Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Dr. Ruth(less) oor masturbation en kopkoue

Dr. Ruth(less) is nou op ‘n roll. Hier is sy die week met nog antwoorde en ‘n nuwe sexy foto net vir julle. Hierdie week gee sy advies oor masturbation, kopkoue en oor wild wees in die bed. Jy kan Dr. Ruth(less) vind op haar Twitter en vir haar jou vragie daar stuur. Of jy kan dit net hier onder in die comments los. Nes jy wil. Oor aan Dr. Ruth(less).

Jagses vra:

Hi,

Kan jy dalk vir my sê hoe om my meisie te oortuig om my blowjobs te gee? En hoe kan ek haar kry om voor my te maturbate? Ek gee nie om of sy toys en of sy haar vingers gebruik nie, ek wil net sien hoe sy met haarself speel.

Dr. Ruth(less) antwoord:

Liefste Jagses,

Super oorspronklike skuilnaam. Duidelik appropriate. My antwoord op jou vraag/vrae hang van ‘n paar dinge af. Hoe lank is jy en jou meisie al saam? Het julle sex of speel julle slegs stinkvingertjie?

Ek gaan myself die moeite spaar en aanneem julle is wel seksueel aktief. Soos in penetrasie-aktief. Die blowjob kwessie baffle my bietjie – ek kan nie regtig dink hoekom meisies volstrek weier om dit te doen nie! Ek het ‘n vriendin (bless her soul) wat net eenvoudig weier. Ons vriendinne het al interventions gehou, gedemonstreer, flavoured lubes gekoop, haar dronk gemaak en huis toe gestuur na hom toe. Niks werk nie. Sy wil net nie. Fokken glad nie. Sy zaber wel blykbaar ‘n storm los. My punt is: Party chicks, lyk my, hou net regtig nie daarvan nie en min gaan hul gevoelens daaroor verander.

Ander dames kort dalk net ‘n bietjie motivering. Jou meisie het dalk ‘n grillerige experience gehad met ‘n kaaskop? Nie die Hollandse tipe kaaskop nie. Miskien is sy bang sy doen dit nie reg/lekker genoeg vir jou nie? Miskien hou sy nie van die smaak nie? Mens kan nie regtig die topic reguit “bespreek” nie. Ek sou nie as ek jy was nie. As ek jy was, sou ek haar tequila voer, flavoured lube koop en haar erotically coach in die ding in. Sê vir haar jy het nog nooit ‘n blowjob gehad nie/min kere in jou lewe al ‘n blowjob gehad, en wil dit so graag experience (lieg, lieg, lieg jou hartjie uit as dit moet). Miskien het sy dit nog nooit/min toegepas, dus gaan dit julle op ‘n level playing field sit. Al was jou cry for help ‘n moerse liegstorie. Sê dan vir haar presies wat om te doen op ‘n manier wat haar nie gaan laat voel dat wat sy doen verkeerd is nie. Dis ‘n kuns ouboet, moet dit nie opfok nie, jy mag dalk in jou lewe nooit weer ‘n kopkou by jou liefie kry nie.

Ek klink dalk nou so super oorspronklik soos jou skuilnaam (glad nie), maar ek praat waar. Speel met sjokoladesous, room, enigiets sticky en yummy. Sit bietjie op haar, lek dit af. Sit bietjie op jou, laat sy dit af lek. Beweeg af met mekaar se lywe, spontaan, tot jy haar het waar jy haar wil hê. Vra haar mooi om saggies af te lek, dan meer en meer, ens. Diabetes en diets is nie verskonings nie (van haar kant af), mens kry non-fat en sugar free sticky yummy stuff.

Die masturbation-ding is sensitief (pun intended). Ons is van kleins af geleer dis stout, verkeerd, lelik. Jy doen dit jou lewe lank skelmpies en wil nie hê iemand moet sien/weet nie (veral meisies) en dan eendag op ‘n reëndag moet jy dit voor iemand doen? Jy sal bitter mooi aan haar moet verduidelik hoe graag jy dit wil sien, dit sal in die heat of the moment moet wees en jy sal dit saam/voor haar ook moet doen aan jouself. Dis ongelukkig al waaraan ek kan dink.

Vir beide jou issues – onthou die main ingredient – tequila!

 

Dewald vra:

Liewe Dr Ruth(less),

Ek wil begin om te noem dat jy damn fine is, en ek sal graag die kak uit jou wil motorboat. That said, on to the raadpleeg…

Ek& my meisie is al langer as 3jaar steady, rock steady in fact, maar for some reason is sy baie skaam behind closed doors. Skaam in die sin dat sy nie nuwe posisies wil probeer nie, niks exciting ‘n kans wil gee nie& vergeet van kinky pornstar-like manewales.

Soos meeste ander girls, word die envelope effens ge-push wanneer ons dronk is, maar nie naastenby wild nie. Missionary& the odd doggy is maar waar dit eindig…
Nou voor jy games, foreplay, geskenkies, kinky texts deur die dag, flirt, gotweetwatnog wil voorstel – been there, tried that at least twice. Blaas my weg met advice wat albei van ons kan benefit.

Thanks doc,

Dewald.

PS. Sal jy op wees vir ‘n threesome as ek current STD-toetse kan voorsien?

Dr. Ruth(less) antwoord:

You motor-boatin’ sannavabitch!

Is jou meisie nog altyd skaam in die slaapkamer? Het sy dalk gewig opgetel in die drie rock steady jare? Het jul dalk ‘n super weird sexual experience gehad in die drie jaar wat haar dalk sou afskrik om verder freaky te raak? Dink mooi, maak reg as jy opgefok het.

Jy is 100% reg, meeste girls ontspan effe, sexually, as hul ‘n paar kappe in het. Ek is een van daai meisies 🙂 “Wild”? Define “wild”. Wild vir haar is dalk nie wild vir jou nie. Moenie die Missionary Position vlak kyk nie, dit kan baie hot wees. Maar ek voel jou pyn, mens wil haar nie altyd in die oë kyk as jy wilde dinge imagine nie, of hoe?

Maak haar vas. Laat sy op haar maag lê, bind haar hande en voete starfish-style vas. Blindfold haar. Dim die ligte om seker te maak sy voel bietjie gemakliker. Beweeg stadig, saggies. Sy gaan heel moontlik initially stoei en kriewel. Fluister in haar oor, vra haar om te ontspan. Jy sal regtig jou tyd moet vat met hierdie een, haar hele lyf bykom (met jou mond, ‘n veertjie, whatever) todat sy eventually agterkom sy kan maar gemaklik wees met wie/hoe sy is in die slaapkamer, want jy is gemaklik daarmee. Indien sy ontspan en dit begin geniet, maak jou maak. Maak haar volgende keer in ‘n ander posisie vas. Indien sy glad nie daarvoor val nie, maak haar fokken vinnig los, vra om verskoning en smeek haar om nie 10111 te bel nie!

Skattebol, as jou meisie nie eers op jou gesig wil sit of Reverse Cowgirl probeer nie, is ‘n threesome met my nie op die kaarte nie, maak nie saak hoe current jou STD toetsresultate is nie.

Liefde,

Dr. Ruth(less)

You may also like...

3 Responses

  1. Rustig says:

    Hi Doc,

    Ek het onlangs met ‘n meisie by my universiteit begin praat. Ons kom baie goed oor die weg en praat gereëld tussen klasse. Sy het haar nommer vir my gegee. Ek neem aan dit beteken sy wil miskien op ‘n date gaan.

    Probleem is ek weet nie wat om te doen vir ons eerste date nie? Enige raad sal baie help en as die raad haar panties laat afkom sal ek ook nie kla nie.

    Dankie Doc.

  2. jean . w says:

    Liewe Dr. Ruth(less)

    Ek en n girl is nou al lank saam en gaan steady , en onlangs het ons begin experimenteer in 3somes met n extra ou (al 2 keer) en nou moet ons besluit of ons moet aanhou met hierdie speletjies of nie ons altwee wil dit nog doen en vertrou mekaar ten volle en ons voel nog baie vir mekaar so wat dink U van die hele saak

    Thanks

  3. Bless says:

    Hello daar.
    Stupid vragie wat ek het.
    As ek en n girl nou lekker begin speel, speel die klein mannetjie nie altyd so lekker saam nie. En na n moerse gesukkel en speel en vryf kom hy miskien reg. Ek moes al n paar keer se, shit sorry girl dit gaan nie gebeur vanaand nie.
    Ek eindlik embarrassed na die tyd, want sy moet seker dink, wat is die ou se kak.
    Of as ons lekker aan die go is besluit hy ook, nee fok ek is nou klaar. Dan is hy so pap soos spaghetti sonder dat ek gecome het.

    Ek sal dit wardeer as jy bietjie lig op my fuck-up situation kan lig

    Dankie dankie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *