Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

BEAST – Smoke Swig Swear

As jy ‘n band gaan maak sonder guitars en eerder gaan vir die twee bassist en dromme kombinasie dan gebeur twee dinge. Jy forseer jouself om dit eenvoudig te hou omdat die bass en dromme gewoonlik net die rhythm section vorm. Die ander ding is dat oor jy dit musically eenvoudig gaan hou moet jou melodies fokken catchy wees en jou vocalist moet baie sterk vocals hê, uitstaan vocals. Nirvana het die resep van eenvoudig maar brilliant gevolg met veral hulle Nevermind album. Nou het Suid-Afrika se Beast die resep tot die volgende level gevat.

Beast Smoke Swig Swear Review

Ek dink nie Beast het belsuit om die resep te volg toe hulle Smoke Swig Swear begin aanmekaar sit nie. Hulle klank is iets heeltemal nuut, veral vir Suid-Afrika, maar tog voel dit nie asof hulle probeer anders wees nie. Dit klink asof  Louis Nel en Rian Zietsman net lekker saam jam elkeen op ‘n bass. Sasha Righini op die drums pass perfek by die double bass sound van Rian en Louis in. En toe ‘n female vocalist om dit af te rond. Niemand anders as Inge Beckmann.

Oor die afgelope paar maande het ons elke nou en dan ‘n smakie van Beast gekry. As jy gelukkig was het jy miskien al vir Beast live ook gesien. Nou is hulle eerste album, Smoke Swig Swear, uit en dit is awesome. Die album skop af met “Fill the Hole” en dit is ‘n great manier om mens aan die double bass klank van Beast voor te stel. “Walls” begin stadig maar die pace tel vinnig op en dit is so naby as wat jy gaan kom aan die energy wat jy voel as jy Beast live sien.

As jy Inge Beckmann ken sal jy weet dat sy ‘n vocal range het wat skrik vir niks en sy weet hoe om dit te gebruik. In “Man In Between” hoor ons presies tot wat Inge instaat is. As jy nie gewoond is aan die tiepe vocals nie dan mag dit jou dalk bietjie omkant vang, maar dit is ‘n goeie ding. Die vocals vang jou omkant, maar dan sit die melodie nogsteeds in jou kop vas en as jy jouself weer kry probeer jy saam sing soos Inge in jou kar en dan klink jy soos ‘n doos. Jy gaan nooit kan doen wat Inge doen nie, maar ek kan jou wed jy gaan nogsteeds saam sing.

All in all is Smoke Swig Swear ‘n briljante album. Wat begin het as ‘n ekperiment het gelukkig vir ons music lovers verander in ‘n awesome band wat great songs skryf en die live energy van Beast dra oor na die album ook. Daar is meer as net een of twee songs wat in jou kop gaan vas sit en jy sal ook nog voor die einde van die dag jouself vang sing “I smoke swig swear, I don’t care”. Ek verjaar in Februarie en ek dink Beast het klaar vir my die beste geskenk gegee wat ek kan kry, Smoke Swig Swear verniet. O, het ek vergeet om te mention dat die album free is om te download hier? Jip, for free.

Kry die album nou, soos in nou dadelik. En dan om dankie te sê kyk jy volgende keer as jy die kans kry Beast live. Ek gee die debut album van Beast 5 g’s op die g-skaal. As jy in Kaapstad is kan jy na die launch party gaan 23 Februarie 2013. Ek kan nie wag om Beast weer live te sien nie.

Beast - Smoke Swig Swear rating

BEAST Smoke Swig Swear Album Launch & Film Screening from THE HOWLERS on Vimeo.

You may also like...

3 Responses

  1. March 7, 2013

    […] 7Mar/130 […]

  2. November 15, 2013

    […] dag is aKing, Desmond and the Tutus, Ryan Gosling, Naas, Half ‘n Half, Taxi Violence, Sasquatch, Beast, Weazel, kidofdoom, Sideshow, Yo Grapes, Vampire 9000, The Future Primitives, Battle Beyond the […]

  3. August 19, 2014

    […] easier to find awesome music that you like and made it easier to support the bands that you like. BEAST is one of the my favourite rock bands, I like them a whole fucking lot. And I'll be helping them to […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *