Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Nasionale Braaidag

Jy kan dit noem wat jy wil: Nasionale Braaidag, National Braai Day, Erfenisdag, vakansiedag, whatever. Al wat ek weet is jou land is ok as ons ‘n vakansiedag het waarop almal lekker kan braai. Hierdie jaar (2016) is Nasionale Braaidag op 24 September. Dit gaan jou en jou vriende of familie nou ‘n lekker kans gee om bymekaar te kom jolig te wees en te braai. Hier is die plan: Jy het 10 dae om alles in orde te kry vir jou Nasionale Braaidag. Kom ons loer gou na so paar dinge wat sal verseker dat jou dag om te braai, een is wat jy nie vinnig sal vergeet nie. Dan is jou braai so lekker soos my braai.

Nasionale Braaidag 2016

Jy kort ‘n lekker braai vir Nasionale Braaidag

Niks sal vinniger ‘n spanner in jou braaidag-works gooi as ‘n nie ‘n braai hê nie. ‘n Boer maak ‘n plan, maar ‘n behoorlike braai wat gebou is vir spesifiek braai, is essential as jy gaan braai vir meer mense as net jouself. ‘n Stuk van jou local winkel se laaste yester trollie en so paar bakstene is dalk ok vir wanneer jy en ‘n vriend dronk is en will braai in Londen, maar dit is eenvoudig nie goed genoeg vir Braaidag nie. Bou ‘n braai, koop ‘n braai, leen ‘n braai, maak net seker dat jy gemaklik almal wat by die braai gaan wees se vleis op een slag op die kole sal kan kry.

toilet-braai-national-braai-day

Jy hoef nie ‘n tweede verband op jou huis te van vir ‘n ingeboude braai bou by jou huis nie. Van die lekkerste wat ek al gebraai het was op ‘n portable braai, in die bosvel sonder ander mense in sig. Kry vir jou hierdie braai wat double as ‘n cooler, gooi so paar biere, ‘n worsie, firelighters en ‘n paar charcoal briquettes in ‘n rugsak en gaan hike tot by ‘n afgelee stukkie grond, en braai daar. Min goed in die heelal is so cool soos ‘n braai met ‘n view waar jy niks geboue of ander mense kan sien nie.

Maak ‘n braaidag-lysie

Nou dat jy jou braai uitgesort het moet jy seker maak jy het al die ander goed wat jy gaan kort om jou Nasionale Braaidag epic te maak. Ja, ek weet jy is innoverend maar los dit vir ‘n ander braai. Dit mag dalk iets simpel wees soos lekker hout kry, of seker maak jy het firelighters, of dit is iets groot soos geen speserye hê nie. ‘n Maklike manier om al die moontlike probleme te voorkom is om ‘n lys te maak. Hier, ek sal jou help met ‘n basiese lys waarop jy net kan uitbrei:

braaidag-lysie

  • ‘n Behoorlike braaitang. Nie ‘n ding wat jy by die China-mall gekoop het nie
  • Vleis, wors of enige ander ding wat jy wil braai
  • Firelighters
  • Hout, charcoal, gas, jou ma se sitkamer bank of watookal jy verkies om mee vuur te maak
  • Speserye, marinades, suurlemoensap of watookal jy gebruik om jou vleisie smaaklike te maak
  • Enige bestandele wat jy dalk mag kort vir bykosse soos broodjies of slaai
  • Koue bier

Die is nie ‘n volledige braaidag-lysie nie. Vir twee redes: Ek weet nie wat jy like nie, en ek is nie jou ma nie. Bou vir jou ‘n braaidag-lysie en dan weet jy dat jy niks sal vergeet vir jou braai nie. Steek miskien ‘n vriend wat jy kan vertrou om goed te onthou (die ou wat zol rook is miskien nie die beste kandidaat nie) helfde van jou lys in die hand en sê vir hom om 24 September 2016 by jou huis te wees met die ietems op die lys.

Elke Braaidag moet Braaibroodjies hê

So paar snye brood, tamatie, kaas, miskien eie en bietjie chutney vir die wat avontuurlustig is. Sit jou broodjies in ‘n rooster en gooi hulle oor die kole tot hulle lekker bruin is. Dan sit jy met Braaibroodjies, verseker een van die lekkerste bykosse wat enige braai sal hê. Aartappelslaai, koffelbrood, daar is vele ander bykosse wat lekker pas by ‘n braai, maar niks van hulle kom naby ‘n Braaibroodjie nie.

nasionale-braaidag-braaibroodjies

As jy nie braai met ‘n rooster nie (Ek is werid, soms is dit braai met ‘n rooster en soms is dit sonder ‘n rooster) maak seker jy het ‘n tang wat Braaibroodjies kan hanteer wanneer hulle omgedraai moet word. ‘n Eierspaan en ‘n vurk is nie goed genoeg nie, jou amateur. Kry vir jou ‘n behoorlike stuk braaigereedskap soos hierdie tang wat perfek is vir goed soos Braaibroodjies omdraai. As jy die Braaibroodjies opdonder op Nasionale Braaidag gaan jou vriende op jou begin skree asof hulle Gordon Ramsey is en jy ‘n kak chef op een van sy shows.

Nasionale Braaidag is perfek vir iets nuut

Jy hoef nie noodwendig ‘n bosveld-hike met ‘n braai gaan doen om ‘n adventurous braai te hê nie. Die maklikste manier om bietjie avontuur in jou braai day (soos die souties dit noem) in te kry is deur iets te braai wat jy nie normaalweg sal braai nie. Nee, ek sê nie jy moet vir jou hond Timjan in die agtertuin opslag en braai nie. Ek praat meer van iets soos piesangs met sjokelade braai of miskien groente soesaties. Ons Suid-Afrikaners is baie trots op die “feit” dat ons beter weet van braai as enige ander nasionaliteit onder die son, maar as jy nog net vleis, wors en Braaibroodjies gebraai het het jy nog nie gelewe nie.

freedom-nasionale-braaidag

Ons spot altyd met die ‘Muricans omdat hulle nie regtig braai nie. By hulle is dit nie vreemd om hamburger patties op die braai te sien nie. Miskien is hierdie die eerste Braaidag waar jy pulled pork en burgers maak oor die kole. Koop goeie vleis (as jy skatryk is koop jy ‘n kilo of twee goeie steak) en vra jou slaghuis om dit fyn te maal en dan gebruik jy dit om jou patties te maak. Met hierdie pattie stuffer is dit ongelooflik maklik om jou home made patties te maak, en ons almal weet dit proe beter as dit oor kole gaar gemaak is in plaas van die stoof of oond. Pulled pork wat gekook is en dan op die kole gegooi is vir bietjie smaak is oor die wenner wat jou Nasionale Braaidag die talk of the town gaan maak. Dink net hoe pro gaan jy wees as jy hierdie meat shredder uithaal om jou pulled pork te shred en jy sit dit langs jou home made patties.

Mantality.co.za het ‘n hele paar cool braai items, so gaan kyk gerus. Indien jy vir jou iets koop kry gevaaalik.com ‘n klein persentasie van die verkoopprys, so jy help ook om gevaaalik.com aan die gang te hou. Legit! Lekker braai!

You may also like...

9 Responses

  1. BraaiBoy says:

    “piesangs met sjokelade” = adventurous & Gekookde Pulled Pork.

    Nee Stix, jy maak my hart seer! Ek dog ons was vriende 🙁

    Vra my asb. volgende jaar om jou te help met ‘n paar tips 😉

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @Braaiboy: Hey, ek is nie die een wat braai vir ‘n lewe nie dude. Jy is die een at gelukkig genoeg is om dit te doen. Hoekom wag tot volgende jaar? Wat van ons doen dit sommer so gou as moontlik? Ek is seker die Braaiboy-mense en die gevaaalik.com-mense sal love om dit te sien.

  3. BraaiBoy says:

    NOU Praat Jy! Ek voel ‘n braai/meeting is volgende week in orde?

  4. Ruan Stix Fourie says:

    @Braaiboy: Aangesien ek nou Woensdagoggend ontbyt-braai ‘n ding wil maak, sien ek jou dan!

  1. November 28, 2016

    […] van pool parties, kuier in die son en braai tot laat in die nag wanneer mens eintlik al moet slaap. Nasionale Braaidag is ook in die maand van September, en gevaaalik.com word die maand ‘n volle 6 jaar oud. Oud […]

  2. November 28, 2016

    […] van pool parties, kuier in die son en braai tot laat in die nag wanneer mens eintlik al moet slaap. Nasionale Braaidag is ook in die maand van September, en gevaaalik.com word die maand ‘n volle 6 jaar oud. Oud […]

  3. November 28, 2016

    […] slim Nasionale Braaidag tips sodat jy weer die jaar ‘n Braaidag kan hê om te […]

  4. November 28, 2016

    […] Maak seker jy is reg vir Nasionale Braaidag. Hier is so paar tips vir jou om in gedagte te hou. […]

  5. November 28, 2016

    […] die week se Vrydag Bederf en ook jou braai op braaidag […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *