Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

The Neighbourhood laat jou ore glimlag

Daar is min dinge wat jou vanoggend gaan warm hou, een van daai dinge is definitief die song hieronder! Gelukkig het die son reeds gedraai en hy is spoedig oppad terug RS of A toe. Dit beteken dat ons nog ‘n dag nader aan somer, Oppikoppi en die see is. Dis genoeg rede om vandag ‘n moerse smile op my gesig te sit.

Vandag se teelsmelter word gesing deur die groep The Neighbourhood, die ouens is ‘n splinter nuwe band vars uit, wel niemand weet nie want die drie sites waarop ek nou was lys hul tuisstad almal verskillend. Die ouens word gepunt as “the next best thing” deur die musiekkenners en ek kan verstaan hoekom. Die groep het oorsprongklik baie min van hulself bekend gemaak, behalwe nou vir die twee singles wat hulle sover vrygestel het, hou hul almal se identiteite geheim en hulle wil ook nie regtig sê wat die agtergrond of die geskiedenis van die lede is nie. Dit laat ‘n mens effens wonder.

Nie te min, die ouens maak goeie musiek en eks seker dis als net deel van ‘n bemarkingsplan. In die laaste video (wat jy hieronder kan sien) is die identiteit van die hoofsanger ontbloot, Jesse James Rhuterford. Die twintig-jarige kunstenaar het reeds in ‘n fliek of twee verskyn en was blykbaar deel van ‘n hip hop groep in die verlede.

Doen my ‘n guns, luister na die lirieke van die song, veral die eerste vers. Die ouens het duidelik talent en ek gaan nou dadlik probeer om ‘n EP van hulle in die hande te kry. Luister na Sweater Weather hieronder en laat jou skouers die beat hou.

http://youtu.be/Idj5_PwRl1k

You may also like...

5 Responses

  1. Spookasem says:

    Fokket Stix. As jy bietjie meer as ‘n ‘n sekond op Google spandeur het sou jy ‘n hele paar artikels oor die band gekry het en miskien op hulle Twitter, Tmblr of hulle actual website afgekom het en sou jy gesien het dat hulle van California af is. Ek verwag meer van jou.
    Plus bo in my browser se tab sê dit Vrydag Party Song, dit is nie Vrydag nie ou.

  2. egaM says:

    Miskien mors hy net nie sy hele dag op google nie en doen actually iets intussen? Wees dankbaar dat hy enige iets post in die eerste plek -_-

  3. egaM says:

    Besides, dit was Posduif wat dit gepost het, nie Stix nie

  4. Posduif says:

    Ek soek ook asb van die goed wat jy rook Spookasem.
    Die internet lys 3 verskillende tuisdorpe van die band. Dalk het ek dit so geskryf omdat ek meer as n sekond op google was. Hou op jou tyd mors met kak en waardeer die musiek. En groot asb update you browser.

  5. Stix says:

    Wasn’t me!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *