Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Innibos…Vriend sowel as Vyand!

Die naweek is verby en dis tyd vir my om die post-innibos artiekel te doen. Ek wens net hierdie lastige hang-over kan verdwyn. Wel soos enige fees is daar belaglike hoeveelhede drank gedrink en die manne het behoorlik gewys waarvan hulle gemaak is. Tog sit ek met ‘n gemengde gevoel  oor die fees en om eerlikwaar vir julle te sê is ek nie oortuig nie. Die fees het sy voordele sowel as nadele gehad so laat ek die oggend positief begin en jou vertel van die voordele. (Fok ek haat dit om voor te gee)

Die MK stage is die plek waar jy wou wees aangesien hulle die enigste stage is wat ordentlike bands gehuisves het. Die klank was besonders goed en die optredes nog beter. Dit is vanselfsprekend dat Van Coke Kartel weer ‘n mal live show gegooi het en hulle het die Laeveld behoorlik aan die brand gesing. Die drank pryse was heel billik en die atmosfeer was gepas. Die noodhulp spanne het ook hul staal gewys nadat ‘n bra sy arm in die armdruk kompetisie af gesnap het. Brannewyn doen snaakse dinge aan ‘n mens se testosteroon vlakke, maar dit weet ons almal al lankal. Fokkit, ek sukkel om aan nog positiewes te dink, as jy hou van oumens stalletjies en Juanita du Plessis sou jy gedink het jys in die hemel. Ek het met tye gedink dat ek besig was om kersfees te vier in Orania.

Die gevaaalike crew se kuiers was moerse lekker, ons het omtrent elke aand deur gekuier en dit was ‘n permanente gelag (my arme bure het lelik deur geloop). Oom Pepi het sy hele fokken jeanpant geskeer, gelukkig het dit hom nie gekeer om aantehou teels smelt nie. Die rappie was teleurstellend maar wat kan ‘n man nou maak? Bra Cooper het poes goed gespeel en as hy so gaan speel in die world cup gaan hy groot skade maak. All en all ‘n lekker naweek maar laat ons nou meer fokus op die fees se nadele.

Julle almal ken die “arrogante-khaki-ek drink brannewyn en kyk rappie vir ‘n lewe-camohoed-ek sal jou poes” platteland houding? Wel, die fees was propfokkenvol van daai kommin houding. Ek dink hulle het dit verniet by die hek uitgedeel. Dis asof almal se glasse vol van dit was. Die hoof-verhoog se klank was ook besonders goed maar die kunstenaars horing kak. Elke keer wat ek daar verby geloop het, het dit gevoel of ek  ‘n hap nat popcorn vat.  Die sekuriteit was weer net hulself gewees en het ‘n arme bra wat blykbaar te hard gemosh het met die Fokkofpolisiekar show getazer. Hoe die fok kan ‘n mens te hard mosh? Die voordeel daarvan is dat die bra nou die nuwe dans champ van Innibos 2011 is. Die biertente het al 23h00 gesluit en daarna is jy sommer stiptelik weggejaag, of jy nog ‘n vol glas het of nie. Mens het gevoel of die sekeriteit jou meer bedreig as wat hulle jou oppas.

Die MK stage was in die middel van ‘n stofarena opgeslaan en ek het kort kort daai gevoel binne my gekry dat ek agter ‘n bakkie op ‘n grondpad aangesleep word. Gelukkig is ek iemand wat glad nie sinus kry nie en dit het my ook glad nie gepla nie aangesien ek die smaak van grond verskriklik baie waardeer (altwee daardie stellings is met kak baie sarkasme geskryf). Nie eers fokken Koppie het so baie stof nie.

Nou ja, na die naweek sit ek met’ n leë beursie en’ n moerse hoofpyn. Die memories is gemaak en ek het reeds besluit dat dit die tipe fees is waarna jy net eenkeer kan gaan. Dis definitief nie my scene nie. Daar word baie gesê dat 95% van alle Afrikaners fokken kommin is, Innibos is immers die grootste fees in SA, so ons lieflike volk het daai stelling pragtig gestaaf. Ek gaan nie eers die moeite doen om ‘n foto of iets te post nie. Ons het wel kak snaakse videos van ravers/zeffers/idiots geneem wat ons deur die week op die site sal sit.

Posduif

You may also like...

1 Response

  1. December 28, 2015

    […] later tree hulle by Innibos Musiekfees op en daardie selfde Afrikaner-ouers sing uit hartelus saam met die lirieke van Zoid en van Coke se […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *