Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

The Prodigy – Warrior’s Dance

The Prodigy kom Suid-Afrika toe en dit is ‘n goeie ding vir twee redes. Die eerste rede is natuurlik dat the Prodigy ‘n great band is en hulle live shows is ongelooflik goed. Onthou ons het ‘n pair of tickets om weg te gee vir Synergy Live in Johannesburg en jy het nog die week om in te skryf. Die tweede rede is dat Dave Grohl (van die Foo Fighters, duh) al session drums gespeel het vir The Prodigy. Dave speel die dromme in “Run With The Wolves” van The Prodigy se Invaders Must Die album.

Dit is goed vir Suid-Afrika want hoe meer mense wat vir Dave Grohl vertel hoe great dit is om Suid-Afrika op te tree, hoe groter raak die kans dat Foo Fighters ook ‘n draai hier sal kom maak. Ongelukkig is Foo Fighters nou bietjie op ‘n breek en niemand weet wat die tydstip verbonde is aan die breek nie.

The Prodigy het ook al ‘n cover gedoen van Foo Fighters se “White Limo” vanaf die Wasting Light album. As jy die cover wil hoor kan jy dit hier luister. As die Maandag blues jou te veel pla sal die video hier onder ook help. The Prodigy “Warrior’s Dance” is presies die tiepe song wat jou dag bietjie sal opkikker. Ek kan nie wag om The Prodigy live te sien by Synergy Live die jaar nie.

You may also like...

3 Responses

  1. MissJadeSoul says:

    This is the number one song I’m going to lose my mind to.

  1. November 9, 2012

    […] vir jou en 'n vriend wen. Dit gaan befok wees vir menigte redes, maar dit gaan veral befok wees oor The Prodigy daar gaan […]

  2. April 9, 2015

    […] nie teleurgestel met enige van hul albums nie en ek het my vrou amper van haar kop af gedryf toe ek Invaders Must Die op repeat geluister het vir maande. As jy ‘n fan is van The Prodigy kan jy gerus maar vir jou […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *