Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Darren Scott bedank oor k-woord

Darren Scott het bedank as DJ by Jacaranda 94.2 en as aanbieder by SuperSport na hy ‘n medewerker van Kakaranda 94.2 herhaaldelik geslinger het met die k-woord. Na wat verneem word skuld Africa Tshoaedi vir Darren nou al vir ‘n ruk lank ‘n klomp geld. Waarvoor Tshoaedi die geld geleen het weet ons nie. Die k-bomme het blykbaar begin drop na ‘n paar doppe by ‘n bar by Mabula Lodge, waar Jacaranda 94.2 hulle jaarlikse spanbou-oefeninge doen. Iets sê vir my die spanboustorie het nie uitgedraai soos Jacaranda se base wou gehad het dit moet nie.

Scott sou tydens die Rugbywêreldbekertoernooi (RWB) op SuperSport verskyn vir pregame en tussen-game kommentaar. Peter Davies en Neil Andrews sal nou maar Darren se skoene moet volstaan aangesien Darren bedank het.

Na die spanbou aktiwiteite by Mabula Lodge het Darren en ander mense blykbaar by ‘n bar gestaan, so paar doppe gedrink en gesels. Toe Tshoaedi by die groep wou aansluit, het Darren vir hom gesê dat mense wat ander mense geld skuld nie welkom is by die gesprek nie. Tshoaedi het geloop, maar na ‘n klein wyle teruggekom. Darren het die move toe as ‘n klap in die gesig gesien en toe begin die verbale fight. Darren het klomp kragwoorde gebruik en toe die k-bom gedrop.

Gister is daar in die nuus gesê dat Darren (wat heel week blykbaar nie op sy oggend show, Just Plain Breakfast op Jacaranda 94.2, te hore was nie) nie geskors is van Jacaranda oor die k-woord nie, maar dat die voorval ondersoek word. Blykbaar was Darren net besig om voor te berei vir sy pos op SuperSport met die komende RWB. Hy het toe gister sake in eie hande geneem en Beeld gebel om vir hulle te vertel dat hy bedank het by Jacaranda en SuperSport.

Ek gee nie veel om oor Darren weg is by Kakaranda 94.2 nie, want ek luister nie na Kakaranda nie, maar ek gaan hom mis by SuperSport. Sterkte Darren, dis al wat ek kan sê want jy het sopas dinge in Suid-Afrika (waar die rassismekaart baie gespeel word) vir jouself baie moeilik gemaak.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *