Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Synergy Live bring The Prodigy

Synergy Live is terug en The Prodigy headline! Ek vir een is baie fokken bly hieroor. The Prodigy is een van my gunsteling electro bands en hulle live shows is intense. Dus kan jy vir jouself raai dat jy my by Synergy Live sal kry die jaar.

Update: gevaaalik.com het kaartjies om weg te gee. Lees onder vir meer info.

The Prodigy maak al musiek vir meer as 20 jaar. Hulle het al 25 miljoen albums verkoop wêreldwyd. Live is The Prodigy harder en voer meer energy terug na die gehoor as wat Julius Malema se onnoselheid skape op hol kan hê. The Prodigy het net so paar maande terug een van my gusteling festival ook geheadline, Download 2012 uit die UK.

The Prodigy is beken vir hulle high energy, harde dance musiek. As jy al ooit by enige party was wat gelyk het of hy tot ‘n einde kom, begin maar net ‘n The Prodigy song speel en jy sal sien hoe die party weer lewe kry. Keith Flint (vocals) is ook een van daardie extravagant mense wat kan connect met enige gehoor. Keith is ook bekend vir sy gevaaalike dans moves op stage.

The Narrow, Zebra & Giraffe, Desmond and the Tutus, Lark (Electro), Wrestlerish, Gangs of Ballet, Bittereinder, Man as Machine and Newtown Knife Gang met die Red Bull Studio Live stage featuring Dr Khumalo, Minx, King Rat, Phizist VS Kid Robot, Twelve & Thesis, Tommy Gun, Double Adapter, Reepa and Rudeone is van die ander optredes wat jy die jaar by Synergy Live sal kan sien.

Synergy Live gebeur 1 Desember 2012 op Riversands Farm in Fourways Johannesburg. Check ek gooi sommer vir jou die GPS coordinates: Latitude:25º57′38.58″S`  Longitude: 28º1′32.78″E. Kaartjies werk so: Koop jou kaartjie nou van webtickets.co.za af en general admission gaan jou R380 kos. As jy jou general admission kaartjie koop by die hek gaan hy jou R450 uit die sak jaag. VIP kaartjies wat jy by webtickets.co.za koop gaan jou R600 kos.

Gaan kyk gerus na Synergy Live se website vir meer info of gaan kyk na die Synergy Live Facebook page. En as jy nog nie The Prodigy live gesien het nie, stel ek voor jy kyk die video hier onder.

Update: Ons het kaartjies om weg te gee. Om te wen is al wat jy moet doen ‘n tweet stuur wat lyk as volg: “Asb @gevaaalikdotcom stuur my na @SynergyLive om The Prodigy live te sien!” So eenvoudig soos dit en dan kry jy ‘n kaartjie vir jou en ‘n maatjie. Die wenner sal volgende Vrydag gekontak word.

You may also like...

3 Responses

  1. November 5, 2012

    […] in "Run With The Wolves" van The Prodigy se Invaders Must Die album. Onthou ons het 'n pair of tickets om weg te gee vir Synergy Live in Johannesburg en jy het nog die week om in te […]

  2. November 7, 2012

    […] Gevaaalik.com […]

  3. November 9, 2012

    […] is jou laaste kans om in te skryf vir die Synergy Live kompetisie. Jy kan 'n kaartjie vir jou en 'n vriend wen. Dit gaan befok wees vir menigte redes, maar dit gaan […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *