Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Tappit Techno Treffers: Eiffel 65 – Too Much of Heaven

Eiffel 65Het julle al ooit gewonder wie ons kan bedank vir die wonders van pitch-correction en AutoTune? Volgens Wikipedia is dit Eiffel 65, die Italiaanse Eurodance-groep bestaande uit Jeffrey Jey, Gabry Ponte en Maurizio Lobina. Alle dankiebriefies kan gestuur word aan contact@blisscorporation.com.

Meeste mense ken hierdie AutoTune junkies as die groep wat verantwoordelik was vir treffers soos “Blue (Da Ba Dee)” en “Move Your Body”. Hulle videos is eerlikwaar almal kak, so dit was nogal moeilik om te besluit watter een die eer sal kry om op gevaaalik.com se Tappit Techno Treffer-lys te verskyn. Vandag se Tappit Techno Treffer is een van Eiffel 65 se minder bekende enkelsnitte. Minder bekend, maar steeds fokken ubiquitous: “Too Much of Heaven”.

Wees op die uitkyk vir die volgende:

  • Die band wat heeltyd nader aan die kamera lurch, so asof die kamera nie kan zoom nie.
  • Highlights.
  • Matching outfits.
  • Die voorsanger wat konstant voor die lens inbeweeg, amper asof hy nie wil hê sy vriende moet op die video wees nie – nogal soos die mense in die agtergrond van BBC news reports van die onluste in Egipte.
  • Die ander twee knape se duidelike ongemak wanneer freestyle danspassies uitgevoer moet word.
  • Highlights.
  • Die creepy Tron tribute van 02:20 af.
  • Dié lirieke: “No love, no friendship, nothing else. Just the dollar bill coming on into their pocket.” Klink nogal na die wyse waarop ‘n prostituut sy/haar inkomste sal verduidelik – “The money just comes into my pocket.”

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *