Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Queens of the Frost Age met Adian Martin en Howling Shibanski

Wat maak jy Saterdag die 14de Julie? Ek sal jou fokken sê wat jy doen, jy gaan Cafe Barcelona in Pretoria toe vir awesome live musiek saam met Albert Frost, Southern Gypsy Queen, Adian Martin en  Howling Shibanski. Die beste van alles is dat Albert Frost en Southern Gypsy Queen vir ons bietjie ‘n colabaration gaan gee. Gareth Wilson van Southern Gypsy Queen (wat nou die dag op ons podcast was) het die colab “Queens of the Frost Age” gedoop. Glo my as ek vir jou sê jy gaan dit nie wil mis nie.

Die aand gaan begin met Adian Martin en Howling Shibanski 20:00 die aand. Na dit vat Souther Gypsy Queen en Albert Frost die stage. Ek was lanklaas so opgewonde oor ‘n live show.

Entrance by die deur gaan jou R80 kos en ek stel voor jy book nou vir jou ‘n tafel by Chrisna op 0824589342 of 0123453602. Dit gaan befok wees so kry jou gat in rat. En as jy spring kan jy twee kaartjies wen na die show toe ook. Al wat jy moet doen is om my so gou as moontlik te tweet by @gevaaalikdotcom en die hashtag #QueensOfTheFrostAge gebruik in jou tweet. Vinnige vingers eerste, first come first serve. Sodra ek ‘n wenner het sal ek dit hier bekend maak sodat julle nie aanhou om my te tweet nie. Update: Kompetisie is gesluit. Geluk Heinrich! Onthou jy kan steeds die albums wen, lees net verder.

Ons het ook 1 Delusions of Grandeur album van Southern Gypsy Queen, 1 Be the Lion album deur Southern Gypsy Queen, 1 Catfish album deur Albert Frost en 1 Devils and Gods album deur Albert Frost om weg te gee. Hier is hoe jy hulle wen. Die aand van die show sal ek die ou wees met die gevaaalik.com hemp en as jy na my toe kom en my vra vir ‘n album sal ek vir jou een gee. Weereens, first come first serve.

Sien julle daar.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *