Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Die cheerleader, die zombies, en die kettingsaag

Juliet Starling het ‘n probleem. Eintlik het sy ‘n paar probleme. Die grootste probleem, wat ook die oorsaak van al haar ander probleme is, is dat haar voormalige hoërskool oorgeneem is deur zombies. Wat hierdie probleem nog erger maak, is dat die zombies daar is as gevolg van Juliet se ou mede-skolier, die goth-towenaar Swan. En goths suck ass in elke fokken galaxy. Gelukkig laat dié cheerleader haar nie sommer onderkry nie, en hark sy haar kettingsaag nader. Waarvan praat ek? Lollipop Chainsaw, eersdaags op Xbox 360 en Playstation 3.

Juliet se trusty sidekick is haar boyfriend Nick se lewende, pratende kop. Nadat ‘n zombie hom gebyt het, het Juliet geen ander keuse gehad as om Nick se kop af te kap nie. Hy mag dus nie meer arms, bene, of enige ander liggaamsdele hê nie, maar ten minste kon hy sy siel behou. Die oogmerk van die game is redelik straight forward. Jy het ‘n chainsaw, en daar is zombies in die skool wat nie daar moet wees nie. Yeah, that’s about it.

Vir meer info, check die trailer hier onder, of besoek Lollipop Chainsaw se website. Die game verskyn in Junie vanjaar.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *