Trademarx Comedy Night 31 Augustus

Elke Maandag bring ons comedy terug na Pretoria by Trademarx langs Loftus. Die week het ons vir Dave Levinsohn, Hannes Brummer en Nicholas Goliath. Daar is ook lekker drinks specials soos R50 vir 2 dubbel brannas en coke of R25 vir ‘n draught en as jou pens raas kan jy twee burgers en chips kry vir R55.

Trademarx Comedy Nights

Daai burger special is mean en dit is lekker om vir so paar ure te vergeet van al die kak daar buite of net te lag vir die kak. So kom maak ‘n draai. R30 kry jou in by die deur.

Alfred Adriaan - Trademarx Comedy Night Pretoria - Photo by Christo De Beer

Alfred Adriaan – Trademarx Comedy Night Pretoria – Photo by Christo De Beer

Deep Fried Man - Photo by Henno Kruger - Trademarx Comedy Night

Deep Fried Man – Photo by Henno Kruger – Trademarx Comedy Night

Laasweek was hope pret. Alfred Adriaan het ons aan die skreelag gehad as MC vir die aand en Werner Cloete en Dusty Rich was alby top klas stand-up comedy gewees. Ek love stand up comedy en ek is bly ek kan nou elke week van Suid-Afrika se beste stand ups sien.

Dusty Rich - Trademarx Comedy Nights Pretoria - Photo by Henno Kruger

Dusty Rich – Trademarx Comedy Nights Pretoria – Photo by Henno Kruger

Kom kyk saam met ons comedy. Bring jou vriend, meisie, vrou, boyfriend, vriending, man en kom ons maak ‘n party daarvan. Sien julle Maandag 31 Augustus rondom 19:00 by die bar. As jy meer info soek, gaan loer gerus hier.

Simi Aaref - Trademarx Comedy Night Pretoria - Photo by Henno Kruger

Simi Aaref – Trademarx Comedy Night Pretoria – Photo by Henno Kruger

Trademarx Comedy Nights Pretoria - gevaaalik.com

You may also like...

2 Responses

  1. August 28, 2015

    […] een ding voor ek waai: Maandag Comedy Night by Trademarx, kom maak ‘n […]

  2. August 31, 2015

    […] anders wat jy kan doen om Maandag beter te maak is lag. Ons lag baie by die Trademarx comedy night en jy kan ook as jy ons join vanaand vanaf 19:00. Wat anders gaan jy doen op ‘n Maandagaand […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *