Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Korn – 2019 Docuseries

Gisteraand doen ek comedy by Sunset Lounge. Dit is “New Material Night”, die tipe aand wanneer loopbane gemaak of gebreek word. Na die tyd staan ek saam van die ander comedians en daar kom ‘n dude na ons toe met ‘n oop notaboek in sy hande. “Please right down the time and a quote. Anything.”

Vreemde request, maar ek skryf iets neer: “It could always be worse. You could have been born in Liberia.”

Soos ek die notaboek vir hom terug gee vra ek vir hom wat hy met die naamlose quotes gaan maak. “I’m a content creator.” sê hy en asof dit ‘n reflex reaksie is antwoord ek: “That’s what I call being alive.”

Jy kan my fokol vertel van content create nie. Ek doen dit al vir so lank as wat ek kan onthou, lank voor “content creation” ‘n marketing term geword het. Party content is dik cringe. Dink net aan Nandos se laaste advertensie of enige van my videos wat ek al op YouTube gesit het. Ander content is meer interesant. Dink Dr. Disrespect, dink aan Jack Black se YouTube channel ens. Korn het ook geleer dat mens content kort as jy mense se aandag wil kry. Ja, hulle musiek is die content waarvoor hulle bekend is, maar met die koms van die internet is net albums nie meer genoeg nie. Plus, nou kort jy nie die base van TV om te besuit of hulle jou gaan wys vir mense nie want daar is YouTube en almal het YouTube. Nie almal kyk TV nie.

‘n Korn documentary series op YouTube

Dus het Korn ‘n docuseries gemaak en dit op YouTube vrygestel. Content bra.

As ‘n fan is dit altyd lekker om iets te kry wat so effens van ‘n behind the scenes is. Sover is daar 6 episodes, en omdat ek dit gekyk het het ek ook die nuwe album begin luister. Content marketing at work!

Wat dink jy van Korn se nuwe album? En die Korn documentary series? Laat weet my in die comments.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *