Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

D-Day 420 2017

5 Jaar gelede het die Dagga Couple gehelp om die eerste D-Day 420 lewe te gee. ‘n Dag waar mense van verskillende agtergronde bymekaar kom om daggakultuur te vier. Die jaar, Saterdag 22 April, is dit die 5de D-Day 420 2017 event in Carfax Newtown, Johannesburg.

D-Day 420 2017 South Africa

Nie net is D-Day ‘n lekker party nie, dit is ook ‘n fondsinsameling om te help om dagga-wette in Suid-Afrika te verander. Dit werk, kyk net na die groot stap vorentoe wat die dagga-wetgewing in Suid-Afrika net nou die dag gevat het. Maar, daar is steeds werk om te doen en The Trial of the Plant (TOTP) gaan ook ‘n groot impak maak wanner dit afspeel tussen 31 Julie 2017 en 25 August 2017. Deel van die TOTP is ‘n reeks deskundige getuie, wat van reg oor die wêreld kom na Suid-Afrika en dit kos geld om die doktors en professors hier te kry.

As jy dus deel word van die D-Day 420 feestelikhede deur jou kaartjie te koop, dan ondersteun jy ook die verandering van die wet in Suid-Afrika.

Vermaak op die verhoog by D-Day 420 2017

Main stage:

Indigo Girl feat. POT
Shynin Armour
Scarlotte Will
Chron Burgundy & Nic Blaze
Meesh Mash Band
Goldilox
Daddy Longstem (GKM Music)
Tidal Waves
Deep Fried Man
Urban Village
BCUC

DJ Lineup:

Mzansi Reggae Splash
Uncle Ruckus & Licence to Dub
Smokes
Baas
DJ Hamma
Wilson Fury
Kenotix
Weston & Engine
Nick Essential
Michael Lesar

Vir meer informasie, gaan loer gerus na die D-Day 420 2017 Facebook Event Page. Of kry jou kaartjie nou deur hier te click of deur by jou naaste Checkers te gaan jou kaartjies koop. As dit jou eerste jaar by ‘n d-Day 420 gaan wees, dink ek jy is in vir ‘n treat die jaar want die beweging is groter en gelukkiger as enige jare voor dit. Sien jou daar.

You may also like...

2 Responses

  1. April 18, 2017

    […] Het jy geweet Suid-Afrika se D-Day 420 gebeur weer. 22 April 2017 in Johannesburg. Meer besonderhede hier. […]

  2. April 19, 2017

    […] 22 April is die D-Day Fundraiser en jy kan nou jou kaartjies by Checkers koop vir R100. Kaartjies by die hek kos R150. Spaar jouself R50 en gebruik dit om vir jou iets lekker te koop om te tand by een van D-Day se awesome kos stalletjies. Meer info hier. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *