Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Afrikaans is Dood, want Afrikaners is breindood

“The more things change, the more they stay the same.” Afrikaans is dood, alweer. Of is dit nogsteeds.

Daar is ‘n rede hoekom daardie lyn al in baie songs verskyn het. Van Corinne Bailey Rae – “Put your records on” tot Bon-Fokken-Jovi en The Architechts se Gravedigger.

Meer as ‘n dekade terug het ek “Afrikaans is dood: Die mars van die skape is verby” gepubliseer. Om te sê dit het die comments laat gons was ‘n understatement. Dit was nou toe “blogs” nog comments gekry het, voor almal begin kots het op X (née Twitter) en ander social media platforms. Net die feit dat meer en meer mense begin boer het op social media moes eintlik die teken gewees het wat ek gedink het ek sien. Daar was toe iemand in beheer van die lig aan die einde van die tonnel wat ek 11-jaar terug gesien het: Die data-vrate wat hulself vermom as “big tech”.

But I digress.

Afrikaans is dood

Daai tyd het ek gedink dat Afrikaans deur ‘n mid-life-pshechedelic-revolution begin gaan het. Min wetend was dit eintlik net die kleuterjare van my eie (en vele ander) dwelmprobleme wat begin kop uitsteek het. Kyk, ek het nooit my TV verkoop vir ‘n bankie zol soos my pa gesê het ek sal nie, maar ek het beslis gewoontes begin ontwikkel wat nou nog by my spook. Die ironie is dat ek nie alleen was in my persoonlike penarie nie. Die Afrikaner oom wat gedink het sy drankprobleem is ok daai tyd, slaap nou seker al ses voet diep.

“Not all drugs are good. Some of them are great.” hoor ek vir Bill Hicks weergalm deur die echos van my middel-twintigs.

Ek het gepraat van die censorship wat David Kramer ervaar het oor sy “vulger en politiese” album BAKGAT. Ek het verwys na Ingrid Jonker, Breyten Breytenbach en Andre P. Brink wat as terroriste gebrandmerk is deur dieselfde dommies wat goed sê soos: “Nelson Mandela is ‘n terroris gewees.”

Ek het gedink die internet gaan ons forseer om konteks te kry rondom alles, insluitende stelling soos Mandela is ‘n terroris. Ek het gedink die internet gaan ons verlos van cernsorship, omdat dit mense die vermoë gaan gee om die wêreld se informasie te kan opsoek. Dit draai toe uit dat die internet nog ‘n embrio was daai tyd. ‘n Wese wat gebore sal word net om dood te gaan, soos alles anders.

“I saw that pregnant girl today. She didn’t know that it was dead inside. Even though it was alive, some of us are really born to die.” sing Marilyn Manson al in 2000. As hy maar net geweet het wat vir hom voorlê 20 jaar later.

Wat wel nie 11 jaar gelede tussen die lyne van my stukkie skryfwerk gelees is nie, is dat ek nie gedink het Afrikaans is besig om uit te sterf as ‘n taal of ‘n kultuur nie. Lyk ek vir jou soos ‘n Afriforum man in ‘n Boerboel broekie so styf dat ek nie reguit kan dink nie? Ek is baie lief vir Afrikaans. Dit is by ver my gunsteling taal van die drie wat ek kan praat. Dit is ook steeds die mooiste taal om baie goed mee uit te druk. En nee, ek verwys nie na die uitdrukking van iets soos Afrikaans-pop nie, want in daardie geval is dit meer soos iets probeer uitdruk terwyl jy hardlywig is. Te kort aan vesel want jy vreet net gemors-kos soos Biggy, Dirk van der Westhuizen, Flooze en Karlien van Jaarsveld. Net omdat Die Beeld en Huisgenoot dit vir jou opskep, beteken dit nie jy moet dit vreet nie.

Afrikaners is breindood

Maar moet nie kommer nie. Elke ander deel van die mensdom is lyk my breindood. Afrikaners is nogsteeds nie so spesiaal soos van wat hulle wil dink nie. Wat Afrikaners wel vandag minder van het as enige ander tyd van te vore is kreatiwiteit. Vat nou maar die potjierol Biggy as voorbeeld. Daar is so min oorspronklikheid daar dat hy letterlik Biggie Smalls se naam moes probeer steel. Hel, nie dit is nie eers oorspronklik nie want Rick Ross het dit gedoen toe hy “Freeway” Rick Ross se naam gesteel het. Net jammer vir Biggy dat sy “raps” klink soos kleuter rympies wanneer dit vergelyk word met The Notorious B.I.G. se lirieke. Biggy rap in die beste taal om gevoel en emosie uit te druk en die beste waarmee hy vorendag kan kom is: “Dames, vertel my wat jou naam is” en dit is ‘n blatante cheap copy van Ciara se “Tell me what your name is”. Darem was die Sestigers gehaat omdat hulle buite die boks kon dink. Nou sit ons met Dirk van der Westhuizen se “Gooi jou suiker op my” en Biggy wat ‘n closet Ciara fan is. Nie omdat hy Ciara se musiek smaak nie, maar likely omdat hy sy klein tollie probeer afpluk oor posters van haar teen die mure van sy kamer in sy ouers se huis. Net jammer hy kan nie die tollie kry onder sy pens nie.

Die moderne Afrikaner het homself so gedoomscroll op Facebook en TikTok dat letterlik elke opinie gehanteer word soos ‘n tipe van verdelende onderwerp. Selfs die Afrikaans-geleerdes redekabel onder mekaar oor resensies van digbundels. Hulle stry en spoeg in mekaar se rigting oor wie se resensie meer water hou, en wanneer die lesers (average Joe op straat wat Afrikaans nog lees) van dugbundels uitwys dat ‘n resensie maar net eintlik ‘n opinie is dan kruip die geleerdes so ver in hul eie gatte op dan hul by hul eie monde begin kop uitsteek. Tog is stapels van die Afrikanse media besig om tot stilstand te kom, want mense lees net nie meer Afrikaans nie. Die Beeld en Rapport se gedrukte weergawes is nou iets vir die geskiedenisboeke.

Nou, soos genoem in my stukkie 11 jaar terug, is die rede hoekom Die Beeld en Rapport nie meer gelees word nie oop vir debat. Dit kan wees dat die kwaliteit van die publikasies se inhoud agteruit gegaan het. Fok weet ek stel nie belang daarin om te lees oor die nuutste remix van Annelie van Rooyen se “Neem my op Vlerke” nie, en ek wil verseker niks weet oor Hannon wat nou skielik vir Springbok rugbyspelers gaan begin make-overs gee nie. Tog is ek nie jou standaard Beeld of Rapport leser nie. Nie te min was daar nie veel van ‘n gons oor die twee koerante wat nie meer gedruk gaan word nie. Afriforum het die meeste geraas daaroor probeer maak omdat twee van hulle propaganda-bene nou afgekap word, maar soos gewoonlik steur niemand hul regtig aan Afriforum se snert nie, anders as mense wat saamdrom by die Voortrekkermonument vir braaidag.

gevaaalik.com ook nie meer wat dit was nie

“Wel Stix, gevaaalik.com is ook nie meer wat dit was nie, jou nool.” kom die Facebook messages deur.

No shit. Dit is lankal nie meer 2012 nie. WatKykJy is ook lankal nie meer wat dit was nie, en mag Griff in vrede rus. Die landskap van Afrikaans het verander, net nie soos enige van ons gedink het dit sal nie. Wie sou kon dink dat die garde Afrikaners wat na die millenial-Afrikaner gebore is nog meer deur die kak wees as die boomer-Afrikaners? in 2012 was daar hoop dat bands soos Fokofpolisiekar gaan verouder soos goeie wyn en dat Gen-Z se Afrikaner ‘n oorvloed van goeie Afrikaans-musiek sal hê om van te kies. Maar nou word Gen-Z se brein papgedruk in Boerboel broekies en hulle luister na iemand met die naam Appel eerder as Johannes Kerkorrel. Meanwhile weet ek nogsteeds nie of Appel ‘n rekenaar of ‘n kunstenaar is nie.

Oppikoppi het ook die stof gebyt. Nie omdat daar nie meer goeie musiek was om op die verhoë te sit nie, maar bloot omdat die organiseerders gedink het hulle moet “diversify” om meer kaartjies te kan verkoop. Eerder as wat daar gefokus word op wat Oppikoppi populêr gemaak het in die eerste plek.

Ek is deel van die probleem

Ek is moeg daarvoor om my grappe en gekskeure te verdedig. Ek is al jare lank moeg daarvoor vir fotos van girls te post as clickbait. Dit is nie dat ek nie girls like nie. Ek is immers getroud met een, en sy is tien teen een die ding wat veroorsaak het dat ek nie dood in ‘n sloot gevind is jare terug nie. Maar for fuck sakes, selfs ek wat geboorte gegee het aan Stoute Boudjies en Vrydag Bederf weet dat daar interesanter goed as tiete en boude is daar buite. Die hele week al kry ek foto’s van vriende en kennis van my gevreet op die TV, want ek was mos onlangs weer op Kyknet. Ek moes my kant van die saak gaan lewer in die Afrikaanse-weergawe van Judge Judy: Bolhuis Beslis. Die vervaardigers het iemand gesoek om aan die kant van goeie Afrikaanse-musiek, en wie dan nou beter as die washed up blogger wat perongeluk Dirk van der Westhuizen ‘n loopbaan gegee het op ‘n silwerskinkbord deur te spot met hoe kak hy is.

Eers het dit geklink soos iets wat pret kan wees. Ek sou die anti-pop kant beveg terwyl Kurt Darren probeer verdedig wat hy en sy gepeupel doen vir ‘n lewe. ‘n Kans om ‘n paar grappies te maak at Afrikaans-pop’s expense. Toe doen Kurt die slim ding en sê nee dankie. Volgende op die lys is toe ‘n knaap met die naam Elof, wie se claim to fame is dat hy ‘n techno remix gemaak het van “Neem my op vlerke”. Ek het nog nooit van die ou gehoor voor die vervaardigers vir my links gestuur het na sy “music videos” nie. Dit was amper asof die vervaardigers my argument probeer staaf het deur my op te meet met iemand wat se bekendse lied net bewyse is dat daar geen kreatiwiteit is in Afrikaans-pop nie. Nie te min trek Elof ook kop uit soos een van Dirk van der Westhuizen se boyfriends.

Dowwe Dolla takes the stand, your honour

So gaan die vervadigers af op die lys om vir my ‘n oponent te probeer vind. Blykbaar ‘n moeiliker taak as wat hulle gedink het dit sal wees. Volgende op die lys is ‘n knaap wat ‘n grootkop is by Afrikaans is Groot. Presies die tipe ou wat ek moet oortuig dat daar beter opsies is as die vlakwater-snert wat jy gewoonlik sien by Afrikaans is Groot. En twee dae voor die shoot het die man ook ‘n verskoning vir hoekom hy dit nie meer kan doen nie. Slim mense sou sê daar is ‘n patroon hier waar my oponente besef hulle het nie ‘n been om op te staan nie. Hulle het dalk nie kreatiwiteit nie, maar genoeg breins om te weet dat hulle nie kan verdedig wat hulle doen nie. Dus, kort ons iemand dommer, en twee dae later verskyn sy soos ‘n plat brandewynpoep uit Appel se hol. Ongelukkig kan ek for the life of me nie die vrou se naam onthou nie.

Toe haar videos in my email inbox verskyn bel ek die vervaardigers en sê ek stel nie meer belang nie. Hulle kan hulle geld hou, ek wil nie betrokke wees as die kommin tert op dieselfde program as ek gaan wees nie. Na ‘n gesmeek word my rubber arm afgedraai en en besluit om vir die laaste keer ooit ‘n poes van myself te maak vir ander se vermaaklikheid. Ek is dus deel van die probleem. Ek doen goed vir die geld, nie omdat ek regtig omgee oor wat ek doen nie. Klink dit vir jou bekend? Klink dit miskien vir jou soos elke Afrikaanse-pop drol wat ‘n liedjie uit druk soos ‘n bloegderige, hardlywige drol?

Nie te min, vat ek my kans om vir Afrikaans-pop en hul gehoor wat breindood sit en Kyknet kyk ‘n put te druk. In minder as ‘n uur slaan ek my eie Afrikaans-pop tune aanmekaar. Makliker as wat ek gedink het. Ek moet net hou by ‘n tempo waarop daar gesokkie word. Die lirieke van die musiek is ook makliker om te pen as enige ding wat ek al ooit in my lewe geskryf het. Hou dit net onnesel en oppevlakkig en jy is kop deur. Om eerlik te wees was die moeilikste deel om dit te sing, want dit kan ek nie vir ‘n fok doen nie. Gelukkig is daar mos hierdie AI-ding wat almal se tekere gaan oor en met so paar searches, clicks en adjustments het ek sommer die vocals vir my song gedoen met die hulp van ‘n AI. Vocals wat elke Afrikaans-pop-sanger se Autotune-stemmetjie ‘n run for their money sal gee. ‘n Paar clicks en R100 later is “Vonkel in die Donker” sommer by SAMRO gerigistreer ook.

Ek weet die song gaan werk, want soos enige goeie Afrikaans-pop-drek sit die ding in my kop vas nadat ek dit klaar gemaak het. En siedaar, ek het vir eens en vir altyd bewyse dat jy nie musikale talent of kreatiwiteit nodig het om die doen wat jy op die verhoog sien by Afrikaans is Groot nie. Tydens die verfilming vra Mike my om vir hom die song te speel, sommer op my foon. Ek martel almal in die vertrek met my Afrikaans-pop treffer. Ek kan die pyn op almal se gesigte sien, behalwe dowwe Dolla langs my.

“Daardie is net AI!” val dowwe Dolla vir Mike in die rede toe hy besig is om te sê dat dit wragtig klink net soos enige ander Afrikaans-pop song wat hy al gehoor het. Ek dink my bek het oopgehang toe sy dit uitblaker. Dat iemand so dig kan wees dat hulle nie eers besef dat as AI dit kan doen nie, dan is die saak in elk geval verby en my punt is bewys: Afrikaans-pop het fokol kreatiwiteit en enige doos kan dit maak, insluitende ‘n robot met geen musikale talent soos ek.

Moet nie almal onder dieselfde kam skeer nie

Duidelik is ons almal nie dieselfde nie. Ek en jy is nie dieselfde as die Afrikaners wat dink Appel en sy gepeupel is cool of het talent nie. As ek een dinge geleer het uit op Kyknet wees, en die hordes friend requests wat ek die laaste paar dae ontvang het op Facebook dan is dit dat baie Afrikaners breindood is, omdat hulle kies om te wees. Dit is net makliker om te vat wat vir jou gevoer word terwyl jy doomscoll op TikTok as wat dit is om vir jouself te dink en self navorsing te doen.

“Satan help ons want Jesus kyk nie meer so mooi na sy kinders nie,” hoor ek ‘n stem skree.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *