Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Red Dead Redemption 2 Trailer

As daar ooit ‘n rede was om vir jou ‘n Xbox One (of PS4 as dit jou ding is) te kry, sal dit Red Dead Redemption 2 wees. Vroër die week het Rockstar Games die nuus uitgelaat dat ons Red Dead Redemption 2 gaan kry beskikbaar wees vanaf Fall 2017. Dit is nou September/Oktober se kant vir ons hier in Suid-Afrika!

red-dead-redemption-2

Ons hoef nie lank te gewag het vir Rockstar om ons bekke nog meer te laat water nie en so paar minute gelede is die eerste trailer vir Red Dead Redemption 2 op YouTube gewees. Dit lyk of die scenery nog meer asemrowend gaan wees, die landskap nog groter en soos altyd gaan die storie groot en deels Red Dead Redemption 2 maak, soos met alle Rockstar games.

Ek het net onlangs weer die oorspronklike Red Dead Redemption deur gespeel omdat dit backwards compatible geword het op Xbox One, en nou gaan ek die dae omwens tot Oktober volgende jaar. Natuurlik gaan daar nou ook ‘n nuwe multiplayer aspek wees vir RDR 2, en as jy enige iets van Rockstar weet, dan kan jy maar weet dat hulle alles gaan vat wat hulle geleer het van GTA Online en dit sal gebruik om RDR 2 se multiplayer nog beter te maak.

Hier is die eerste trailer vir Red Dead Redemption 2. Is jy so opgewonde soos ek? Laat weet my in die comments. Ek gaan solank my geldjies begin spaar, aaangesien dit die enigste voordeel is van ‘n jaar lank moet wag.

You may also like...

1 Response

  1. May 31, 2017

    […] spaar al vir maande vir Red Dead Redemption 2, want ek sal dit koop op die dag van […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *