Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Conor McGregor vs. Jose Aldo gebeur 12 Desember

Conor McGregor is die interim featherweight UFC champion. Hy was veronderstel om teen Jose Aldo (die featherweight champ) te veg in July vir UFC 189. McGregor het toe vir Chad Mendes gewen deur TKO in UFC 189 na Jose Aldo ontrek het 2 weke voor die fight oor ‘n rib besering.

Connor McGregor Jose Aldo Face off

Daar is baie mense wat nie van Conor McGregor hou nie. Soos Floyd Mayweather het Conor McGregor nie op sy bek geval nie. Hy is ‘n uitstekende fighter en hy is nie bang om groot te praat nie, want hy back dit op in die octagon. McGregor het selfs so ver gegaan as om te sê dat Jose Aldo bang is vir hom en dit is hoekom Aldo ontrek het uit UFC 189.

Aldo het verseker nog nooit teen iemand soos Conor McGregor baklei nie. McGregor het gewys dat hy selfs ‘n uitstekende stoeier soos Chad Mendes kan aanvat en wen, maar die Mendes fight het gewys dat McGregor se groud-game verseker werk kort. Jose Aldo se striking is ook op ‘n ander vlak as enige van McGregor se vorige opponente.

Dit gaan verseker ‘n intense fight wees, en met McGregor se gladde bek is ek seker dat die twee baie kwaad gaan wees vir mekaar teen die tyd wat hulle in die octagon klim op 12 Desember 2015. Na die UFC se “Go Big” press conference eergister (sien die video hier onder) is een ding verseker, McGregor is nie bang nie:

He’s running again. I don’t know whether he’ll be back. All I know is that I will be there, December 12th. Like I always am there. People are always saying about “the talk”, and I talk and I talk and I talk… but guess fucking what? I back it up! I BACK IT UP!

Wie gaan wen? Gaan “The Notorious” Irishman vir die Brazillian ore aan sit? Of gaan Jose Aldo vir Cono McGregor uitmekaar uit skop? Ek is ‘n McGregor fan, so dit is waar my geld heen gaan.

You may also like...

4 Responses

  1. Thysmetys says:

    Ek het daai McGregor se fights gecheck, hy is n uitstekende fighter.
    Jose is unbeaten currently, maar my geld is of McGregor, hy gaan daai man moer toe skop.

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Thysmetys: Dit gaan ‘n taai fight wees. Ek dink Aldo gaan vir McGregor try grond toe vat want dit is duidelik dat McGregor se ground game baie te wense los. Aldo se MMA base is immers BJJ. As dit ‘n standing fight is, gaan dit ‘n ander game wees. Aldo se leg kicks is devastating en blitsvinnig, maar McGregor is net so lethal en ek dink bietjie vinniger. Dit saam met McGregor se reach advantage kan ‘n game changer wees.

  3. Thysmetys says:

    @Ruan Stix Fourie, jy kon dit nie beter gese het nie, stem 100 % saam.
    McGregor se jiu jitsu is nie so gevaarlik soos Aldo sin nie en het sover meeste van sy opponents geknock out.

    Volgende match waarna ek uit sien is die Wladimir Klitschko teen Tyson Fury, gaan epic wees,

    Thanks vir die post.

  1. December 4, 2015

    […] like vir Conor McGregor. Ek like hoe vlymskerp sy bek is, en ook sy hande en voete. Tog kan niemand stry dat Jose Aldo […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *