Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Die gevaaalike nuusoorsig

Hiermee ‘n oorsig van onlangse nuusgebeure om jou tiete lam te maak.

Zille en Ramphele bereik first base; dis al

Zille-Ramphele-soenIn ‘n desperate poging om nie desperaat te lyk kort voor die 2014 verkiesings nie het die DA onlangs aangekondig dat dr. Mamphela Ramphele hulle presidentskandidaat gaan wees. Die aankondiging is met moerse fanfare gemaak en verseël met ‘n goeie dosis hot senior-burger-op-senior-burger-aksie (sien foto links). Ramphele, wat verlede jaar haar eie politieke party, Agang geregistreer het vir die komende verkiesings, kon nie haar vreugde beteuel toe sy sien dat die media uiteindelik weer aandag skenk aan haar nie. Enkele dae later het sy egter buyer’s regret gekry en die DA (wat intussen DAgang gedoop is deur die besope portmanteau-loving Suid-Afrikaanse nuusaasvoëls) laat weet dat sy nie bereid is om verder te gaan as first base nie en die verlowing verbreek. Dit was very much ‘n geval van “Skryf dit op julle magies en vee dit met ‘n kom-tissue af”. Helen Zille het toe die volgende paar dae haar werk as premier van die Wes-Kaap opsy geskuif en brandbestryder-brandbestryder gespeel uit vrees dat hierdie komplikasie moontlik die VF+ met die komende verkiesings van algehele ineenstorting mag red.

 

Bieber op rand van afgrond – wêreld juig

Justin/Miley MugshotBekende mans impersonator en Ellen Page lookalike Justin Bieber het besluit hy is lank nog nie uit die kak nadat polisie sy huis deursoek het nie. Bieber is bekend vir sy edgy manewales, soos dat hy in mop-emmers pis en vir Bill Clinton vloek terwyl sy vriende dit op video vaslê en vir hom vertel hoe hardcore hy is. Nog nie tevrede met die feit dat ‘n video van sy pisplesiere die celebrity-hoere van TMZ.com spontane orgasmes gegee het nie, het Bieber sy hardcore lewenstyl verder bevorder deur in Miami se Ocean Drive af te drag. Bieber en sy een drag-vriend is daarna in hegtenis geneem.

Bieber in drag

Bieber aan ‘t drag

In sy mugshot, waarvoor die oversexed eekhoring geglimlag het asof hy nie ‘n fuckwit douchebag is nie, kan mens uiteindelik sien hoe Bieber sonder grimering lyk (sien foto links-bo). ‘n Paar duisend bekommerde Amerikaners het toe ‘n petisie aan die gang gekry wat vra dat Bieber uit die VS gedeporteer moet word. Die petisie, wat op ‘n webblad van die VS-regering gemaak is, stel dit as volg:

We the people of the United States feel that we are being wrongly represented in the world of pop culture. We would like to see the dangerous, reckless, destructive, and drug abusing, Justin Bieber deported and his green card revoked. He is not only threatening the safety of our people but he is also a terrible influence on our nations youth. We the people would like to remove Justin Bieber from our society.

Teen druktyd het net meer as 248 000 mense al die petisie onderteken – meer handtekeninge as wat petisies teen die VS se drone strikes kon kry. Omdat die drumpel van 200 000 bereik is, beteken dit nou dat die Obama-administrasie op die petisie moet reageer. Step up, Prez Obama, step up.

Hierna is Kanada se swakste uitvoerproduk sedert Nickelback boonop daarvan aangekla dat hy ‘n limousine-bestuurder aangerand het. Bieber het homself in Toronto aan die Kanadese polisie oorgegee, maar gelukkig was die pers daar om alles op kamera vas te lê terwyl ‘n desperate man in ‘n falsetto stem vir Justin gil “Justin, I love you”, ‘n uitspraak wat snaaks genoeg ook die gevoel van baie hardcore misdadigers in die tronk is waarin Justin miskien kan beland.

 

Die VN verdoem Vatikaan; Vatikaan gooi middelvinger

Sith Emperor Popepatine

Voormalige Sith Emperor Popepatine

‘n Verdoemende verslag van die VN het die Vatikaan aangeraai om erns te maak van die molesteringsprobleem waarmee die Rooms-Katolieke Kerk (RKK) te kampe het. Ten spyte daarvan dat die Vatikaan – internasionaal erken as ‘n onafhanklike staat vol creepy ou mans in rokke – ‘n VN-konvensie onderteken het waardeur hy onderneem om die regte van kinders te beskerm, het die Vatikaan in sy reaksie op die VN-verslag pretty much gesê “Fokkof, VN”. Aartsbiskop Silvano Tomasi, die Vatikaan se verteenwoordigende pre-kadawer by die VN in Genève en meester van die diplomatieke middelvinger het die VN daarvan beskuldig dat hulle nie die Vatikaan se onlangse vordering in ag geneem het nie en dat die outeurs van die verslag beïnvloed moes gewees het deur pro-gay organisasies. In defence van die VN moet dit genoem word dat “vordering” en “vooruitgang” nie juis woorde is wat mens met die RKK assossieer nie. Dit is immers ‘n organisasie wat na 2000 jaar hoofsaaklik ‘n skoorsteen as woordvoerder het, en hy kan net sê: “wit rook” of “swart rook”.

 

Verrassing: Zuma is pro-e-tol

Haters will hate, son.

Haters will hate, son.

Na byna twee maande van e-tol het President Captain Obvious Jacob Zuma indirek deur sy woordvoerder sy stuiwer in die e-tolarmbeurs gemoer deur te noem dat e-tolroetes geriefliker is om te neem as alternatiewe roetes. Presidensiële Mouth of Sauron Mac Maharaj het buite die hekke van Mordor die pers ingelig dat die prez motoriste aanraai om e-tol te aanvaar, want dit is skynbaar hier om te bly. Om te verhoed dat enigiemand dalk sou dink die Suid-Afrikaanse Nr. 1 is miskien uit voeling met sy plebs het Maharaj ‘n persoonlike anekdote van Numero Uno gedeel:

Toe hy [Zuma] persoonlik van Johannesburg na Durban gery het, het dit hom agt uur geneem met die ou pad en vyf uur met die nuwe pad.

Maharaj het dit egter nie nodig gevind om te noem dat Zuma waarskynlik al vir meer as tien jaar nie persoonlik agter die stuur van enige voertuig ingeklim het nie, dat sy nuwe blitsrit van vyf uur miskien iets te doen het met die blouligbrigade wat hom vergesel wanneer hy iewers heen geneem word, en dat hy anyway nie e-tol sal betaal nie – die Staat sal.

Naysayers kan egter gaan kak, siende dat President Zuma bekend is daarvoor dat hy alle persoonlike uitgawes self dek, en op geen manier die Staat se fondse misbruik nie.

 

“SABC is fucked up” – PWC

SABCIn ‘n oudit wat net fokken duur kon wees, het PricewaterhouseCoopers bevind die SAUK se topbestuur is heeltemal onkapabel. Vir baie cheaper kon die Parlement bloot enige Suid-Afrikaner gevra het wat gereeld die openbare uitsaaier se publieke shitfest moet aanskou. Dit sou goedkoper gewees het. Dit is natuurlik heeltemal toevallig, maar Lulama Mokhobo, uitvoerende hoof van die SAUK het ook intussen haar bedanking “om persoonlike redes” ingedien. Die PWC-verslag en Mokhobo se bedanking volg kort op die hakke van ‘n gelekte verslag van die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, waarin allerhande stoute aktiwiteite van die SAUK ontbloot word. Volgens Beeld is Mokhobo “die sesde uitvoerende hoof van die SAUK wat onder ’n wolk by die openbare uitsaaier weg is”, maar dit is waarskynlik akkuraat om te sê dat sy eintlik die sesde uitvoerende hoof van die SAUK is wat onder ‘n wolk wat kak reën by die openbare uitsaaier weg is.

 

Keeping up with the Mandelas

Die onlangse bekendmaking van die inhoud van Nelson Mandela se testament het bewys dat sy hart so ruim was vir diegene vir wie hy omgegee het as wat dit was vir vergifnis. Uit die R46 miljoen wat Madiba nagelaat het, is ‘n groot deel aan sy vrou Graça Machel gelaat, terwyl die res verdeel is tussen sy kinders en kleinkinders, asook organisasies waarmee hy deur die loop van sy lewe ‘n verbondenheid gehad het. Met die bekendmaking van die inhoud van die testament het die Suid-Afrikaanse media über-vlakke van Schadenfreude ervaar toe dit duidelik word dat Mandela sy eksvrou Winnie Madikizela-Mandela uit sy testament gelaat het. Madikizela-Mandela en die oudpresident is reeds in 1996 geskei, maar somehow was die media heeltemal verbaas dat sy fokkol gekry het na haar eksman se afsterwe. For fuck’s sake.

Die oudpresident se familietwiste het saam met sy gesondheidsprobleme tydens die laaste jare van sy lewe stapelvoedsel geword vir die skandaalhonger Suid-Afrikaanse media. Ons media is immers bekend daarvoor dat hulle nie net ‘n dead horse flog nie, hulle dry hump sy karkas totdat albei partye nerfaf is.

 

Steve trou met “popster-afleiding” van toeka

Oeps! Verkeerde foto.

Oeps! Verkeerde foto.

‘n Aantal jaar gelede het Suid-Afrika se nommer een hoërskoolfondsinsameling-aantrekking Steve Hofmeyr vir Janine van der Vyver beskryf as “popster-afleiding” nadat sy bekendgemaak het dat sy en die sanger ‘n jarelange affair gehad het terwyl die “Pampoen”-sanger nog getroud was met sy Egoli-belle, Natasha Sutherland. In ‘n storie wat so weird is dat selfs Huisgenoot nie hul vraatsige ogies kon glo nie, het Steve en Janine egter intussen vrede gemaak en is hulle getroud by ‘n top secret troue, waarvan hordes steelfoto’s in Huisgenoot gepubliseer is. Vergifnis. Te wonderlik, of hoe?

 

 

You may also like...

1 Response

  1. February 19, 2014

    […] woorde kan dit nie beskryf nie) dat julle maar tevrede moet wees met 'n spesiale uitgawe van die gevaaalike nuusoorsig oor die Waterkloof-vier. Dis […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *