Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Taxi Violence en Shadowclub klap Arcade Empire

Taxi Violence - Soul Shake album launch tour

Twee van Suid-Afrika se voorste rock bands is more aand by Arcade Empire. Taxi Violence is besig met hulle launch toer vir hulle nuwe album Soul ShakeEn gelukkig vir ons join Shadowclub vir Taxi Violence more aand by Arcade Empire en al wat dit jou gaan kos is R50. As jy enige een van die twee bands al live gesien het sal jy weet dat die nie ‘n aand van rock ‘n roll gaan wees wat jy wil mis nie.

Taxi Violence se nuwe single van hulle Soul Shake album af het die naam “Brainmash” en dit is een van die coolste Suid-Afrikaanse songs wat die jaar nog in ons ore in gespeel is. As jy lanklaas vir Shadowclub live gesien het, dan moet jy hulle nou weer sien want hulle speel vir die laaste ruk van hulle nuwe songs. Hopelik is dit nie meer lank voor ons die nuwe Shadowclub album hoor nie.

Ons wil more graag weer ‘n podcast doen met die manne van Taxi Violence, maar die ouens is fokken besig met interviews en kak so ons sal maar sien of dit gebeur. Either way gaan ek more aand verseker by Arcade Empire wees vir die een en as jy in die omgewing is raai ek aan jy doen dieselfde. Veral as jy hou van epic rock ‘n roll.

Hier is Taxi Violence se “Brainmash” en Shadowclub se “Good Morning Killer” om jou in die mood te kry. Sien julle more aand by Arcade Empire.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *