Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Wat’s op my braai – vark ribeye

Onthou julle toe pork belly nog bekostigbaar was? Ek onthou toe ek baie pork belly op my braai gehad het. Deesdae het pork belly aansienlik duurder geword. Moontlik oor hoe populêr dit geword het. Nou die dag het ek vark ribeye ontdek en ek kon nie glo hoe bekostigbaar dit was nie. Ek het besluit om wat op my braai is/was te deel met julle, voordat die vark ribeye se prys ook begin klim.

Wat’s op my braai?

My braai is eenvoudig. Nie ‘n fancy ingeboude braai nie. Nie een van daardie gasbraai-stories nie. My braai het drie pote, ‘n rooster wat verstelbaar is op vier verskillende hoogtes en ‘n klein skottel om die vuur in te maak. Ek braai die laaste ruk baie by vriende en het dus lanklaas my braai gebruik. Op hierdie Saterdag so paar weke terug, besluit ek om my braai aan die gang te kry. Die eenvoudigste braai is soms die lekkerste, en ek besluit toe om te gaan met ‘n classic favourite van baie Suid-Afrikaners: ‘n Vleisie en ‘n braaibroodjie.

My braai is eenvoudig

Ek spring in die kar en maak my pad na die naaste kruideniers-winkel. Die plan is om brood, kaas en tamatie vir die braaibroodjies te kry. Ek sou weet wat ek wil braai as ek dit sien. In my kop het ek eintlik klaar besluit dat ek lus was vir ‘n stukkie steak. Ek was doodreg, want toe ek in die slaghuis staan, vang my oog die vark ribeye steaks. Ek kan nie onthou dat ek al ooit ‘n vark ribeye gesien het nie, maar ek het besluit dat ek dit wil hê vir my braai.

My braai met ‘n vark ribeye

Ek het besluit om die vol-vark-roete te gaan en kry toe ook vark rashers vir saam met my vark ribeye. Die ribeye was net net onder R45 vir twee ribeye steaks wat bitternaby aan 300g elk geweeg het. Ja, net oor ek vark eet beteken nie ek is ook ‘n vark nie so ek het gebly by die 300g outjies. Oppad uit het ek net gou gestop om ‘n suurlemoen of twee ook te kry.

Vark ribeye het 'n plek op my braai

Toe ek by die huis kom het alles vir die braai my onder R130 gekos, want ek het reeds hout en vuuraanstekers gehad. Ek het die steaks dadelik uit die vacume pack gehaal en in ‘n Tupperware bak gesit. Ek het die suurlemoen se sap uitgedruk oor die ribeye steaks en toe sout en peper ook op dit gesit. Dit was seker vir ‘n 45 minute in die yskas gewees voordat ek die steaks op die vuur gegooi het. Heeltyd terwyl ek die steaks gebraai het, het ek van die suurlemoensap wat nog in die bak was op die steaks gegooi.

Aangesien hierdie vark ribeye was, kon ek dit nie medium rare eet soos ek beesvleis eet nie. Ek het dus seker gemaak dat die ribeye drawsdeur mooi gaar was. My grootste bekommernis hier was dat die steak sal uitdroog. Maar ribeye is ‘n snit wat bekend is vir hoe marbled dit is. Marbled beteken eintlik net dat daar vet tussen die vlies is, en hierdie vet help natuurlik om te keer dat die vleis uitdroog terwyl jy dit braai.

Meer vark vir my braai

Die vark ribeye steaks het nou een van my braai se gunstelinge geword. Net soos enige ander steak kan jy kies hoe jy jou vark ribeye wil spesery. ‘n Lekker marinade of selfs net sout en peper is lekker, want vark is lekker. Die beste manier wat ek aan kan dink om ribeye te beskryf is dat dit proe soos bacon. En watse tipe monster hou nie van bacon nie? Ek stel jy voor jy probeer ‘n vark ribeye vir jou volgende braai. Moet nou nie wag vir nasionale braaidag nie.

Hoe sal jy jou vark ribeye voorberei en braai? Los ‘n comment en laat weet my.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *