Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Gevaaalike Nuusoorsig – 2015 Uitgawe

2015 was ‘n jaar vol aksie. Daar was belangrike dinge wat gebeur het, wat meestal gemis is, omdat die populasie van Suid-Afrika kies om blissfully ignorant te bly terwyl die wêreld  om ons brand. Ons is op die drumpel van ‘n wêreldoorlog, die wêreldekonomie is in die kak, Suid-Afrika hang met een vinger bo ‘n pit van revolusie en hierdie is die nuus wat hoofopskrifte gemaak het in 2015.

Gevaaalike Nuusoorsig 2015

*Geen gevaaalik.com nuusoorsigte moet ernstig opgeneem word nie. Ons maak grappies en spot daarmee vir jou vermaak. Baie soos ons podcast, net in text.

#RhodesMustFall

Of ‘n standbeeld van ‘n dooie gay dude wat nooit uit die kas uit gekom het nie enigsins ons lewens in 2015 affekteer of nie, was irrelevant in 2015. #RhodesMustFall het veroorsaak dat kak van die letterlike en nie letterlike vorms heen en weer geslinger word regoor die Universiteit van Kaapstad.

#RhodesMustFall

Die standbeeld van Cecil John Rhodes het oor ‘n paar weke gedurende 2015 so paar nuwe paint jobs gekry. Onderandere ‘n letterlike kak-paint job, waar kak op die beeld gegooi is. Die beeld van Cecil het die mascot geword vir onderdrukking van die meerderheid in Suid-Afrika. Al was dit net ‘n klein minderheid van die meerderheid gewees wat werklik ‘n fok omgegee het oor Cecil John Rhodes en sy effigy vol duif-stront.

Na weke van klasse onderbreuk en sinnelose protes het die Universiteit van Kaapstad uiteindelik ingegee. Hulle het die standbeeld laat verwyder en besluit om eerder te maak asof Celic John Rhodes niks goed gedoen het vir Suid-Afrika is sy kort gay-old-jolly-time in die land meer as 100 jaar terug.

Drie maande later is al verskil wat die protes en vandalisme gehad het dat daar nie meer ‘n standbeeld staan waar Rhodes se beeld eens was nie. O, en daar het ‘n hashtag getrend. Twee drastiese verandering vir die wat gebore is jare na Rhodes enige persoon kon onderdruk, en van ek lees het hy meestal ander mans se koppe probeer onderdruk in die rigting van sy penis.

Fracois Van Coke en Karen Zoid neem Afrikaans-pop oor

Twee van Suid-Afrika se mees gevierde alternatiewe musiek-kunstenaars het saam gespan om Afrikaans-pop op sy kop te draai. Francois van Coke was eens bekend as die ou van die band wat sê: “Fok God”. Karen Zoid het die Afrikaner lied “Afrikaners is plesierig” ‘n rock flavour gegee en haar short en curleys gewys op stage. Om te sê dat hulle Afrikaner-ouers se grootste nagmerie was is ‘n understatement.

Francois van Coke en Karen Zoid

Jare later tree hulle by Innibos Musiekfees op en daardie selfde Afrikaner-ouers sing uit hartelus saam met die lirieke van Zoid en van Coke se “Toe Vind Ek Jou“. Die lied het die luggolwe oorgeneem en was oor en oor gespeel op elke radio stasie van Kakkeranda tot by 5FM. Elke Kyk-net kanaal kan nie genoeg kry van “Toe Vind Ek Jou” nie, op iTunes behaald die lied platinum status en op YouTube het die video meer as 1 miljoen views.

‘n Paar mense in die industrie (wat verder as hul neus kan dink) skryf dit af aan Zoid en van Coke wat vir eens en vir altyd bewys het hoe maklik dit is om Afrikaans-pop musiek treffers te skryf. Ander reken dit is alles vir die geld, want Afrikaans-rock maak jou nie ryk nie. Afrikaner-ouers is oortuig dat hulle nie net opgevreet het wat aan skapies soos hulle verkoop is nie, en troos hul hartjies dat Zoid en van Coke groot geword het.

Net miskien is die nuwe generasie Afrikaner nou besig om groot te word en die ouer “stokke in hul holle” Afrikaner is besig om uit te sterf. Al wat ek weet is dat “Toe Vind Ek Jou” vir die volgende 25 jaar die lied gaan wees wat speel vir die eerste dans by elke kommin paartjie se troue.

Suid-Afrika se nasionale spanne duik in die hek by 2015 wêreldbekers

Die Proteas en die Springbokke het albei in 2015 gesit en kyk hoe ander lande die beker lig. Oor die krieket word daar “slim” goed deur dom mense gesê: “Van nou af gaan dit alles gaan oor wie kan die vinnigste paaltjies vat in die wêreldbeker.”

Heyneke Meyer Springbok Coach

Die rugby word eers summier op Heyneke Meyer se afrig-vermoë blameer, want ons almal weet mos die beste spelers en afrigters in ons land sit op die bank en staar oor ‘n boeppens na die TV. Ander verskonings volg, almal ewe pateties.

Nooit in 1000 jaar sal ‘n rugby of krieket ondersteuner erken dat die Proteas en Springbokke eenvoudig net nie die beste span was op die dag nie. Nee, daar is ‘n groter kans dat Jacob Zuma ‘n sin sal kan lees van ‘n stuk papier af. Snaaks genoeg is albei die Springbokke en die Proteas se kans tot die beker lig ontneem deur Nieu-Seeland.

Cecil die leeu

Party van ons het een keer te veel The Lion King gekyk. Nou het ons blykbaar die indruk dat alles leeus vriende is met vlakvarke en meerkatte. Ons dink hulle is cudly en cute, en hulle is net groot katte. Daarom toe ‘n tandarts vir Cecil die leeu geskiet het, het die mensdom ontplof, maar veral single feministe het die nuus hard gevat. Dit was so erg vir baie dat hulle nie net getweet het daaroor nie, maar selfs gedreig het om die tandarts te vermoor.

Cecil die leeu

Sien, mense dink huiskatte is troetel diere by keuse. Die waarheid is dat as jou kat groter as jy was, sou hy jou ook vermoor het. Dit is wat katte doen, of dit nou Wiskers is wat jy al ken sedert jy 12 was, en of dit Cecil die leeu is, katte vermoor goed met hul gesigte. Dit is waaroor hul bestaan gaan. Alles wat kleiner as hulle is en kan beweeg, moet vrek.

Ja, Cecil is gelok na ‘n plek toe waar hy geskiet kan word, maar dit beteken steeds nie dat Cecil iets anders as ‘n leeu geword het nie. Hy sou jou steeds vermoor het die eerste kans wat hy gekry het. Of jy nou in a area was wat jy reken jy is beskerm of nie, maak nie saak vir ‘n leeu nie. Vegans en social justice warriors het almal hulle duime in spasmas in getweet, en die tandarts het besluit om sy besigheid vir so paar weke toe te maak. Geluk keyboard-police, julle het weereens tyd gemors terwyl daar belankriker dinge is om oor te worry.

The Dress

Die groot vraag is of jy moet omgee oor die kleur van ‘n rok as jy hom nie self gaan dra nie? Veral as jy ‘n man is wat nie rokke dra nie, hoekom gee jy om watse kleur die rok is? Meestal omdat jou lewe ‘n nuwe laagtepunt van verveeldheid bereik het. FYI: Ons het niks teen mans wat rokke wil dra nie.

The Dress

In Februarie 2015 het ‘n foto van ‘n rok viral gegaan, want party mense het die rok gesien as wit en goud in kleur en ander as swart en blou. ‘n Baie klein persentasie van ons het dadelik besef dat sommige mense sien goed net anders as ander, van ons is selfs kleurblind. Party mense is alergies vir grodboontjies ook, ens. you get the point. Vir ander was dit ‘n heen en weer geredekabel, meestal oor hul niks beter het om te doen met hul tyd nie.

#FeesMustFall en toe #ZumaMustFall

Unlike #RhodesMustFall het #FeesMustFall eintlik ‘n goeie doelwit gehad. Teen die tyd behoort jy al te weet dat geen politikus vertrou kan word nie, veral nie in Afrika nie. Ons regering steel so baie uit ons eie sakke dat daar al hoe minder geld is vir die belangrikste ding wat ons land kort: Onderrig en behoorlike opvoeding.

Fees Must Fall

Dus wou universiteite regoor Suid-Afrika die jaar hul pryse opstoot, met ‘n belaglike hoeveelheid. Vir een keer het die studente saam gestaan vir iets wat saak maak en gesê: “Nee”. Vir ‘n paar weke het die Suid-Afrikaanse nuus gelyk of ons terug in die dae is van anti-apartheid optogte, soos studente deelgeneem het aan die #FeesMustFall optogte.

Afrikaners en ander idiote met oogklappies op het onmiddelik begin blêr soos die skapies wat hul is: “Ek moes waiter terwyl ek ‘n student was om te betaal vir my studies.” het baie gelieg, aangesien mamma en pappa eenvoudig betaal het vir hul studies. In ‘n land waar die onopgevoede massas aanhou stem vir die ANC sou mens dink dat dit sin maak om stemmers op te voed sodat hulle hul stem beter kan gebruik.

Soos dit altyd gaan met mense wat so dom is soos skape, het dit ‘n ras saak geword. Al sou die kostes van studeer opgegaan het vir elke ras student in die land. Ongelukkig was daar geweld en vandalisme, waarmee niemand saamstem nie. Tog moet ons wonder of dit nie nodig was nie? Nodig miskien sodat ons saam ons woede kan rig op wie dit verdien: Jacob Zuma en sy ANC-ape.

Zuma Must Fall

#FeesMustFall het veroorsaak dat kostes toe nie soveel geklim het soos beplan nie. Dit het ook gehelp dat ons almal sien dat die korrupsie in ons regering ‘n probleem is vir elke velkleur in die land, nie net wit of swart nie. Die eerste generasie van “free-borns” het hul stem dik gemaak, en verandering het gekom. ‘n Maand of twee later het ons onnosel president ons land nog biljoene gekos deur ons Minister van finansies te fire, en so ontstaan #ZumaMustFall. Die eerste #ZumaMustFall proteste gebeur regoor Suid-Afrika op 16 Desember 2015.

Kom ons hoop dat hierdie die eerste tree is in ‘n rigting waar ons saam kan staan om ons land te verander, regardless van ons ras of kreet. Ons moet die korrupte poeste kan stop sit en ‘n beter toekoms vir ons almal kan voortbring. Soos ons 2016 ingaan staan ons op die drumpel van ‘n revolusie. Die nuwe generasie begin lewe, terwyl die ou generasie besig is om uit te sterf. Good riddance to bad rubbish.

Derrick Hougard en Karlien van Jaarsveld Skei

As jy ooit ‘n teken gesoek het dat Afrikaners onnosel geword het, is die feit dat Derick en Karlien wat geskei het hoofopskrifte maak deur die gode gestuur. In plaas daarvan dat niemand ‘n fok omgee nie, het die skapie-Afrikaners aan elke woord, Tweet en koerantberig gehang asof hul lewens daarvan afhang.

Karlien het die kans gevat om soveel geld as moontlik te maak uit die storie en praat gerus met enige media wat in haar rigting kyk. Dit is wat gebeur as jou musiek so tos is: jy moet geld maak deur jouself en jou kinders uit te hoer aan koerante.

“Jis, maar Karlien is so mooi. Sy verdien beter as Derick.” Nee, sy is nie mooi nie. En maak nie saak hoe mooi sy dalk mag wees nie, ek sal geld daarop sit dat sy ongelooflik irreterend is.

You may also like...

5 Responses

  1. RoKa says:

    Onthou spellcheck. Maar jy is vergewe want drank en dagga

  2. Ruan Stix Fourie says:

    @RoKa: My spellcheck is op vakansie. En jy is ook vergewe, want internet comments.

  3. Cousin Kyuss says:

    Ja nee vok dude, stuur vir my ek sal proeflees in toekoms. Maar ek verstaan. Vakansie ens, kon net nie uitfigure is dit cecil, celcik of celik?

    Happy Jesus` birthday, you fucker. And a merry fucking new year.

  4. Ruan Stix Fourie says:

    @Cousin Kyuss: Fok is met ‘n F. Hahaha. Ek was haastig met die ding, einde van die jaar loom en al. Ja, daar is verseker spelfoute, want ek het hom 1 keer deur gelees na dit klaar geskryf is. It fucking happens. Sodra ek ‘n gap het sal hy behoorlik ge-edit word. Dit is seker die “professional” ding om te doen.

  1. December 28, 2015

    […] Alles wat hoofopskrifte gemaak het in 2015, gevaaalik.com style. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *