Lamb of God – VII: Sturm Und Drang Review
As daar een ding is wat ons almal soek van ‘n Lamb of God album is dit running riffs. Lamb of God se running riffs is right up there saam met die greats: Slayer, Testament and dare I say Metallica.
VII: Sturm Und Drang is Lamb of God se nuutste studio album en soos elke Lamb of God album voor VII: Sturm Und Drang is daar baie running riffs. Daar is ook baie van Chirs Adler se ongelooflike drumming en Randy Blythe se intense growling vocals. Maar daar is ook iets nuut, ‘n nuwe klank aan Lamb of God.
Die album begin baie sterk met een van die songs wat ons reeds ken, “Still Echoes“. Volgende op die lys van die 10 track metal album is “Erase This” wat baie voel soos ‘n Resolution leftover. Niks fout met Resolution-era Lamb of God nie. Maar wanneer song nommer vier begin speel, dan is dit wanneer ons vir die eerste keer besef dat hierdie nie meer die Lamb of God is waaraan ons gewoond is nie.
“Embers” is verseker een van my gunsteling songs van die nuwe Lamb of God offering. Dit is ook die song waarop Chino Moreno van Deftones ‘n guest vocal appearance maak. Dit is ongelooflik hoe goed Moreno se vocal style en Randy Blythe se vocal style saam werk. Dit werk so goed dat ek tot ‘n mate wens dat Chino Moreno ook ‘n groove metal band wil begin.
Die volgende groot verrassing (as jy nie die sporadiese release van nuwe songs gevolg het nie) is “Overlord”. Vir die eerste keer hoor ons Lamb of God met so effens van ‘n hard rock sound, en Randy Blythe wat clean vocals doen. Dit het my eers baie paniekerig gemaak. Ek verkies my Lamb of God hard, harder as hard rock. Gelukkig stel nie eers “Overlord” mens teleur nie, want by omtrent die 03:20 merk van die song skop dinge weer af op ‘n harde manier. Dit is net hier wat ek besef het dat Lamb of God wel nie meer die band van As the Palaces Burn is nie, maar dat hulle tog altyd daardie harde groove metal element sal hê.
Randy Blythe se tyd in die Czech tronk ‘n groot impak gehad het op hom en die res van die band. Nie eers om te begin praat van die impak wat die dood van ‘n fan by een van hulle shows gehad het nie. Randy Blythe se lirieke is nog altyd van ‘n baie hoë standaard gewees, glad nie jou normale metal lirieke nie. Hy kan woorde gebruik om ongelooflike prentjies te verf, en prentjies van die tronk is ooral in VII: Sturm Und Drang.
Resolution was verseker nie Lamb of God se beste werk nie, en dit het die gevoel gehad van ‘n band wat net ‘n album maak omdat hulle onder kontrak is om ‘n album te maak. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek hou van Resolution. Ek hou net meer van VII: Sturm Und Drang. Die energie van die nuwe album herhinder my baie aan Sacrament, maar tog voel dit ook of Lamb of God nou meer in beheer is van hulle klank as ooit van te vore.
As dit guitar heavy grooves is wat jy lief van Lamb of God, dan sal die nuwe album nie teleurstel nie. Tog is die skoon vocals en amper ballad like feel van “Overlord” ook welkom en voel glad nie uit plek uit tussen die normale draai en skraap klanke van Lamb of God nie.
Daar is meer as genoeg goeie groove metal songs en running guitar riffs op Sturm Und Drang om enige Lamb of God fan gelukkig te hou. Van die begin tot in die songs nader aan die einde van die album is daar meer as genoeg foot-stomping oomblikke. Soos altyd word daar geraak aan politiese, kulturele en sosiale onderwerpe reg deur die album. Soos van te vore gesê, Randy Blythe se tyd in die tronk speel wel ‘n rol, maar dit is nie oordonderend nie.
Goeie werk Lamb of God! VII: Sturm Und Drang kry ‘n solid 4 uit vyf g’s op die g-scale.
1 Response
[…] na hierdie sal ek ophou praat oor Lamb of God se nuwe album. Jy kan my review van VII: Sturm Und Drang hier lees. “Delusion Pandemic” is een van die song van die nuwe album af en daar is ‘n […]