Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Shadowclub – Guns and Money resensie

Daar is net iets oor three piece bands wat nog altyd vir my cool is. As ek three piece hoor, kom ‘n band soos Nirvana altyd in my kop in. En Shadowclub is een van die three piece bands waaroor daar nog lank gepraat gaan word.

Guns and Money is die eerste album van hierdie Suid-Afrikaanse band. Vandat ek die eerste single, “Guns and Money”, gehoor het op Tuks FM was ek baie geïnteresseerd in hulle – veral toe ek uitvind dit is ‘n local band. Jacques Moolman se vocals was die eerste ding wat my opgeval het. Dit is ‘n strange jazzy howl wat perfek in my smaak val, want as ’n groot fan van blues/rock is dit iets wat ek love.

Die sounds is smooth, howling guitars en ook howling lirieke. Die lirieke drup met verwysings na seks, smoking guns, booze, lovers wat jou wil vermoor en verleidelike dames, alles toegedraai in ‘n great rock sound wat bekend is, maar tog nuut is. As jy die album luister kan jy nie help om te dink dat Shadowclub ‘n great live show sou gee nie. En jy sal nie verkeerd wees nie. Hulle het geopen vir Kings of Leon toe laasgenoemde onlangs in SA opgetree het.

Shadowclub se Guns and Money-album is great 60’s of 70’s tipe rock and roll, sonder dat dit voorkom asof hulle te hard probeer. Die musiek voel glad nie geforseerd nie; eerder voel dit natuurlik en maklik. Dit is ‘n tipe van live klank, aggressief, maar maklik om na te luister, en ek kan sien dat hierdie album die soundtrack vir baie roadtrips gaan wees hierdie Desember.

As jy nog nie die album het nie stel ek voor jy kry hom so gou as moontlik. Dit is min dat Suid-Afrika sulke great Engelse musiek produseer. Ek is opgewonde dat ek in die toekoms gaan kan sê ek volg al die three piece band van album nommer een af. Blues/rock van dié kaliber gaan die hele wêreld binnekort ruk en gebaseer op Guns and Money verdien Shadowclub al die sukses wat ek seker is hulle kant toe gaan kom.

As jy ‘n smakie van die Guns and Money awesome wil hê, check die video hier onder.

You may also like...

2 Responses

  1. May 30, 2012

    […] wat ek ooit gehoor het en dit is nou nog een van my favourites. Dit is ook die nuwe single vanaf Shadowclub se Guns and Money album. Great album. Die video vir die song "Lucy" het gister op die interweb verskyn. Soortvan stop […]

  2. July 19, 2013

    […] Violence is besig met hulle launch toer vir hulle nuwe album Soul Shake. En gelukkig vir ons join Shadowclub vir Taxi Violence more aand by Arcade Empire en al wat dit jou gaan kos is R50. As jy enige een van […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *