Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Grand Theft Auto V nuwe screen-shots verskyn

Soos die jaar verder aan beweeg, kom die release van Grand Theft Auto V al hoe nader. Die naweek het ‘n paar screen-shots van GTA V verskyn op die internet. En aangesien jy so verveeld is by die werk, kan jy so paar minute brand deur na die images te kyk.

Wat sê die images vir ons? Nie veel nie. Die graphics lyk ongelooflik, maar ons sal maar moet sien of die game actually ook so gaan lyk. Dit lyk ook asof daar nog groter missions gaan wees in GTA V, groot ontploffings, car (bike, quad en helicopter) chases, inbrake en nog baie ander aksie. Dit wil voorkom of GTA V soos ‘n aksie fliek gaan wees, waarin jy die beheer het. As ek moet gaan met wat ek hier sien dink ek dat Rockstar hulself weer na die next level gevat het met Grand Theft Auto V, dit maak dit effens makliker om die hoë prys te sluk.

GTA V gaan beskikbaar wees op Playstation 3 en Xbox 360 en jy kan jou order nou plaas deur daardie links te volg na die platform version van jou keuse. Click op die images hier onder en hulle sal groter word. Vir die beste gaming nuus vanaf ‘n Suid-Afrikaanse site loer gerus na lazygamer.net.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *