28 jaar later en ek weet steeds nie veel nie

Dit is snaaks dat jy die reg kry om te stem op die ouderdom van 18. Wat nog snaakser is, is dat jy op die ouderdom van 18 kan begin drink, volgens wet. As daardie nie vir jou duidelik aandui dat sommige wette uitgedink is deur fokken idiote nie, dan dink jy seker dagga moet onwettig wees ook, dommie.

Die rede hoekom ek sê dat dit ongelooflik is dat die twee massiewe verantwoordelikhede in jou skoot gegooi word op die ouderdom van 18, is omdat jy op 18 nog ‘n idioot is. Nie omdat jy ‘n idioot is in die sin van jou IK is laag nie, maar omdat jy op 18 nog nie veel uit jou kort tyd op hierie modder-en-klip-spaceship geleer het nie. En probeer om dit vir iemand wat 18 jaar oud is te vertel, hy gaan vir jou lag, want as jy 18 is, net klaar met skool, weet jy mos alles. Maar eintlik weet jy fokol.

Ek self is nie ver verby daardie punt nie, teen die tyd wat jy die lees sal ek net net meer as ‘n decade verby 18 wees. Maak dit my baie slimmer as iemand wat nog 18 is? Not a chance. In fact, soms maak ek steeds besluite of doen goed wat veroorsaak dat ek hardop vir myself sê: “Hoe kon jy moontlik dink dat dit ‘n goeie idee was?”.

Tog het ek so paar dinge al geleer oor die laaste 11 jaar. Ek gaan so paar van die dinge hier met julle deel. Nie omdat ek dink ek is een of ander Koos Kombuis wannabe filosoof nie, maar ek het al geleer by ander mense en miskien lees net een persoon iets hier raak wat hom of haar help.

Jy is net een keer 18, jy is net een keer jonk

Jy mag dalk terug kom as ‘n slak eendag oor jou cunty optrede in hierdie lewe, of jy gaan net dood en dan is alles verby. Wat gebeur na jy dood gaan het ek nog nie uitgevind nie. Daardie is ‘n les wat jy net leer wanneer jy dood gaan. Wat ek jou wel kan sê is dat jy net een keer jonk is, in hierdie leeftyd at least. En as daar ‘n volgende leeftyd is gaan dit in elk geval nie saak maak nie, want jy gaan nie die een kan onthou nie.

Waarheen is ek oppad? Jy kan net een keer party soos as jy 18 en jou vroë twintigs is. Hangovers raak net erger. Jy gaan dalk meer kan drink, maar jy gaan die volgende dag daarvoor betaal. Toe ek 18-19 was het ek in Londen my piel amper af geparty. Gaan uit die aand na werk, party dwars deur die aand, vang die eerste trein van die oggend werk toe, stort en trek aan by die werk, werk my 12 uur skof en repeat. Dit was nie buite normaal nie en ek kon dit met ‘n smile op my gevreet doen. Maar nou op die ouderdom van 29 is daar geen manier wat ek die heel aand deur gaan kuier en dan gaan ‘n hele dag lank op kantoor wees nie. That shit just ain’t happening.

So geniet jou jong lyf en lewer terwyl jy kan. jou jong lyf

Mense verander en daar is niks wat jy daaroor kan doen nie

Net soos jy gaan leer en verander, en hopelik ‘n beter mens word, gaan die mense om jou verander. Jou beste vriend gaan verander, jou meisie of ou gaan verander. En daar is absoluut niks wat jy daaroor kan doen nie. Mense word wakker na 30 jaar getroud wees en dan is hulle net nie meer lief vir hulle man of vrou nie. Dit is nie altyd so ‘n drastiese verandering nie, maar wat jy moet besef is dat dit gebeur en jy het nie beheer oor ander mense nie. Op geen manier nie.

Die verandering waaroor jy beheer het is hoe jy, as individu, verander. Jy het beheer oor of jy ‘n beter mens gaan word en of jy jou slapgat (of cunty) self gaan bly. Wees net versigtig; mense wat nog nie weet wie hulle is nie, en heeltyd probeer wees wat hulle dink ander wil hê hulle moet wees, hulle verander gewoonlik slegs met die doel om iemand te beïndruk. Fok daai mense.

Jy fight ‘n losing battle van dag een af

Jy gaan mense verloor. Mense gaan dood gaan voor jou. Dit suig. Die dood suig. Die lewe is te kort. Maar weereens is dit iets waaroor jy nie beheer het nie. Tot ‘n mate kan jy dit negate: As jy elke aand dronk bestuur of besluit om’n base jumper te word is die kans baie groter dat jy gaan dood gaan, vinnig.

Watse les leer ons hieruit? Niks, behalwe dat ons almal se eternal demise ‘n realiteit is wat jy nie sal kan ontsnap nie. Jy kan nie jou pad uit die een uit werk, koop of bargain nie. Jy gaan dood en mense vir wie jy lief is gaan dood. Dit is hoe die lewe werk.

Om te lewe is niks, as jy dit nie ervaar nie

Om net lewendig te wees is nie genoeg nie. Gisteraand het ek op die rotse langs die see gaan sit en rook. Ek het my foon uit my sak uit gehaal en ‘n foto van die sonsondergang geneem. Met die idee om dit te Tweet. Ek het toe eerder my foon terug in my sak gesit en net gekyk na waar ek is. Ek het gesit en kyk na die golwe, die rotse, die poele tussen die rotse.

Dit is toe dat ek die skepe en ligies op die horison gesien het. Ek het begin wonder oor hoe doe kaap gelyk het voor hier nog enige geboue was, in die jaar 1600. Voor Dias hier gekom het, voor Jan van Riebeeck. Ek het gewonder of enige van die Koi-san ooit so gesit het op ‘n rots en uitgekyk het oor die see, en dit net ervaar het vir wat dit is. Sit jou selfoon van tyd tot tyd in jou sak, en fokus op wat om jou aangaan eerder as wat jy fokus op ‘n foto neem of ‘n status update maak oor hoe mooi die plek is waar jy is. Ervaar die mooi plek eerder.

Dit is nooit te laat nie

Dit mag dalk moeilik wees om te verstaan waar jy nou sit; in ‘n cubicle/kantoor waar jy van 9-5 moet wees wat jy betaal word om te wees. Waar jy nie die grappe kan maak wat jy wil maak nie of nie kan aantrek soos jy wil nie. Jy doen iets wat jy nie eintlik wil doen nie, want jy het goed om te betaal. Maar dit is nooit te laat nie. Jou werk is jou safety net.

Dit raak moeiliker hoe verder jy aangaan met jou lewe. As jy eers ‘n vrou en kinders het, dan is dit moeiliker om net jou werk te los om te begin doen wat jy eintlik wil doen. As jy 22 en single is, dan is dit baie makliker om ‘n stand-up comedian of professionele pool speler te probeer wees, want jy is net verantwoordelik vir jouself. Tog hoef jy nie jou werk heeltemal te los om te doen wat jy wil doen nie. Stephen King en Tom Clancy het altwee na werk geskryf aan hul boeke lank voordat boeke skryf hulle voltydse werk geword het. Net een ding bly dieselfde vir my en jou as vir Tom Clancy en Stephen King; dit is nooit te laat om te begin doen wat jy wil doen nie. En as jy werk aan wat jy wil doen, dan sal jy eventually daar kom waar King en Clancy is.

Tom Clancy en Stephen King het gekies om hulle safety net te hou terwyl hulle begin werk het aan hulle craft. Wees versigtig vir ‘n safety net, dit kan veroorsaak dat jy nie hard werk aan wat jy eintlik wil doen nie.

*Illustration deur Danielle Roe, jy kan haar find op Instagram as ella_roe of op Twitter as @danielle_roe

You may also like...

3 Responses

  1. Rocketlou says:

    Shoe, for crying in a bucket, jy kon dit beswaarlik beter beskryf het. Laat my dink aan daai se ding, “life is what happens when your busy making other plans”. ek kon nooit die beginsel verstaan todat ek eendag wakker geskrik het en besef het ek is ‘n sprekende voorbeeld van daai gesegde!

    Dit was laas jaar, ek het lugkastele gebou en velang na die verlede sonder om optelet dat 5 jaar in sy moer is. Carpe diem is nou my nuwe motto! die lewe is net so kort, geniet dit saam jou vrou en kinders en vriende en familie, en fok die res! Dit sluit die in wat jou aftrek in die modder in en jou belieg en beskinder, ja dis jy, my ma, broer, teef klein sussie en my vriende wat hulle dreg aanhang!

    Nou ja, dis 18 maande later ek ek voel heel, geniet elke dag saam die wat ek lief het, en die wat my lief het.

    En ja Fok julle! die lewe is net so kort en julle gaan dit nie verder vir my opfok nie. Laat ek nou vir julle almal ‘n voorbeeld wees!

    Cheers

  2. Tes says:

    Na 28 jaar weet jy ook nie veel oor artikels skryf of wiskunde nie…

  3. Ruan Stix Fourie says:

    @Tes: Plaas vertel jy ons waar ons jou artikels kan lees.

    En jou stelling maak geen sin nie, want hierdie is duidelik ‘n artikel en ek het dit geskryf.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *