig – is heeltemaal fucked up. Ons sê dit naai ons – die mense en die land – baie meer as wat nodig is. Ons hou hulle vir ‘n slag verantwoordelik: *hulle* werk vir *ons*, nie anders om nie! Ons sê “nee” vir hierdie onnodige holnaai; dis onnodig, want ons weet daar is veel beter opsies beskikbaar as die e-Tolls.

    Die verskriklike fucked up ding wat ons sien, is hoe die regering die e-Tols bly verdedig. Die enigste rede waaraan ek kan dink vir hulle hardpoesigheid is dat hulle nie soos die dom dose wil lyk wat so moerse fokop gemaak het en dit publicly moet terugtrek nie. Dus probeer hulle ons maar in submission inboelie. ‘n Ander moontlikheid is dat hulle hulle gravy trein daarmee aan die gang wil hou, maar ek kan nie dink dat hulle só hard sal fight net daarvoor nie.

    Nevermind the fact dat die hele GFIP (die ongeveer R20,000,000,000) in EEN jaar betaal kan word met die geld wat ons gebruik vir die gravy trein se brandstof (korrupsie, bedrog, ens.). Ja, ek weet dis nie ‘n oplossing nie, maar (ek glo) dis deel van die rede hoekom mense vir ‘n slag vastrap en sê “fok julle!”.

    Ek redeneer dat dit wel dit wel ‘n goeie ding is om te weier om die tolgeld te betaal. Maar dit is ook maar net ‘n klein bietjie beter as om dit wel te betaal: want dit maar vir hulle meer admin. Sonder ‘n e-tag, moet hulle jou invoice en vir jou ‘n rekening stuur, opvolg as jy nie betaal nie, ens – soos met enige ander diens. Met die hoeveelheid mense sonder e-tags (ek dink dit was laas wat ek gehoor is daar maar iets soos 150,000 e-tags verkoop – uit meer as 3,000,000), gaan dit ‘n administratiewe onmoontlikheid vir hulle wees. Die RMTC/JMPD kon nou al vir amper ‘n jaar nie ‘n traffic ticket opvolg nie agv. hulle onbevoegdheid om die admin te hanteer. Hoe kan SANRAL dit suksesvol doen vir ALLE snelweggebruikers!? Om dit vir SANRAL nodig te maak om deur daardie (hele) proses te gaan, kan almal bydra tot hulle admin load en, uiteindelik, die ineenstorting van die e-Toll sisteem. Darenteen, as jy ‘n e-tag het, is jy SANRAL se bitch – sien die e-tag terms and conditions om te sien hoe styf daai tou om jou balsak gebind word.

    “Hulle wil vir ons skade maak! En ons ok, ons gaan vir hulle skade maak!” 😛

    “Vir wie gaan jy stem? Want dit lyk vir my of hulle almal vol kak is.” – Ja, hulle *is* almal vol kak. Ek redeneer maar dat dit nie ‘n geval is van “met wie stem ek saam?” nie, maar eerder “met wie verskil ek die minste?” of “wie is die minste vol kak?”. Demokrasie is ‘n fokop, maar dis ‘n ander gesprek vir ‘n ander dag.

    “My oplossing is eenvouding: Bid vir die tsunamis, die super volcano’s en die asteroids.” – Nee man! Ons kan vir ‘n slag vir die regering wys dat dit nie net ‘n apartheid-regering is waarteen gefight kan word nie. Laat die mense gehoor word!

    Fokkit, daai was baie meer as wat ek gedink het dit gaan wees.

    N.S. Ek like dit om jou kak-praat te lees, al stem ek die meeste van die tyd nie saam nie. ^_^

  21. Ruan Stix Fourie says:

    @Willem: Daar is hoop! Bra, om jou comment te lees was soos om ‘n venster oop te maak en vars lug in die vertrek te kry. Ek is 100% bewus daarvan dat my perspektief nie altyd reg is nie. Maar ek is oop vir ander opinies as jy dit op ‘n intelegente en interesante manier kan voorlê sal ek altyd luister. Ek moet erken dat ek ook in baie situasies “devil’s advocate” speel (soms net om die most extreme situasie voor te stel), veral as iemand met ‘n onnosel argument kom of nie sy standpunt kan staaf nie. Basies, as my bull-shit-meter begin afgaan, dan het jy my verloor.

    Dankie vir jou insiggewende kommentaar. Dit maak my bly as ek iets lees en dit laat my voel of ek en jy sal kan sit en ‘n gesprek hê waar ons mekaar miskien anders sal kan laat dink oor iets. Dankie dat jy nie die gesprek hanteer asof ons vir twee verskillende spanne skree nie.

  1. October 28, 2013

    […] jy tjank, jou ma wat jou onterf het, jou meisie wat dieselfde aantrek as jy en die feit dat jy Is jy 'n E-Toll skaap? moet […]

  2. November 4, 2013

    […] naweek het moer baie mense my gevra oor die comments wat my E-Toll stukkie gekry het. Ons het lekker gelag. Veral die knaap met die naam Steve wat comments gelos het, het groot naam […]

  3. December 3, 2013

    […] Random Gevaaalikhede is laat, met rede. Vandag het die E-tolls live gegaan in Gauteng en almal is die fok in daaroor. Moet nie 'n skaap wees en 'n E-Tag gaan koop nie, […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *