VanFokKingParow
As jy iets soek om te doen die naweek wat kom in Pretoria is daar net een plek om te wees. VanFokKingParow is Van Coke Kartel, Fokofpolisiekar, aKing en Jack Parow. 8 September 2012 deel die manne die stage in Hatfield square.
Kaartjies kan deur Computicket gekoop word teen R60 of jy kan op die dag jou kaartjie koop as jy by die square aan kom teen R80. Dit is ‘n baie goedkoop prys as jy kyk na wie jy gaan sien op die dag. VanFokKingParow begin 17:00 die middag en hou aan tot laat so bring jou party skoene.