Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

DC Shoes en Ken Block bied aan: Gymkhana 5

Met X Games 2012 nou agter die rug het DC Shoes hul nuutste uitgawe van Gymkhana bekendgestel in samewerking met die man wat die Stig soos Hannon laat lyk – Ken Block. In die video kan jy sien dat Mnr Block ‘n passievolle haat vir tyres het, en hy maak geen geheim daarvan nie. Kyk veral uit rondom 6:00 vir ‘n cameo appearance deur Block se relatief onbekende buddy, Travis Pastrana. Block het by X Games 2012 ‘n silwer medalje in die Rally Cross gewen, en is al jare betrokke by die sport. Dus kan jy verstaan dat hy al so paar keer agter die stuur van ‘n rally kar was.


En met dit gesê, moet asb nie wat jy hier sien na ‘n aand uit gaan probeer saam met jou tjommies nie! Maar as jy so onnosel wil wees, neem dit asb af en stuur dit aan ons.

You may also like...

1 Response

  1. November 12, 2013

    […] seker onder 'n klip in 'n kerk se gronde en dus het jy nog nooit met enige iemand gepraat nie. Maar hier is nog van Ken Block en sy Gymkhana malligheid. Een ding is verseker, Ken Block weet van kar bestuur. Hy sal sirkels drift om elke zeffer en sy […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *