Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Far Cry 3 – Review

Ek hou van games waar ek kan rond sneak en mense vermoor voor dat hulle nog weet wat gaan aan. Maar soms is ek haastig en dan hou ek daarvan om die vryheid te hê om Rambo style by ‘n plek in te storm en alles op te blaas. Dit is die tiepe vryheid wat jy kry in Far Cry 3 en net soos in Rambo het jy ‘n pyl en boog.

Die eerste ding wat my aandag gegryp het toe ek Far Cry 3 begin speel het is hoe goed die graphics is. Dit is asof game developers nou eers regtig ‘n greep begin kry het op hoe om graphically die beste uit games te bring met die current generation van consoles. Dit is jammer, want daar is al hoe meer rumors dat die nuwe generation consoles hier die jaar gaan verskyn.

Nie te min is Far Cry 3 vir my die game met die beste graphics van alles wat ek in 2012 gespeel het. Die einland setting met die diere, jungle, riviere, strande en see lyk ongelooflik. Doen jouself ‘n guns en kry in die game ‘n hang glider en kyk bietjie rond terwyl jy rond sweef.

Far Cry 3 review

Daar is genoeg variasie in die wapens dat jy nooit verveeld sal raak nie. Alles van ‘n pyl en boog tot by assault rifles, sniper rifles en RPGs. Jy kan ook meeste van die wapens customise met silencers en verskillende tiepe scopes. Jy kan selfs jou AK-47 ‘n cammo paint job gee as jy daardie tiepe gangster wil wees. Ek het gegaan vir die pyl en boog en enige ander wapens wat ‘n silencer kan vat.

Om nuwe save punte in die game te kry moet jy al jou vyande by “enemy outposts” vermoor. Jy kan all guns blazing in storm, maar dan gaan die alarm tien teen af gaan en daar gaan reinforcements opdaag wat jou taak moeiliker gaan maak. Of jy kan rond sneak, die area uit check, sien waar is al jou vyande, die alarem deaktiveer en almal dood maak sonder dat enige een gesien het wat kom. En as jy die alarm gedeaktifeer het en iemand sien jou gaan hy nie nog van sy tjommies kan roep nie.

Jy gaan moet jag ook. Bokke, komodo dragons, bere en selfs haaie. Jy gaan hulle velle gebruik om vir jou groter loot rucksacks (ek stel voor jy kry die so vining moontlik uit die pad), ammo pouches ens te craft. Jy kan ook plante se blare pluk en vir jou allerhande drugs craft. Goed wat as jy sif geskiet is, jou met een inspuiting heel maak en ander goed wat jou ‘n beter jagter maak.

FAR-CRY-3-REVIEW

Ek is al baie meer deur diere vermoor in die game as mense. Deur jou exploration van die eilande word jy baie verbaas deur diere en as jy ‘n luiperd of tier nie sien kom nie gaan hy vinnige werk van jou maak. Die voordeel is dat meeste van die agresiewe diere ook nie jou vyande like nie, hulle smaak enige mens se bloed. Dus het ek al baie terwyl ek “enemy outposts” uit check deur my sniper scope gesien hoe ‘n tier in kom en my werk vir my doen. Soms is ‘n tier sommer in ‘n hok in die kamp, dan skiet jy net die hok oop en sit en kyk hoe die tier jou werk vir jou doen.

Soos jy deur die eiland hol, terwyl jy op homemade drugs is en mens en dier links en reg vermoor, kry jy XP ook. Hoe meer XP hoe meer skills kry jy om van te kies om te leer. Goed soos Rambo style stealth kills, vinniger reload, vinniger rond beweeg op jou hurke ens. Dit alles help om jou beter te maak met jou werk; jou werk is immers om alles te vermoor.

Far Cry 3 is ‘n great game. Die storie is solid. Dit is fun, maar tog moeilik genoeg dat jy nie vining verveeld gaan raak nie. Die crafting, XP en skills wat jy kan leer soos jy aangaan maak vir ‘n lekker RPG element in die first person shooter. Hier onder is ‘n video van ‘n ou wat met stealth ‘n enemy outpost uitvat vir ‘n klein smakie van waarop jy uitmis.

Ek gee Far Cry 3 4.5 g’s op die g-skaal. Jy kan dit kry op Xbox 360, Playstation 3 of PC.  Jy kan daardie links sommer gebruik om dit deur Kalahari.com te koop, dan kry jy free delivery tot by jou kantoor of huis. Baie beter as om te moet na ‘n winkel toe gaan.

4.5 g's

You may also like...

4 Responses

  1. Shaun says:

    Dit is vir my ‘n fantastiese game. Alhoewel ek bietjie gatvol gehardloop is agter loot, briefies en relics aan.

  2. pisgesig says:

    Dit lyk nogal nifty.
    Hoekom is dit soveel meer expensive op XBox\PS3(amper R200 op kalahari)? Ek kla nie – verkies PC, al het ek ‘n XBox. Sal daai R200 wat ek score moet spaar vir nuwe graphics kaart though

  3. Bernard says:

    Awesome review man. Ek love die game moer baie! Ek speel ook stealth meeste van die tyd , dit maak die game net soveel meer fun!!!! Ek gaan dit vir n twede keer speel want ek wil n ander ending hê 🙂 btw hoekom gee jy dit 4.5 as dit heek duidelik 5 g’s verdien?

  1. October 10, 2015

    […] jy al enige van die Far Cry games gespeel het, dan sal jy weet dat hierdie Ubisoft reeks awesome is. Die feit dat jy die keer […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *