Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Holi Festival of Colour is oppad Suid-Afrika toe

Holi festival is iets wat oorspronklik ontstaan het in Indië. Dit is ‘n celebration van die vryheid en kleur van jou lewe elke dag. Daar word gekleurde poeiers in die lug gegooi (en na mekaar toe) as deel van die celebration. Mense die hele wêreld deur het die festival begin vier, van Duitsland tot Amerika. En nou kom die Holi Festival of Colours Suid-Afrika toe.

Holi Festival South Africa

Kaapstad, Johannesburg en Durban gaan die jaar die eerste dele van Suid-Afrika wees wat die Holi One Colour Festival gaan vier. Duisende mense gaan bymekaar kom om ‘n goeie tyd te hê en saam jolig te wees. Seed Experiences, die company agter Rocking the Daisies, is in beheer van die Suid-Afrikaanse Holi Festivals. Die tema van die Holi Festival is “We are all one”.

Die eerste Holi Festival gebeur in Kaapstad op 2 Maart 2013, gevolg deur Johannesburg en Durban wat altwee nog datums moet kry.

As jy in Kaapstad is kan jy solank jou kaartjies vir die Holi One Colour Festival koop deur Webtickets. Dit gaan R190 wees vir general admission en R290 vir general admission met 5 gekleurde poeiers. Moet nie bekommer nie, jy sal nog poeier kan kry by die festival self.

Vir meer info kan jy gerus na die Holi One Festival website gaan kyk. Of jy kan na die Facebook pages gaan vir die Kaapstad, Johannesburg of Durban festivals. Jy kan ook hulle Twitter page volg.

Indien jy nie lekker verstaan hoe die ding sal werk nie, kyk gerus na die video hier onder om ‘n beter idee te kry van waaroor die Holi Festivals of Colour gaan. Ek gaan verseker gaan!

You may also like...

2 Responses

  1. January 21, 2013

    […] week het ons die nuus dat die Holi Festivals Suid-Afrika toe kom met julle gedeel. As jy dit gemis het, ek verduidelik alles oor die festivals daar ook. Die […]

  2. August 22, 2013

    […] Maart het ek een van die coolste festivals wat ek al by was bygewoon, die We Are One Festival. Dit was 'n awesome dag en nou is die festival terug en die keer groter. Ja, Kaapstad en […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *