Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Cullinan Backpackers & Adventure Zone – PREToria se diamant

Ant deel met julle gevaaalik.com se experience by Cullinan Backpackers. ‘n Goeie tyd. Oorspronklik geskryf in Mei 2012.

Die gevaaalik.com crew is onlangs deur Cullinan Backpackers & Adventure Zone genooi om hulle kickass backpacker-geriewe en avontuursaktiwiteite te beleef. Al het ons geweet dat elke gevaaalik.com gathering onvergeetlik sal wees, kon min dinge ons voorberei vir die befokte tyd wat op ons gewag het.

Vrydagmiddag na werk is ek, Posduif, Pep, MonkeyMarcel en Stix vanaf ons verskeie werksplekke in een rigting. Destination: Cullinan Backpackers & Adventure Zone!

gevaaalik.com goes to Cullinan Backpackers and Adventure Zone

‘n Bosveld Boma, skaars buite Pretoria

Vandat ons daar aangekom het, het die ouens ons op hulle hande gedra. Nadat ons groep voltallig was, is ons na ‘n wildsplaas so 10km van die backpackers af. Daar het die res van die party reeds gewag en almal het vinnig ingespring en op feestelike wyse om die bonfire gekuier. Nie kort daarna nie het Piet van Aarde (drumming maestro) en sy getroue sidekick Alf hul entrance gemaak. Modern day hippies, maar voorwaar twee opregte knape. As jy al in jou lewe by ‘n drumming circle was, vergeet wat jy weet. Hierdie dudes host ‘n party, nie ‘n drumming circle nie!

Cullinan Backpackers and Adventure Zone Drum Circle in the bush

Gevaaalike beats, bonfire, dans, kuier en een befokte bosbraai was die toon vir die res van die aand tot en met die volgende oggend. Terug by die backpackers het ons summier hulle pool tafel ingebreek, en die tunes op hulle in-house sound system laat juig. Of course was die drinks yskoud, aangesien die plek ‘n bar (ongelukkig nie ge-stock nie, so vat jou eie drank!) met yskas vir die gaste het.

Abseiling so naby Pretoria, dit is awesome!

‘n Hangover kon nie eers insink nie, want vroeg Saterdag was die klomp van ons in die pad om ‘n uitdagende 50 meter absail aan te durf. As jy van mening is dat 50 meter nie hoog is nie, kan jy loop kak en jou mening is about soveel werd soos ‘n Zimbabwese dollar. ‘n Paar ouens se vertigo het hulle verhoed om die drop te vat, en die res het die vinnigste hangover cure in die wêreld ontdek. Let wel, skoon onderklere is opsioneel.

Waar anders naby aan Pretoria gaan jy ‘n 50m abseiling adventure kan hê as by Cullinan Backpackers and Adventure Zone

Cullinan Backpackers is lekker naby Pretoria

So, waneer die oomblik kom (en dit gaan) dat jy besef jou naweek gaan weereens ‘n loutere teleurstelling wees, kry jou pelle bymekaar en skiet deur Cullinan Backpackers & Adventure Zone toe vir ‘n tyd waaroor jy nie sal spyt wees nie. Dis boonop slegs 40 minute van Pretoria af, so sluk jou verskonings. Van perdritte, absail, gorge gliding (foofie slides op steroids), quad biking, mountain biking, bierproe, hiking tot ‘n lekker chill omgewing om te relax, weg van die stadsliggies af – hierdie plek is die shit. Kontak hierdie ouens gerus vir quotes vir bachelors/bachelorette parties, verjaarsdagpartytjies en pretty much meeste ander wettige parties, hulle cater vir alle needs.


Hou die site dop, want ons gaan die ouens kort-kort ‘n mention gee, met hulle promotions, ens., en dalk nog ‘n kompetisie of wat. Bottomline, Cullinan Backpackers & Adventure Zone is bekostigbaar EN befok. ‘n Kombinasie wat selde gevind kan word.

Cullinan Backpackers and Adventure Zone se Facebook page het meer informasie.

You may also like...

2 Responses

  1. JD says:

    Hier’s ‘n video van toe julle die dag gezip het:
    http://youtu.be/ticrgLKlUmQ

  1. March 4, 2013

    […] vriende doen. Die gevaaalik.com crew het elke nou en dan so ekspedisie, gewoonlik nie ver van die Cullinan Backpackers af nie. Waarvoor wag jy? Gaan lewe bietjie, dit gebeur immers net een keer. Check die video hier […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *