Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Hendrix bekroon as wêreld se beste


Jimi Hendrix is deur Rolling Stone aangewys as die wêreld se beste kitaarspeler ooit. Ja, dis reg. Ooit. Kort op sy hakke was Eric Clapton en Jimmy Page. Ek dink nie iemand is verbaas oor die benoeming nie; meeste mense stem saam dat Hendrix een van  die wêreld se beste kitaarspelers is.

Nie net was hy ‘n uitstekende musikant nie, maar ook ‘n baanbreker as musiekvervaardiger. Clapton en Hendrix was die eerstes wat die “wah wah” pedal bekend gemaak het en Hendrix was die eerste kunstenaar om met “stereophonic phasing” te eksperimenteer. Sy klank word gekenmerk deur rou, oordrewe amps met hoë gain en hoe treble. Hy was ook die eerste kitaarspeler om waarlik die effek van “feedback” tot sy voordeel te gebruik. Die gebruik van die “wah wah” pedal het hom toegelaat om hoë-frekwensie-solo’s te speel, spesifiek met hoë bends. Sy komplekse speeltegniek het gereeld ook legatos bevat, ‘n kenmerk wat eie aan Hendrix was.


In 1969 het “The Jimi Hendrix Experience” die ikoniese Woodstock Festival geheadline, en in 1970 was dit ook die geval by die Isle of Wight Festival. Dit is iets wat baie min bands of solo kunstenaars al gedoen het. Sy grootste motivering het gekom van B.B King, Muddy Waters, Howlin Wolf en Albert King. Op sy beurt het hy ook ‘n klomp kunstenaars beïnvloed, onder andere John Frusciante, die ex-hoofkitaarspeler van Red Hot Chili Peppers.

Jimi Hendrix exploded our idea of what rock music could be: He manipulated the guitar, the whammy bar, the studio and the stage,” said Grammy-winning guitarist Tom Morello in the magazine, citing Hendrix’s “Purple Haze” and “The Star-Spangled Banner” as key tracks.

Hier volg ‘n lys van Rolling Stone se top 10 kitaarspelers van alle tye:

1. Jimi Hendrix
2. Eric Clapton
3. Jimmy page
4. Keith Richards
5. Jeff Beck
6. BB King
7. Chuck Berry
8. Eddie van Halen
9. Duane Allman
10. Pete Townshend

Vir meer inligting oor elke kunstenaar kan jy gerus hier click.

You may also like...

1 Response

  1. NCJackal says:

    Waar de fok is Mark Knopfler?? En Eddie van Halen moes hoer op gewees het…

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *