Ronda Rousey vs. Alexis Davis in 16 sekondes verby
Die naweek was dit UFC 175. Chris Weidman het sy titel behou in ‘n goeie fight teen Lyoto Machida. Maar vir die eerste keer het ek die UFC gekyk en was ek meer opgewonde was oor ‘n vrouens fight as enige van die mans fights op die card. Ronda Rousey met haar gruwelike armbar het reguit opgekruip na een van my gunsteling fighters om dop te hou. Nadat ek gesien het wat Rousey met Miesha Tate gedoen het, was ek seker daarvan dat Alexis Davis nie ‘n kans staan nie.
Ek, en meeste ander mense (Rousey was die +850 underdog toe die fight begin het) was reg, Davis het geen kans gestaan nie. Ronda open die fight met ‘n straight right hou wat vir Davis uit die bos geslaan het. ‘n Kort knee deur Ronda gevolg met daardie daardie famous brons by die Olimpiese Spele Judo hip-toss van haar. Dit het haar in die perfekte posisie bo Davis gesit. Ek is 100% oortuig Davis het op daardie stadium nie geweet wat haar getref het nie. Van hier af het Ronda 9 houe laat reën op Davis se gesig voor referee Yves Lavigne die fight gestop het.
Dit was ‘n wrede bewys van Ronda Rousey se dominance wat sy tans het oor die womans bantamweight divisie het. Nie net het Ronda ‘n ongelooflike grappling agtergrond met daardie Judo van haar nie, maar sy is verseker besig om meer selfvertroue in haar boks te ontwikkel. Ek weet nie of tans iemand is wat Ronda kan hanteer nie, sy is net ‘n vlak bo die res. Ek was nog nooit so mal oor ‘n meisie wat ek weet sal my maklik kan dood maak.
Verskriklik sexy