Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Basson Laubscher & The Violent Free Peace – Shakedown

Basson Loubscher is van Stellenbosch af. Terwyl hy groot geword het is hy blootgestel aan ‘n groot verskeidenheid musiek. Die musiek was alles van ABBA, The Beatles, Jimi Hendrix, Led Zeppelin, Johnny Cash en selfs Beethoven. Basson het die bass al begin speel op tien en het die guitar gegryp toe hy 15 was.

Basson Laubscher, The Violent Free Peace

Basson het al die verhoog gedeel met Gerald Clarke, Albert Frost, Dan Patlansky en ander. Hy was al ook ‘n session musician op baie albums en hy het vir ‘n ruk in die Valiant Swart Band gespeel.

The Violent Free Peace is ‘n los versameling van musicians wat saam met Basson begin bluesy goed speel het aan die einde van 2004. The Violent Free Peace se live optredes is altyd opwindend want daar is amper altyd ‘n guest apperance deur van hulle musician vriende wat saam op die verhoog spring om te jam.

Ek het nog nooit van die ouens gehoor nie, tot gister toe @DapperTrapper dit vir my gestuur het. Ek like dit. Wat dink julle?

You may also like...

3 Responses

  1. Cobus says:

    Hy is eintlik meer bekend as Zinkpaat se kitaarspeler, maar hierdie projek van hom is ook uitstekend!

  2. Stix says:

    @Cobus: Het so iets raak gelees ja. Was nog nooit ‘n fan van Zinkplaat nie.

  3. BaasDeBeer says:

    Wou juis nou ‘n Zinkplaat comment kom gooi, toe sien ek dis reeds gedoen… Maar ja, die man mag maar! Violent Free Peace is lekker 🙂
    Imagine as hy meer van wiskunde gehou het, was dit nie ‘peace’ nie maar ‘sum’ :p

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *