Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Die gevaaalike nuusoorsig: Spesiale uitgawe – Waterkloof-vier

Soos gewoonlik was die afgelope week of twee vol bullshit nuus. Ek wou werklik oor dit alles skryf, maar toe maak ek die fout om te begin met die update oor die Waterkloof-vier-saga, wat soos ‘n ernstige geval van spuitkak net aanhou en aanhou. En net wanneer jy dink dis verby, dan verras dit jou en is daar nog. Toe voel ek so moeg en naar nadat ek dit geskryf het en die videos gekyk het (gots, woorde kan dit nie beskryf nie) dat julle maar tevrede moet wees met ‘n spesiale uitgawe van die gevaaalike nuusoorsig oor die Waterkloof-vier. Dis al.

Die Waterkloof-vier is weer hier

Die Waterkloof-vier

Van bo: Reinach Tiedt, Gert van Schalkwyk, Christoff Becker en Frikkie du Preez (Foto’s: Barry Bateman, EWN.co.za)

1. Freedom!

Wel, soort van.

Na ‘n paar jaar waartydens veral die Afrikaanse media nie hulle sente uit Afrikaners kon melk m.b.v. die Waterkloof-vier nie, kan Media24 se koerantredakteurs uiteindelik bietjie ontspan en vir ‘n maand of wat minder mense retrench. Die sogenaamde Waterkloof-vier is ‘n paar jaar gelede daaraan skuldig bevind dat hulle ‘n man vermoor het en vervolgens is hulle elkeen ‘n vonnis van 12 jaar tronkstraf opgelê. SA se grootste clickbaits – Christoff ­Becker, Frikkie du Preez, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt – is verlede week op parool vrygelaat en die Suid-Afrikaanse media kon nie wag om oor iets anders as die vervelige staatsrede en die anniversary van die Oscar Pistorius-saga te berig nie.

Die media was daar om die Waterkloof-vier te begroet soos hulle die gevangenis verlaat het. As mens kyk na die ekstase wat die vrylating van die vier mans vergesel het, is dit moelik om te bepaal wie blyer was: die media, die vier mans of hulle familie en vriende. Lid een Reinach Tiedt (eerste foto links) het ‘n vinnige escape gemaak, moontlik om te verhoed dat enigiemand na hoeveel jaar se beriggewing uitvind hoe mens sy naam nou eintlik spel (volgens EWN was hy Reinarch, Reinach, later Reinart, volgens Beeld Reinach en volgens Rapport Reinard). Lid twee en Big Bird-in-mensvorm Gert van Schalkwyk (tweede foto links) het Tiedt se voorbeeld gevolg en wou sy vrylating ‘n low-key affair hou. Christoff Becker, wat waarskynlik so naby lyk as wat iemand ooit gaan aan ‘n fusion van Sylvester Stallone en Russell Brand, was stylvol geklee in ‘n 14-jarige se designer low-cut cleavage accentuating T-hemp en Audrey Hepburn se sonbril. Kort op Becker se hakke was T-1000 Frikkie du Preez.

Die media was gretig om dit onder almal se aandag te bring dat al vier die lede van die Waterkloof-vier nie meer boesemvriende is nie, anders as in die wêreld buite die tronk waar elke liewe mens sonder twyfel en uitsondering beste vriende bly met die mense waarmee hulle in matriek bevriend was.

Hoewel hulle ten minste nou weer updated foto’s van die Waterkloof-vier kon kry, het die media met ‘n groot vet vinger in hulle kollektiewe hol gesit. After stating the obvious – dat die vier mans op parool vrygelaat is en tyd saam met hulle families en vriende gaan spandeer – was daar nie eintlik nog iets om oor te berig nie. Die hofsaak is immers lankal verby en die paroolgoedkeuring vir Tiedt, Van Schalkwyk, Becker en Du Preez is nie uniek aan hulle of hulle saak nie – baie gevangenes word so vrygelaat.

Die in touch, in tune en independent bras van EWN.co.za het besluit dit sal goed wees om Suid-Afrikaners te voer met hulle eie menings – baie soos wat ‘n pikkewyn sy/haar kuikens met sy/haar eie kots voer. Vervolgens is daar nikseggende tweets geplaas oor die Waterkloof vier se vrylating. Hier is twee voorbeelde: EWN tweets

Beeld – jou douchebag, jou koerant – het ‘n vrylatings-montage aanmekaargeslaan en dit op YouTube gelaai. ‘n Joernalis het vanuit ‘n die Kango-grotte ‘n voice-over gedoen om die video te vergesel, en het haar bes probeer om Tiedt se van as “Tead” in plaas van “tiet” uit te spreek. Die Waterkloof-vier se oorblywende vriende het hulle five seconds of fame gekry toe hulle bene figuurlik deur die media ge-hump is vir kort onderhoude.

Vir eers was die opgewondenheid verby en die joernaliste kon terugkeer na hulle lairs, waar hulle klein katjies sou eet en dan sou sluimer vir ‘n duisend jaar – behalwe as die Waterkloof-vier weer iets sou aanvang.

2. The life and soul of the prison party

Ons vriende by Rapport kon skaars die 666ste kat afwurg toe hulle met die ultimate clickbait die land uit sy poststaatsrede-depressie bevry: ‘n titillating video van hot camera-on-prisoner-aksie, starring Christoff “Gaan-ek-of-gaan-ek-nie” Becker, Frikkie “Op-die-troon” du Preez en ‘n ou met ‘n dowwe kop in ‘n hoed.

Rapport beweer dat daar in die video alkohol gedrink word en dat Becker en Du Preez nie in besondere slegte omstandighede gebly het in Hotel Jantaks nie. I’ll say – daar was duidelik ook geen tekort aan haarverwyderingsprodukte nie. Helfte van die video is ‘n creepy exposé van Becker se halfkaal lyf. Daar word ondermeer gedans en gefokus op sy maagspiere en sy onderbroekaftrekkery.

Hieronder is die video. Let wel dat dit ‘n dansende halfkaal man bevat. As sulke dinge jou opgewonde maak, kyk dit eerder nie by die werk nie. Behalwe as sulke dinge oukei is by jou werk.

3. Oos, Wes, tuis bes

So asof hulle ‘n weird weddenskap wou wen, het Christoff Becker en Frikkie du Preez binne minder as ‘n week hulself weer tuisgemaak in Kgosi Mampuru-gevangenis hangende ‘n ondersoek na hulle partytjies in die tronk. Dis nou eers Februarie, maar Naspers moet dink dis Krismis. Becker and Du Preez are clearly gifts that just keep on giving. Ons getroue media, wat vasklou aan ‘n storie soos crabs aan jou ma se genitals, het gou-gou die regte vrae begin vra: Was al vier die Waterkloof-vier bewus van en/of betrokke by die partytjies wat in die gelekte video uitgebeeld word? Belangrike vraag, siende dat Tiedt en Van Schalkwyk in Zonderwater-gevangenis aangehou is – wat etlike kilometers van Kgosi Mampuru af is. But o well! Vra is vry.

Nou ja, die wêreld wag in spanning vir die uitslag van die partytjieondersoek. Volgens EWN het die DKD nogal kinky geraak. Hulle ondersoek nie net nie, hulle probe:

The department says by Thursday morning, it will be in a position to release the final findings of its probe.

Wat ook al gebeur, ons kan seker wees dat die media sal weet. Mens moet mensself egter nogal afvra: Het die media dit moontlik al oorweeg om oor hulle eie rol in hierdie aanslepende slapkakstorie te reflekteer? Dink hulle dat Christoff Becker maar net altyd so ‘n flambojante vent was? Of oorweeg hulle dit dat hulle vir hom gedoen het wat die media al voorheen gedoen het vir Britney Spears, O.J. Simpson, Justin Bieber, Miley Cyrus, Amanda Bynes, Robbie Klay, Sunette Bridges, en so aan en so voorts? Waarom is daar skynbaar so min mense wat die absurditeit hierin raaksien? Waarom is hier so min humor betrokke?

I guess we’ll never know.

Christoff Becker Waterkloof 4

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *