Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Sit jou geld waar jou mond is vir nuwe Fokofpolisiekar album

11 Jaar lank wag ons al vir ‘n nuwe Fokofpolisiekar album, en nou gaan elke ou wat ooit gesê het “Ek sal verseker die nuwe Fokofpolisiekar album koop” sy geld sit waar sy mond is, want Fokofpolsiekar crowdfund hulle nuwe album. Sedert Swanesang het al die ouens van Fokofpolisiekar sukses bereik in ander ventures, maar nou keer die ouens terug vir ‘n nuwe album en hulle vra vir hulp van die fans om die nuwe album te laat gebeur.

R500 000 in 60 dae vir nuwe Fokofpolisiekar album

Fokofpolisiekar se fan base is een van die grootste en mees passionate groep mense op die planeet, en met social media en die internet het Fokofpolisiekar ‘n direkte manier om met die groep fans te kommunikeer. Fans kon dus oor die laaste 11 jaar aanhou om Fokofpolisiekar te ondersteun deur ventures soos bier en ander merch. Danksy die internet is daar nie meer ‘n middelman nie. Dit is net die fans en die creator. Niemand wat dus die uitkoms van die musiek kan beinvloed anders as die band nie, en dit is befok!

As jy gaan na fokofpolisiekar.co.za/fund dan sal jy die Thundafund Fokofpolisiekar crowdfund page kry. Oor 60 dae gaan Fokofpolisiekar probeer om R500 000 in te samel van hul fans, en fans te reward vir hul hulp met die album maak. As die R500 000 nie ingesamel kan word in 60 dae nie, dan verloor niemand niks geld nie en die band moet ‘n ander manier kry om die album te fund.

Die Rewards – ‘n Fokof fan se wetdream

 

Natuurlik is die crowdfunding proses vir ‘n album baie soos om net ‘n album te pre-order. Die groot verskil hier is dat jy kan kies om net die album te kry, of die album plus iets anders wat cool is. ‘n T-shirt? Wat van ‘n signed electric guitar? Of wat van ‘n guitar wat Hunter gebruik het om baie Fokofpolisiekar songs te skryf? Wel, te laat. Hunter se guitar is reeds gebelowe as reward vir R25 000 gee om te help om die nuwe Fokofpolisiekar album te maak.

Toer posters wat geraam is en geteken is deur die band, Fokofpolisiekar horlosies, Fokof Converse All Stars en vele meer, of selfs net ‘n mention in die album cover, alles deel van die verskillende rewards wat jy kan kry vir deel wees van die Fokfopolsiekar 2017 album crowdfund.

Die exploitation van artists is besig om te stop

Die beauty van crowdfunding is die feit dat kunstenaars nie meer iemand anders as die fans/supporters nodig het om ‘n projek te fund nie. Dit vat tyd om ‘n album te record en vir deur daardie tyd gaan jy moet lewe, eet, rekeninge betaal, en die fans kan die band help om dit te doen. Op die ou einde van die dag betaal jy om te kry wat jy wil hê. Geen record label gaan moet besluit of Fokofpolisiekar goed genoeg is om ‘n nuwe album te record nie. Die fans besluit.

Storie Theunis Engelbrecht

Fokofpolisiekar het ‘n baie groot impak gehad op nie net die musiek scene in Suid-Afrika nie, maar ook ‘n impak vir die fans wat dit alles beleef het oor die laaste 13 jaar. Die ups, die downs en ook die groot sukses, waar ons almal deel is van die storie. Nou die fans nog meer deel raak van die Fokofpolisiekar storie. Ons lewe in ‘n awesome tyd.

You may also like...

2 Responses

  1. June 15, 2017

    […] as hulle die Grand Final van ACGL se Injustice 2 Championship Final paar met live optredes deur Fokofpolsiekar en Jack Parow. Hulle was nie verkeerd nie. Dit is awesome. Jy kan gaan kyk hoe die top Injustice 2 […]

  2. August 10, 2017

    […] Fokofpolisiekar het met hule crowdfunding projek meer as R1 miljoen ingevorder van hul fans af om te help om die nuwe album Selfmedikasie ‘n realiteit te maak. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *