Tappit Techno Treffer: Alice DeeJay – Better Off Alone

Jis, Alice DeeJay. Dit vat my 100% terug na die dae van Monster Hits en Bump CD’s. Alice DeeJay was groot onder die Tappit Techno Treffers en sy het ‘n hele paar hits gehad. Was hierdie “Better Off Alone” song nie op een van die Sound Check CD’s ook nie? Alice DeeJay is ‘n Eurodance groep uit Amsterdam in  Holland.

Alice DeeJay

Altyd gedog sy is Alice die DeeJay. Toe nie, sy is net die gesig van die groep.

Net voor Y2K gekom het om ons almal op te dons, het Alice DeeJay uitgekom met hulle grootste hit “Better Off Alone” in 1999. So het pilkoppe die wêreld deur die nuwe millenium ingedans met “Better Off Alone” as die soundtrack van die toekoms. Toe kom dubstep en fok alles op. As ek my oë toe maak kan ek al die borrels sien van my hoërskool foam party en die girl wie ek mee aangejaag het in die skuim. Alles terwyl die song kliphard blêr oor die sound system. Foam parties het dit baie makliker gemaak om goed te doen wat onderwysers nie moet sien nie.

Geniet die week se Tappit Techno Treffer.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *