Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

“Kamera-sku” Bobby se gereelde kuiers by Huisgenoot

So oud soos die berge en so kommin soos blouseep

Amerikaanse en Britse tabloids betaal fokken baie geld vir eksklusiewe foto’s van celebrities. Nou praat ek nie eens van die fokken siek foto’s van sekere celebrities se private parts nie, ek praat van dié waarvoor hulle actually toestemming gee. Deur middel van Getty Images het Angelina Jolie en Brad Pitt byvoorbeeld ‘n allemintige $7.6 miljoen gemaak – en dit bloot deur hulle pasgebore kind Shiloh te laat afneem.

Dat celebrities hulself so verkoop is seker hulle goeie reg. Mens kan natuurlik selfs sê dat hulle slim is om soveel geld te maak uit fokken dom mense wat tydskrifte en koerante koop spesiaal om foto’s van celebrities te sien.

In Suid-Afrika gebeur soortgelyke goed, maar op ‘n baie kleiner skaal. So is dit die geld werd? Wel, die grootste tydskrif hier (in terme van die hoeveelheid pitte wat hulle jaarliks maak en die aantal kommin aanhangers wat hulle het) is sonder enige twyfel ons ou vriend Huisgenoot. Hulle het byvoorbeeld vir Robbie Klay R10 000 betaal vir die storie waarin hy aangevoer het dat Jurie Els hom gevat-vat het.

‘n Ander sanger van kommin Afrikaanse popmusiek wat al ‘n draai gemaak het op Huisgenoot se voorblad is Bobby Dis-‘n-Tottie van Jaarsveld. Maar nie net een keer nie. Hier is ‘n quick gevaaalike breakdown van Bobby se liefdesverhouding met Suid-Afrika se gunsteling gemorstydskrif, wat vir Bobby graag “kamera-sku” noem. Ek moet julle egter waarsku, dit is Huisgenoot, so mens moet bietjie fyner lees as met ander tydskrifte.

Dubbeldoor van Jaarsveld: Bobby so trots op sy sus Karlien

Wat Huisgenoot wil hê ons moet dink: Ag sweet! Dis net te dierbaar. Twee lieflingsangers kom gesels met Huisgenoot oor hoe die een trots is op die ander. Ek moet dit hê nou. Ek sal nie nog ‘n paar Crocs koop nie, want ek moet dadelik by die huis kom om hierdie artikel te lees.

Wat ons wel dink: Twee Afrikaanse popsangers wat tos musiek sing verskyn op Huisgenoot se website omdat die een se CD’s verkoop (Bobby) en die ander s’n nie (Karlien) en Bobby vir Karlien wil help om meer geld te maak. Fok dit, ek martel eerder klein katjies.

 

Kamera-sku sanger word silwerdoekster: Sexy Bobby nou almal se liefling

Wat Huisgenoot wil hê ons moet dink: Hoekom tingle my private parts so? Oeg, hy’s so sexy! En WAT?! Hy gaan in ‘n fliek wees?! Koop nou, koop nou!

Wat ons wel dink: As Bobby kamera-sku was, sou hy nie op die grootste tydskrif in die land verskyn nie. Veral nie vir ‘n fokken tweede keer nie. Hy is obviously net daar om sy nuwe shit movie (wat werklik fokken kak was) te bemark. Ek slaan eerder my duim mors-af in ‘n till by die King Pie.

 

 

 

Fliekhelde en amper bruidegomme: Kurt, Bobby: Die lieflinge van Liefling

Wat Huisgenoot wil hê ons moet dink: Waaaaaaaaaaaahhhhhhhhh! Kurt en Bobby! “Kaptein, span die seile!” Ek hoop Bobby flex sy muscles voor Kurt se pens! I touch myself. Woooooohooooooo!

Wat ons wel dink: I knew it! Secret lovers revealed! Fok hierdie kamera-sku-kak. Hy is g’n niks fokken kamera-sku nie. Dis dan al die derde keer wat hy op Huisgenoot verskyn. En hy kon darem ‘n ander fokken hemp aantrek, liewe fok. Iemand, trek asseblief eerder my naels met ‘n tweezer uit.

 

 

Eksklusief: Bobby en Annatjie se troue op die strand: Ons troue so uit die Bybel

Wat Huisgenoot wil hê ons moet dink: Ag dis so beautiful en so spesiaal. Ek wou nog altyd op die strand trou. Kaalvoet. Soos in die Bybel. Wow, oe, hoe romanties.

Wat ons wel dink: Niks wat in Huisgenoot verskyn kan as “eksklusief” beskryf word nie. Duh. O and who gives a flying fuck? OK, skrap daardie idee – die land is vol kommin mense, so someone cares. En wat die fok? Waar in die Bybel het iemand op die strand getrou in ‘n wit rok en pak, met ‘n bos blomme in die hand? I fail to see the link. En al fokken weer Bobby met daardie fokken hemp! Ek dog sy CD’s verkoop goed.

Liefling-sanger en sy Annatjie oor drome vir hul kleinman: Bobby wys sy Sion

Wat Huisgenoot wil hê ons moet dink: Woooooohoooooo! Topless Bobby! O, maar hy hou darem sy bors toe met ‘n baba. Sjoe, maar hy is kamera-sku!

Wat ons wel dink: Ag nee my fok, liewe fok, nee, asseblief nie! Ek hoop nie “Sion” is ‘n fokken metaphor vir iets anders nie – dit is immers Huisgenoot hierdie… O, wag, nee, dis net ‘n celebrity se kind wat afgeneem word en versprei word sodat miljoene mense dit kan sien. En doen daarmee wat hulle wil. Selfs al is hulle creepy ouens wat graag Ronald McDonald-pakke aantrek. Same old, same old.

Volgens gevaaalik.com se berekeninge (wat maar fokken dodgy is), het die kamera-sku Bobby ten minste R50 000 uit Huisgenoot gemaak met hierdie vyf verskynings. Dis nou as hulle hom ook R10 000 per keer betaal het, soos wat hulle vir Robbie Klay betaal het. Hieroor kan ons natuurlik net spekuleer. Robbie  het dan ook net daardie sappige storie gehad. Bobby het troufoto’s en ook foto’s van sy kind gehad – wat dalk nog ‘n laag versiersuiker op die komminkoek was.

O, en kyk hierdie juweel van Bobby se Facebook fanpage af waarin hy verduidelik waarom hulle vir Huisgenoot toegelaat het om die kind af te neem:

Hey julle! Die ding is…..ja ons het gese ons gaan Sion privaat hou en ons gaan dit probeer doen. Maar vrydag kom die nuwe Huisgenoot uit met fotos van Sion. Want ek probeer hom privaat hou maar ai , ons kind is so mooi en ek is sooooo trots,ek wil net klein bietjie vir julle wys. Daar is soveel mense wat my al jare ondersteun en dis vir hulle wat ek ons klein skat WIL wys. En NEE daar is letterlik nie i sent betrokke nie. Hoop julle geniet die fotos van Sion in die volgende Huisgenoot!!!!

Uhm, ja, ek is seker julle wou vir Sion privaat hou, Bobby. Jy sê “ons het gese ons gaan Sion privaat hou en ons gaan dit probeer doen,” en dan skryf jy “Maar vrydag kom die nuwe Huisgenoot uit met fotos van Sion”. Dit is wat ek sou beskryf as ‘n massiewe fokken fail, bra.

“En NEE daar is letterlik nie i sent betrokke nie.”

Sure.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *